Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Ek voel vandag besonders geseënd en dankbaar weens die feit dat dit in alle opsigte relatief met die skool baie goed gaan. Ons kernbesigheid, naamlik akademie het weer onlangs met die bekendmaking van die 2021 WKOD se sistemiese uitslae bevestig dat ons baie trots kan wees op die akademiese standaard wat ons jaar in en jaar uit handhaaf. Effektiewe kwaliteitsbestuurpraktyke word gereeld hersien om te verseker dat ons Jannies kwaliteit onderrig en ondersteuning ontvang. Ons is werklik geseënd met passievolle opvoeders en ondersteuningspersoneel wat kollektief werk sodat ons Jannies hulle volle potensiaal kan bereik. Ons personeel loop die spreekwoordelike ekstra myl, want opvoeding is vir hulle ‘n passie eerder as ‘n beroep.

Die dankbaarheid loop ook verder oor as ek sien hoe goed dit met die skoolsport gaan, veral met die uitdagings as gevolg van die Covid-19 pandemie oor die laaste 2 jaar. Ek verwys nie net na die puik sportuitslae die afgelope tyd nie, maar ook na die ongelooflike deelname deur ons leerders aan al die geleenthede wat daar vir hulle geskep word. Ons leerders geniet die spansportaktiwiteite en raak skoon angstig as die weer begin dreig om oefeninge, wedstryde of toernooie in die wiele te ry. Sportkodes soos skaak en landloop is weer besig om momemtum te kry. Ek was aangenaam verras toe ek op Vrydagmiddag, 13 Mei, by die skaakwedstryde wat by ons skool in die biblioteek plaasgevind het, ingestap het. Ons gemengde o/11-skaakspan het die spesifieke middag wedstryde teen drie skole uit Gugulethu, naamlik Luzoko, Litha en Vukuhayne gespeel. Ons leerders het dit baie geniet en dit was ‘n riem onder die hart om te sien hoe vinnig hulle sommer onder mekaar maats gemaak het en mekaar oor die fynere kunsies van skaak touwys gemaak het. Hier het ons skaak gespeel teen kinders wat nie eers weet waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie en dit het ons almal opnuut weer laat besef hoe bevoorreg ons almal by Laerskool Jan van Riebeeck is.

Ons kultuuraktiwiteite met musiekonderrig, koor, redenaars en Eisteddfod is weer in volle swang. Daar heers groot opgewondenheid onder leerders en ouers met die deelname aan die Eisteddfod. Baie dankie aan Sean met die suksesvolle kitaarkonsert wat op Woensdagaand, 11 Mei, in die skoolsaal gehou is. Ons kultuurleerders is baie talentvol en hulle kry ook die geleentheid om ‘n item tydens ons saalbyeenkomste op Dinsdae te lewer. Juf. Helecia en mnr. Ben beplan verder weer ‘n heerlike musiekkonsert op 21 Junie waarna ons baie uitsien.

Ek wil nie graag leerders uitsonder nie, maar ek sal my plig versuim indien ek nie vir Sophia Liebenberg (graad 7) hartlik gelukwens met haar opname in die o/13 Wes-Kaap netbalspan nie. Sy gaan deelneem aan die interprovinsiale toernooi vanaf 25 – 29 Junie 2022 te Boksburg, Gauteng. Ons is baie trots op jou, Sophia, en ons wens vir jou en juf. Ischké, wat ook as skeidsregter tydens die toernooi gaan optree, sterkte toe.

Ek sluit dan met die volgende bekende aanhaling rakende dankbaarheid af:

“Dankbaarheid gee sin aan gister, gee vrede vir vandag en skep ‘n droom vir môre.”

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte aan ons netbal- en rugbyspanne en hul afrigters wat môre by Laerskool F.D. Conradie te Prince Alfred Hamlet deelneem.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Graag neem ek die vrymoedigheid om julle as ouers/voogde vriendelik te versoek om jul kinders betyds soggens by die skool te besorg. Covid-19 protokolle is alreeds die afgelope tyd drasties verslap en ons is amper terug pre-Covid tyd. Dalk besef julle dit nie, maar deur jou kind soggens laat by die skool af te laai, maak hulle angstig en op die lange duur belemmer dit hul akademiese ontwikkeling. Dinsdae begin die skool reeds om 07:40, want dan het ons ‘n saalperiode waar die hele skool toegespreek word. Dit is in ‘n skoolkonteks ‘n baie belangrike periode waar ek onder andere die geleentheid kry om met al die leerders en opvoeders gelyktydig te praat en ‘n boodskap vir die week te bring. Baie dankie by voorbaat vir julle samewerking om te verseker jul kinders daag betyds vir skool op.

