Graag neem ek die vrymoedigheid om julle as ouers/voogde vriendelik te versoek om jul kinders betyds soggens by die skool te besorg. Covid-19 protokolle is alreeds die afgelope tyd drasties verslap en ons is amper terug pre-Covid tyd. Dalk besef julle dit nie, maar deur jou kind soggens laat by die skool af te laai, maak hulle angstig en op die lange duur belemmer dit hul akademiese ontwikkeling. Dinsdae begin die skool reeds om 07:40, want dan het ons ‘n saalperiode waar die hele skool toegespreek word. Dit is in ‘n skoolkonteks ‘n baie belangrike periode waar ek onder andere die geleentheid kry om met al die leerders en opvoeders gelyktydig te praat en ‘n boodskap vir die week te bring. Baie dankie by voorbaat vir julle samewerking om te verseker jul kinders daag betyds vir skool op.