Skrywer: Suzaan Burger

Ons benodig hulp

Vier kinders wat deel is van ons skool se Khayelitsha-projek is onlangs wees gelaat nadat hul ma gesterf het. Die nood druk in hul huis, en ons is dringend op soek na onderklere vir die kinders: twee seuns van 4 en 15, en twee dogters van 12 en 18. Enige skenkings van onderklere sal verskriklik help, en kan asb by Adri by Ontvangs afgelaai...

Lees Verder

Nuusbrief van 24 Augustus 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar Vrydag, 24 Augustus 2018 WOW Spelkompetisie Vrydag, 24 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Phyllis Jowell Saterdag, 25 Augustus 2018 Dapperstappers UITGESTEL Maandag, 27 Augustus 2018 Junior/Seniorkore: Sing by Artscape Teater Maandag, 27 Augustus 2018 GEEN sportaktiwiteite nie Maandag, 27 Augustus 2018 Skool kom 12:45 vir Gr.1-3 uit en 13:00 vir Gr.4-7 Dinsdag, 28 Augustus 2018 Netbal:Vriendskaplik @ Ellerton WEG Woensdag, 29 Augustus 2018 Rugby@Edgemead WEG Woensdag, 29 Augustus 2018 Liewe Aarde sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Lentedag- Dra blomme uit jou tuin of omgewing Vrydag, 31 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak @ St Cyprians Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7s Toernooi Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: Winter sportsoorte Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: “Be an everyday superhero” Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag Vrydag, 7 September 2018 Skaak @ Weizmann WEG Saterdag, 8 September 2018 Kooroefening gekanselleer Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar Dinsdag, 11 September 2018...

Lees Verder

Loslitdag

Donderdag 6 September 2018 is ons jaarlikse Loslitdag! Die tema hierdie jaar is: ‘Be an everyday hero’ Ons vra asb aan alle leerders om R10 skool toe te bring ten bate van die Paarl Ontwikkelingstigting. Leerders sal ‘n Loslitdag-plakker ontvang en kan dan op die 6de September aantrek soos hul gunsteling superheld, of soos hul gunsteling beroep van mense wat ons help (bv brandweerman), of in sivvies.  ...

Lees Verder

Leerderprofiele opdateer

Ons word deur die onderwysdepartement verplig om volledige inligting rakende u mediese fonds besonderhede in te win, sou daar dalk ‘n voorval by die skool gebeur waar mediese besonderhede benodig word. Volg asb. hierdie skakel en voltooi die Google Form sodat die skool die leerderprofiele volledig kan invul. Let wel: Slegs een ouer hoef die vorm in te vul. Indien u meer as een kind in die skool het, vul asb. vir elke kind ‘n aparte vorm in. Om twee of meer vorms in te vul, voltooi een en volg dan weer die skakel om nog een te voltooi. https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScjtXQ2qS7F2E6HqjVv51xnhKt4URr_Mr88SO-MnUrN-fGmXw/viewform?usp=sf_link...

Lees Verder

Lentedag, Vrydag 31 Aug.

Dis Lentedag eerskomende Vrydag 31 Augustus by Laerskool Jan van Riebeeck! Bring blomme en blarekransies uit jou tuin of omgewing om die aanbreek van Lente in jou sivvies te kom vier! Ons vra ‘n R5 bydrae vir ‘n muntlegging tydens 1ste pouse in die vierkant wat aangewend sal word vir die opknapping van die Graad 7’s se speelgrondarea. Dorette Potgieter se Filmklublede kan nie wag vir Lentedag...

Lees Verder

Engelse boekverkoping

Ons Engelse boekverkoping vir die jaar, is op 12 & 13 September in die biblioteek. Spaar solank julle sente vir hierdie bielie van ‘n boekverkoping met fiksie- en feiteboeke in elke kind se smaak.  

Lees Verder

Dapper Stappers uitgestel

Volgens verskeie bronne gaan dit Saterdag in die Paarl omgewing reën. Ons wil nie kanse waag en ons veiligheid in gedrang bring nie en daarom gaan ons liewer die stap wat Saterdag sou plaasvind, uitstel. Ons sal binnekort ‘n nuwe datum...