/ Algemeen, Klerebank, Nuus

Vanaf Maandag, 16 Mei, is winterdrag vir leerders verpligtend. Kontak gerus vir Eda wat die klerebank bestuur indien julle enige items benodig (jvrklerebank@gmail.com) of plaas bestellings aanlyn.

/ Algemeen, Nuus

Vir die eerste keer in 6 weke het ons weer ‘n vol Maandag tot Vrydag-week agter die rug met al die langnaweke wat mekaar as lekker meevallertjies opgevolg het. Die week voel egter skielik besonders lank en ‘n mens kan dit amper aan jou lyf voel. Ek glo ons skoolgemeenskap het ook sommer lekker hul vere reggeskud om weer gewoond te raak aan al die verskeie sport- en kultuuraktiwiteite wat by die skool plaasvind. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om ons ouers/voogde hartlik te bedank wat die afgelope tyd wedstryde, toernooie, redenaars en musiekkonserte getrou bygewoon het om hul kinders en spanne te ondersteun. Dit is lekker om te sien hoe julle die geleenthede saam met jul kinders terdeë geniet. Die betrokkenheid van ouers, die omgee en kameradie onder leerders en ouers staan uit soos ‘n paal bo water. Dit is vir my ‘n groot voorreg om aan stuur te staan van ‘n skool wat hul waardes in alle opsigte met trots uitleef.

Baie dankie aan al ons ouers wat Dinsdagaand, 10 Mei 2022, die insiggewende inligtingsessie van Carla de Beer rakende hoe om veilig op sosiale media te verkeer wanneer dit by selfies, seksklets, kuberboelie en privaatheid kom, bygewoon het. Die vraag is, hoe gevaarlik is die gebruik van sosiale media, nie net vir ons as volwassenes nie, maar ook vir ons kinders? Daar is nuwe wetgewing wat selfs vir ons jong kinders gevolge inhou. Hierdie debat bestaan reeds baie jare. Vandat die televisie ons sitkamer betree het, wou ouers weet vir hoe lank op ‘n slag hul kinders toegelaat mag word om televisie te kyk, waarna hulle mag kyk en of die skerm as my kinderoppasser mag optree sodat ek net ‘n bietjie kan ontspan. Dit is egter vandag kinderspeletjies in vergelyking met die magdom toegang tot toestelle wat ons kinders kan gebruik. Ons het vandag toegang ook tot verskeie toeps, aanlynspeletjies en sosiale platforms. Die Covid-19 inperking het ons kinders ook gedwing om meer van die internet en sosiale media gebruik te maak as ooit tevore. Ons besef ook dat die gebruik van selfone, tablette, ander toestelle en natuurlik die gepaardgaande tegnologie deel van ons kinders se verwysingsraamwerk geword het. Dit hoef nie noodwendig altyd negatief te wees nie, maar daar is ernstige gevare aan verbonde soos kuberboeliery, webtuistes wat nie geskik vir kinders is nie en natuurlik heeltemal te veel skermtyd wat weer tot ander probleme kan lei. Die tweede vraag is, wat moet ons as ouers/voogde in die verband doen? Ek wil by Carla aansluit en aanbeveel dat dit fundamenteel belangrik is dat ons as ouers/voogde meer betrokke by ons kinders se gebruik van sosiale media raak en met hulle daaroor gesels. Moet beslis nie net op die gevare fokus en die heeltyd ‘n preek afsteek nie, maar fokus eerder dat die regte gebruik van sosiale media lekker en voordelig kan wees. Boesem hul vertroue in en tree op as mentor deur miskien saam met hulle ook nuuskierig te wees oor verskillende sosiale media platforms. Praat met hulle oor die gevare en die korrekte gebruik daarvan, eerder as om die heeltyd te preek. Maak verder asb. ook seker dat alle veiligheidsprotokol op die verskeie platforms geïmplementeer is.

Weer eens baie geluk aan al ons wintersportspanne met die puik uitslae van die afgelope week. Ons kan regtig trots wees dat ons met heelwat groter skole kompeterend op die sportveld kan wees. Baie dankie aan al ons opvoeders en buite-afrigters wat met soveel passie afrig en seker maak dat ons Jannies in die proses ook sport geniet. Groot dankie aan die sportkantoor onder leiding van Leon Hanekom wat seker maak ons Jannies kry genoeg wedstryd- en toernooiblootstelling. Die weeklikse vordering van ons spelers is duidelik sigbaar.

Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling van Dalai Lama rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

“We need to cultivate a universal responsibility for one another and the planet we share”.

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte vir ons skaakspan vanmiddag teen Luzoko tuis asook ons o/12-netbalspan wat môre aan die Laerskool Panorama se o/12-toernooi deelneem.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die onderwysdepartement doen ‘n beroep op alle ouers / voogde om die sensusopname vir hul gesinne in te vul. Lees asb. die onderstaande brief en volg die skakel indien jy nog nie aan die sensusopname deelgeneem het nie. Voltooi dit asb. voor 14 Mei. Dit is baie belangrik vir onder andere die begroting vir die komende tydperk.

2022 Census notice to parents - AFR
/ Algemeen, Nuus

Alhoewel die week korter is as gevolg van die afgelope langnaweek het daar heelwat sportwedstryde die afgelope week plaasgevind asook nog rugby-, hokkie-, netbal en skaakwedstryde wat vandag en môre geskied. Ons is stadig maar seker besig om die spreekwoordelike ‘Covid-juk’ af te skud deur weer aan normale sportaktiwiteite sonder enige drakoniese inperkings deel te neem. Ons leerders het die afgelope 2 weke puik op die sportvelde presteer en die ding wat my die meeste trots maak, is ons Jannies wat op en af van die sportveld deurlopend ‘n baie goeie en gesonde sportmangees handhaaf. Dit is lekker om te sien hoe ons leerders die wintersportaktiwiteite geniet en terselfde tyd onbewustelik ‘n waardevolle lewensles kry van hoe om in spanverband te funksioneer asook om te leer om mekaar te verdra, probleme op te los en om ‘n kollektiewe doelwit te bereik. Sport bly darem ‘n belangrike opvoedingsmiddel en ons beoefen dit op ‘n mededingende grondslag, maar ook op die beginsel van ontspanning en genot.

Sondag, 8 Mei, is natuurlik Moedersdag wat ‘n spesiale dag is waarop moederskap jaarliks regoor die wêreld gevier word. Moedersdag word in Suid-Afrika sowel as die V.S.A., Australië, China, Japan en Indië altyd op die 2de Sondag van Mei gevier. Alhoewel Moedersdag alreeds in antieke tye deur die Grieke en Romeine gedurende feeste gevier is, is die oorsprong van Moedersdag soos wat ons dit vandag ken, alles te danke aan die Amerikaanse kampvegter vir vroue, naamlik Anna Jarvis. Sy het na haar eie ma se dood in 1905 met ‘n veldtog begin om moeders te vereer vir die belangrike rol wat hulle in die samelewing speel. Dus doen ek ‘n beroep op ons skoolgemeenskap dat ons op Sondag, 8 Mei, Moedersdag in alle vorme van moederskap en die spesiale mense in ons lewens wat ons help vorm het in wie ons vandag is, eer. Ek glo dat al ons Moeders asook ons kosbare Oumas op die spesiale dag tot in die afgrond bederf gaan word.

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om een van ons opvoeders, naamlik Warren Stoman, hartlik geluk te wens wat onlangs sy BCom-graad (Hons) in bedryfsielkunde behaal het. Welgedaan, Warren, ons is baie trots op jou!

Ek sluit dan af met die volgende bekende aanhaling van Gene Bedley rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

“Responsibility finds a way, Irresponsibility finds excuses”

Geniet ‘n wonderlike naweek en sterkte vir al ons sportspanne wat vanmiddag en môre deelneem.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Indien jy ‘n inskrywing op die skool se kalender sien waaroor jy meer inligting wil hê, kliek gerus op die inskrywing. Indien daar meer inligting daaroor beskikbaar is en op die webtuiste lê, sal die skakel in die beskrywing verskyn.