Lees Verder

Klerebankinligting

JvR skoolklere kan nou ook aanlyn gekoop word: Hou ‘Ctrl’ knoppie in, en klik op onderstaande www adres: http://www.treadleclothing.co.za/shop/ Klik op verlangde item, grootte en ‘add to cart’ Om nog ‘n item te kies, klik op ‘Show all’ regs bo Klik op die mandjie links onder om te sien watter items reeds geselekteer is. Indien nodig, maak veranderinge aan die lys en ‘update cart’ Klik op ‘Local pickup @ Jvr klerebank’ Klik ‘proceed to checkout’ Vul in ‘billing address’ vir die faktuur met u kind se naam Adres: tik maar net ‘n letter in op elke lyntjie, wanneer dit nie by u huisadres afgelewer word nie. Klik op verlangde betaalmetode : ‘direct bank transfer’ OF ‘Snapscan’ ‘PLACE ORDER’ Maak dan die betaling en gebruik asseblief faktuurnommer as verwysing. Die klerebank is vier maal per week oop vir snapscan en kontant-aankope. Bedryfsure vir aanpas en kontant/snapscan-aankope Vanaf Tot ongeveer Maandae en Woensdae 07:20 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 14:20 Onthou: Grootmaatbestellings word deur die klerebank geplaas in Julie/Augustus vir Somerklere, en in Januarie/Februarie vir Winterklere. Bestel asseblief voor ‘n nuwe seisoen begin om teleurstellings te voorkom. Items kan onbeplan uit voorraad wees en sekere items kan tot twee maande neem om aan te vul. Die prys mag dalk ook hoër wees. Die doel van addisionele items in die klerebank gedurende die jaar, is om nuwe leerlinge vanaf ander skole te...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 24 Aug

Baie geluk aan Bernardo en Katarina Oosthuizen wat Jannies van die week is! Dankie dat julle so getrou herwin. Lekker eet by Col’Cacchios! Die Liewe Aarde komitee het nuwe lede nodig. Stuur asb ‘n epos aan suna.karsten@gmail.com as jy betrokke wil raak. Maak seker jy herwin reg – gaan na die skakel om meer inligting te kry: http://www.capetowngreenmap.co.za/go-green/recycle Ons wil julle aandag daarop vestig dat hondekossakke nie herwinbaar is nie. Daar is egter sekere veeartse wat hierdie sakke insamel vir vroue wat handsakke daaruit maak. Kyk na die fotos – oulik nê?...

Lees Verder

Laer-en Hoërskool hou Sportdag saam

Saterdag se interskole teen die twee skole van Moorreesburg was ‘n reuse-sukses! Dit was ‘n vreeslike gesellige dag en die samewerking tussen die laer- en hoërskool was uitstekend en sommer baie lekker. Die heerlike atmosfeer wat by al die sportvelde en -bane geheers het, is grootliks te danke aan die feit dat die laerskole ook betrek is. Baie dankie aan Laerskool Jan van Riebeeck se personeel en ouers wat hard gewerk het om die dag onvergeetlik te maak. Ons glo dis die begin van ‘n lang tradisie!...

Lees Verder

Nuusbrief van 17 Augustus 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 17 Augustus 2018 Skaak @ Highlands WEG Saterdag, 18 Augustus 2018 SPORTDAG: Dirkie Uys TUIS Woensdag, 22 Augustus 2018 Rugby teen Table View WEG Donderdag, 23-26 Augustus 2018 Blanco sportnaweek GEORGE Vrydag, 24 Augustus 2018 WOW Spelkompetisie KOEBERG PRIMêR Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar Vrydag, 24 Augustus 2018 Skaak teen Phyllis Jowell TUIS Saterdag, 25 Augustus 2018 Dapperstappers, Kromrivier-roete/du Toitskloof Maandag, 27 Augustus 2018 Junior/Seniorkore: Sing by Artscape Teater Maandag, 27 Augustus 2018 GEEN sportaktiwiteite nie Dinsdag, 28 Augustus 2018 Netbal: Vriendskaplik teen Ellerton, 0/12B en 0/13B WEG Woensdag, 29 Augustus 2018 Rugby teen Edgemead WEG Woensdag, 29 Augustus 2018 Liewe Aarde sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies Vrydag, 31 Augustus 2018 Skaak teen St Cyprians WEG Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7’s Toernooi (Slegs 0/11 – 0/13) Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade SKOOL Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: Winter sportsoorte Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: “Be a everyday superhero” >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Vraelys wat ouers voltooi het Baie dankie aan almal wat die vraelys voltooi het....

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Sarah Davids Graad: 5S Waar bly jy?: Pinelands Gunsteling vak: Wiskunde, want mnr. van der Bank is my onderwyser. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek het baie vriende en almal het respek vir my. Ek is baie goed in netbal en...