Kliek HIER vir instruksies om die kalenders met joune te sinchroniseer (beskikbaar vir Google, Apple en Outlook kalenders).

/ Algemeen, Nuus

Onthou asb. van die baie belangrike praatjie rakende die gevare van sosiale media en die effek wat dit op ons kinders het. Carla de Beer (kollega van Emma Sadleir) spreek ons ouers/voogde en personeel op Dindag, 10 Mei, om 18:00 in Hoërskool Jan van Riebeeck se saal toe. Kaartjies is @R50 op Karri beskikbaar. Die leerders se sessie tydens skooltyd is verniet.

/ Dapper Stappers, Nuus
  1. Vir kos- en vervoerreëlings, vul hierdie GOOGLE FORM in.
  2. Verdere reëlings:
    • Ons begin Saterdag, 28 Mei, om 09:00 stap. Wees asb. betyds in Greyton. HIER is waar ons begin. Die roete is ongeveer 12.5km.
    • Ons sal Sondag, 29 Mei, terugstap en weer in Greyton eindig.
    • Pak asb. genoeg snacks en water (eerder te veel as te min!) en ‘n middagete (bv. wrap of broodjie) vir langs die pad. Hou die volgende dag se middagete ook in gedagte.
    • Daar is ‘n lekker swemgat en waterval na die helfte van die roete. Ek weet nie of die weer gaan saam speel nie, maar pak dalk maar vir kinders ‘n swembroek en handdoek in (en vir jouself as jy braaf genoeg is!).
    • Onthou jou hoed en sonskerm. Dra verkieslik tekkies met ‘n lekker sool of stapskoene.
    • Daar is beddegoed en kombuisgeriewe by die huisies. Jy hoef slegs jou klere vir die aand en volgende dag, kos en handdoek in te pak.
    • Daar is hout. Dit wat ons gebruik, betaal ons voor. Bring asb. kontant wat ons daar kan los vir die hout (R30 ‘n sakkie).
  3. Betaal asb. die permit- en verblyfkostes so gou moontlik op Karri indien julle nog nie het nie.
  4. Indien julle nie meer kan saam stap nie, dismiss die Karri kennisgewings en stel Suzaan in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).
/ Algemeen, Nuus

Jy sal nou foto’s op die aanlynplatform kan bestel en betaal indien jy nie met die koevertjies bestel het nie. Die sluitingsdatum vir aanlynbestellings is 11 Mei. Daarna sal jy steeds aanlyn kan bestel, maar sal self die afleweringkostes moet betaal.

Kliek HIER vir die Lunchbox Photography webtuiste. Indien jy vir ‘n wagwoord gevra word, tik in JVR2020.

Indien ‘n foto nie daar verskyn nie of jy enige ander vrae het, stuur gerus ‘n e-pos na ischke@jvrprim.co.za.

/ Algemeen, Nuus

Ek glo dat almal op Saterdag, 23 April 2022, die Kaperjolle terdeë geniet het. Dit was my en my vrou se eerste Kaperjolle en wat ‘n ongelooflike ervaring om saam met hierdie pragtige skoolgemeenskap ‘n wonderlike pretdag van samesyn te geniet. Die kos en lekkernye was uit die boonste rakke en ek is seker dat selfs indien iemand soos die bekende koskenner, Bertus Basson van ‘In die Sop’ hierdie geleentheid bygewoon het, sou hy selfs iets by ons bedrewe sjefs geleer het. Baie dankie aan die ouers wat ek nog nie amptelik ontmoet het nie, wat sommer op die dag hulle aan my kom voorstel het. Opvallend is die positiewe gees, omgee en samehorigheidsgevoel onder ons ouers/voogde. Dis ‘n riem onder die hart dat julle as ouers soveel omgee, betrokke by jul kinders se leer en onderrig is en in dieselfde asem baie trots op die skool is. Baie geluk aan die volgende spanne wat in die top 3-plekke geëindig het en wisseltrofees tydens die ‘oor die kole-kompetisie’ ontvang het:

1. SA-uitstalling deur die onderwyserspan van juf. Maricqe
2. Karoo Classic deur nog ‘n onderwyserspan van juf. Anja
3. Griekse uitstalling van Rudi en Oloff.

Die beste geesbeker het aan Kees se span (Uruguay) gegaan. Ek sal my van my taak kwyt indien ek nie Ria Hertzog en haar OOV-span hartlik bedank wat so hard gewerk het om die dag se sukses te verseker. Die groot sukses is verseker te danke aan toewyding en spanwerk.

Soos julle weet, is die komende naweek weer eens ‘n langnaweek met Werkersdag wat op 1 Mei gevier word. In die Suid-Afrikaanse konteks het Werkersdag ‘n baie lang en interessante geskiedenis. Werkersdag het wêreldwyd begin toe Australiese klipkappers in Victoria ‘n massastilstand op 21 April 1856 onderneem het as deel van die agt-uur werksdagbeweging. Dit het ‘n jaarlikse herdenking geword, wat Amerikaanse werkers geïnspireer het om hul eerste massastaking te hê. Dus is 1 Mei gekies om Internasionale Werkersdag te vier ter herdenking van die 1886 Haymarketaangeleentheid in Chicago. Dit het egter sedertdien ontwikkel tot ‘n viering van die historiese pogings van werkers internasionaal om solidariteit tussen die werkende klas mense te vestig in hul stryd om billike indiensnemingstandaarde te bekom. Dus vra ek dat ons ook op die spesifieke Werkersdag ons onderwysers en ondersteuningspersoneel se veerkragtigheid, deursettingsvermoë, hul gewilligheid en vermoë om aan te pas by ‘n voortdurend veranderende opvoedkundige landskap, en die toewyding waarmee hulle kennis oordra aan ons Jannies, te vier.

Die wintersportprogram loop in volle swang en verskeie wedstryde het reeds plaasgevind. Baie geluk aan ons hokkiespanne wat 7 van die 11 wedstryde op 21 April 2022 teen Elkanah House gewen het. Baie geluk ook aan ons netbalspanne wat 13 van die 17 wedstryde teen Laerskool Edgemead weg op 25 April 2022 gewen het (2 wedstryde was gelykop). Ons o/13A-span het onder andere 26 – 5 gewen. Baie dankie en geluk aan al ons afrigters en spelers met die puik vertonings.

Ek sluit dan met die volgende bekende aanhaling van Winston Churchill af rakende ons kernwaarde van die kwartaal, naamlik verantwoordelikheid:

“The price of greatness is responsibility”

Geniet ‘n wonderlike langnaweek.

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die skool sal Vrydag, 29 April, vroeër verdaag weens die langnaweek.

Graad 1 – 3 verdaag om 12:45
Graad 4 – 7 verdaag om 13:00

Die bus vertrek om 13:05

/ Algemeen, Nuus

Die graad 7-leerders verkoop oliebolle op Vrydae as deel van hulle fondsinsameling. Die Karri-toep sal vanaf Maandag, 2 Mei, vir bestellings oopgestel word.

/ Algemeen, Nuus
  1. Ingang is slegs deur Nuwe Kerkstraat se hek.
  2. GEEN parkering op die terrein beskikbaar nie. Parkeer in die strate rondom die skool of gebruik UBER. Adres vir UBER is 83 New Church Street.
  3. Toegang is gratis.
  4. Alle Karri-items wat aangekoop is, moet Saterdag by die inligtingstafel afgehaal word.
  5. Daar is verkope op die dag van kindercombo’s, Lekkergoedland, pannekoek, pizza, koffie, boereworsrolle, chip ‘n dip, snoepie en kroeg.
  6. Betaling op die dag met kontant of Snapscan.
  7. Snapscan verwysing is jou NAAM en VAN
  8. Oor-Die-Kole spyskaarte sal by elke land se stalletjie beskikbaar wees om jou met jou keuse te help. Skryf jou naam tussen 12:00 en 15:00 by jou gekose land se stalletjie op waar jy wil eet. Etes sal tussen 15:30 en 16:00 gereed wees.
  9. Sien die vloerplan hieronder.