Lees Verder

Strategiese vraelys antwoorde

Ons wil graag die antwoorde wat ons ontvang het van die strategiese vraelys met julle deel. Neem kennis dat alle kommentaar uitgelaat is en dat ons slegs die grafieke van die keusevrae publiseer. LJvR Strategiese vraelys...

Lees Verder

Hoërskoolnuus

Hoërskool Jan van Riebeeck se interskole is komende Saterdag. Sien wedstrydprogram: Wedstrydbepalings Volgende week Woensdag (22 Augustus) is dit tyd vir ons jaarlikse kultuuraand, Stampvol, waar die toneelgroep en verskeie ander leerders met hul talente gaan spog. Die Ondier, deur Phillip Rademeyer, beloof om weer baie goed te vaar by die ATKV-toneelkompetisie en u kan dit op dié aand heel eerste sien! Kaartjies kos R50 vir leerders en R100 vir ouers (die ouers kry ‘n glasie wyn en eetgoed voor die tyd). Die vertoning begin om 19:00. Daar sal wyn te koop aangebied word en die snoepie sal oop wees vir ander eetgoed. U kan kaartjies deur die Karri-toepassing, by Petula by Ontvangs of die aand by die deur koop. Ons wil u egter aanraai om gou te spring, want dit is ‘n baie gewilde aand wat vinnig uitverkoop! Program...

Lees Verder

Kunsprestasie

Baie geluk aan Simon van Dyk en Markus de Ridder(gr. 3) wat ‘n groot prestasie behaal het tydens die onlangse WKOD kunskompetisie. Hulle is twee van slegs sestien finaliste wie se werk gekies is om die Metropool Sentraal distrik te verteenwoordig tydens die Provinsiale kunsuitstalling in September by die P. J. Olivier kunssentrum in Stellenbosch. Al die ander inskrywings uit die Metropool Sentraal was werklik van ‘n hoogstaande gehalte en daarom maak dit hierdie twee leerlinge se werk, getiteld ” Together we can” werklik merkwaardig. Hier staan Simon en Markus saam met hul kunsjuffrou, juf. Van der Merwe, met hul sertifikate. Ons is baie trots op...

Lees Verder

Oupa-en Oumadag

Kaartjies vir die komende Oupa-en Oumadag verkoop nou baie vinnig uit! Daar is bitter min kaartjies beskikbaar. Kaartjies wat gekoop is, sal eers die laaste week voor die groot dag uitgedeel word om seker te maak die kaartjies gaan nie verlore nie. Toegang is slegs met ‘n...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus, 17 Aug

Baie geluk aan Sophia Derksen wat laas week Jannie van die week was en ook aan Ewan en Ruald Naude wat die week is. Dankie dat julle so gereeld herwin – hou so aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Ons benodig nog leë 2L melkbottels asb.! Die kunsprojek vorder goed, maar die tyd raak al minder – bring asb julle leë 2L melkbottels na Matthews by die inry-hek. Die geld wat ons Liewe Aarde depot maak uit al julle ‘rommel’ gaan vir struike betaal wat ons tydens Boomplantweek in die potte op die vierkant gaan plant. Baie dankie aan elkeen wat by die skool herwin om sodoende ook ‘n bietjie ekstra geld vir die skool te maak! Hou die Nuusbrief dop vir meer inligting oor...

Lees Verder

Bring&Raai Trivia

Vrydagaand se Bring & Raai quiz aand was ’n reuse sukses. Baie dankie aan elke ouer en onderwyser wat die aand bygewoon het en so ‘n bydrae vir die Speelgrond-fonds gemaak het. Ons het R16 500 wins gemaak en dit sal aangewend word vir die speelterrein. Dankie ook aan PKF ouditeure wat op die aand vir ons die punte telling hanteer het. Mano Caldis het as quiz meester opgetree en het die mense behoorlik op hulle tone gehad. Die uitslae was as volg: Rondte 01 wenner: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw) Rondte 02 wenner: Flink Drinkers (spanleier Sunelle Fouche) Rondte 03 wenner: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor) Die algehele wenners volgens die puntetelling vir al 3 rondtes tesame: 1ste plek: E=MC Hammer (spanleier Christelle Pansegrouw) 2de plek: Watsenaam (spanleier Mari Stimie) 3de plek: BrilJantjies (spanleier Maresna Van Schoor) Baie geluk aan al hierdie spanne! Daar het ‘n paar serpe en sakke agter gebly. Kontak asseblief vir Karien Zulch by 0834450980 vir verlore goedere. Ons hoop om julle volgende jaar weer by hierdie lekker funksie te sien....

Lees Verder