Belangrike Datums

februarie 2026

21feb00:0023:59Krieket: o.7-o.9 (Van Riebeeck Strand)

21feb00:0023:59WPNA: Netbalkliniek

23feb00:0023:59Beheerraad-vergadering

24feb00:0023:59Atletiek: Panorama (o.7 - o.9)

24feb08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

25feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

26feb00:0023:59Pre-Seisoen Oefeninge begin (Netbal & Rugby)

26feb00:0023:59Mini krieket: Parklands (TUIS)

27feb(feb 27)00:0026(feb 26)23:59Adri Marais (Admin) verjaar

27feb00:0023:59Swem: Junior Kleure swemgala

27feb00:0023:59Somersport eindig

27feb00:0023:59Graad 5 & 7 Kamp (SOS)

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

Wys Meer

maart 2026

28feb00:0023:59Netbal: Onder die Berg (o.12A & o.13A)

28feb00:0023:59Rugby: Onder die Berg (o.13A)

28feb00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Panorama

28feb00:0023:59Atletiek: WP-kampioenskappe

02mrt00:0023:59Wintersport Begin

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

05mrt00:0023:59Mini krieket: Rallim (TUIS)

06mrt00:0023:59Skool verdaag vroeër (Voorlopig)

06mrt00:0023:59Netbal: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59Rugby: Bulfees (o.7 - o.13)

06mrt00:0023:59TOETS

06mrt00:0023:59Skaak: Panorama

09mrt00:0023:59Leerderraadontbyt by HS JvR

10mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

11mrt(mrt 11)00:0013(mrt 13)23:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

12mrt00:0023:59Mini krieket: Riverside (TBC)

13mrt00:0023:59Gr.6 Kamp: Bergkroon

13mrt00:0023:59Finkom Vergadering

13mrt00:0023:59TOETS: EBW (gr.7)

13mrt00:0023:59Rugby: De Kuilen o.11A Toernooi

13mrt08:0008:30Netbal: De Kuilen o.13A toernooi

14mrt(mrt 14)00:0015(mrt 15)23:59Dapper Stappers: Oornagstap (Langebaan)

17mrt08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsertreeks (Musiekklas)

18mrt00:0023:59Somersokkie (gr.5-7)

18mrt(mrt 18)00:0019(mrt 19)23:59Boekverkope

18mrt08:0008:00Algemene Kennis Toets

19mrt00:0023:59Gholfdag

19mrt00:0023:59Sportprogram eindig

19mrt00:0023:59Mini Krieket: Curro Century City (TBC)

19mrt08:0008:00Graad 3 Uitstappie

20mrt00:0023:59Hokkie: Ls Vredenburg (WEG)

20mrt00:0023:59Hokkie: Totius (TUIS) Almal

21mrt00:0023:59Menseregtedag (Vakansiedag)

21mrt00:0023:59Netbal & Rugby: Ls Vredenburg (TUIS)

21mrt00:0023:59Netbal: Ls Hermanus (MNB)

23mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.1-3)

24mrt00:0023:59Lead4life (gr.6)

24mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.4-5)

25mrt00:0023:59Musiekkonsert (gr.6-7)

26mrt00:0023:59Personeelafsluiting

26mrt00:0023:59Sivvies

26mrt00:0023:59Jan Kas gesluit

26mrt00:0023:59Markdag

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt00:0023:59Skole sluit (Skoolvakansie)

27mrt00:0023:59Sivvies

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

Wys Meer

april 2026

26mrt(mrt 26)00:0031(mrt 31)23:59Oranjeriviertoer

27mrt(mrt 27)00:0031(mrt 31)23:59Rugby: Willie le Roux Fees (o.11A)

01apr00:0023:59KALENDER toets

03apr00:0023:59Goeie Vrydag (Vakansiedag)

06apr00:0023:59Felicity (Nasorg) Verjaar

08apr00:0023:59Skole heropen

08apr00:0023:59Koor begin

08apr00:0023:59Musiek begin

08apr00:0023:59Wintersport begin

09apr00:0023:59Kleiduifskiet

10apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

10apr00:0023:59Hokkie: Van Riebeeckstrand o.13A (Seuns & Dogters)

10apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

10apr00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9 & o.10)

11apr00:0023:59Netbal: Tableview (o.10- o.13)

11apr00:0023:59Kapperjolle

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr19:0019:00Boston Koorfees (Senior Koor)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15apr(apr 15)00:0016(apr 16)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

20apr18:0018:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Parklands (WEG) - Almal

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer