Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar

Vrydag, 24 Augustus 2018 WOW Spelkompetisie

Vrydag, 24 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak @ Phyllis Jowell

Saterdag, 25 Augustus 2018 Dapperstappers UITGESTEL

Maandag, 27 Augustus 2018 Junior/Seniorkore: Sing by Artscape Teater

Maandag, 27 Augustus 2018 GEEN sportaktiwiteite nie

Maandag, 27 Augustus 2018 Skool kom 12:45 vir Gr.1-3 uit en 13:00 vir Gr.4-7

Dinsdag, 28 Augustus 2018 Netbal:Vriendskaplik @ Ellerton WEG

Woensdag, 29 Augustus 2018 Rugby@Edgemead WEG

Woensdag, 29 Augustus 2018 Liewe Aarde sivvies

Vrydag, 31 Augustus 2018 Sivvies

Vrydag, 31 Augustus 2018 Lentedag- Dra blomme uit jou tuin of omgewing

Vrydag, 31 Augustus 2018 GEKANSELLEER Skaak @ St Cyprians

Vrydag, 31 Augustus 2018 Philip Chimukuyu(heksekuriteit) verjaar

Saterdag, 1 September 2018 Rugby 7s Toernooi

Sondag, 2 September 2018 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar

Maandag, 3 September 2018 Begin met Somersport

Maandag, 3 September 2018 Sanna Molepo (terrein) verjaar

Dinsdag, 4 September 2018 Gr.7 ATKV Olimpiade

Dinsdag, 4 September 2018 Patrick Chadzuka (terrein) verjaar

Woensdag, 5 September 2018 Fotodag: Winter sportsoorte

Donderdag, 6 September 2018 Loslitdag: “Be an everyday superhero”

Vrydag, 7 September 2018 Oupa-en Oumadag

Vrydag, 7 September 2018 Skaak @ Weizmann WEG

Saterdag, 8 September 2018 Kooroefening gekanselleer

Saterdag, 8 September 2018 WOW Spelfees: Wes-Kaap

Saterdag, 8 September 2018 Dolinda Mfulo (Nasorg) verjaar

Dinsdag, 11 September 2018 Leerderraad: Saal

Woensdag, 12 September 2018 Trix v d Vyver (juffrou) verjaar

Woensdag, 12-13 September 2018 Boekverkoping- The Book People

Donderdag, 13 September 2018 Wiskundekompetisie MELKBOSSTRAND

Vrydag, 14 September 2018 Akkedissiefees

Vrydag, 14 September 2018 Gr.1 Skrywersbesoek: Ingrid Mennen

Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi

Maandag, 17 September 2018 Akademiese Spele

Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering

Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal

Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar

Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar

Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Maandag 27 Augustus

Albei ons skool se kore tree eerskomende Maandagaand in die Kunstekaap op. Hulle moet reeds om 13:00 daar wees vir ‘n oefening en aangesien hulle ongeveer 150 leerders is en ‘n hele aantal onderwysers wat met toesig sal help, sal die skool vir gr. 1 – 3 leerders reeds om 12:45 sluit en vir gr. 4 -7 leerders sal die skool om 13:00 sluit. Ons hoop dat sommer baie van ons ouers na hulle en baie ander skole se leerders, gaan luister.

Daar sal ook geen ander skoolsport of ander buitemuurse aktiwiteite op hierdie dag wees nie en die bus sal ook om 13:05 na Blouberg vertrek vir al die leerders wat met die bus ry.

George-toer

Ons hoop dat al ons leerders en onderwysers wat vandag na George vertrek, ‘n baie suksesvolle en aangename toer sal hê en dat almal Sondag veilig sal terugkeer.

ALGEMEEN

JvR skoolklere kan nou ook aanlyn gekoop word:

Hou ‘Ctrl’ knoppie in, en klik op onderstaande www adres:

http://www.treadleclothing.co.za/shop/

Klik op verlangde item, grootte en ‘add to cart’

Om nog ‘n item te kies, klik op ‘Show all’ regs bo

Klik op die mandjie links onder om te sien watter items reeds geselekteer is.

Indien nodig, maak veranderinge aan die lys en ‘update cart’

Klik op ‘Local pickup @ Jvr klerebank’

Klik ‘proceed to checkout’

Vul in ‘billing address’ vir die faktuur met u kind se naam

Adres: tik maar net ‘n letter in op elke lyntjie, wanneer dit nie by u huisadres afgelewer word nie.

Klik op verlangde betaalmetode : ‘direct bank transfer’ OF ‘Snapscan’

‘PLACE ORDER’

Maak dan die betaling en gebruik asseblief faktuurnommer as verwysing.

Die klerebank is vier maal per week oop vir snapscan en kontant-aankope.

Bedryfsure vir aanpas en

kontant/snapscan-aankope Vanaf Tot ongeveer Maandae en Woensdae 07:20 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 14:20

Onthou:

Grootmaatbestellings word deur die klerebank geplaas in Julie/Augustus vir Somerklere, en in Januarie/Februarie vir Winterklere.

Bestel asseblief voor ‘n nuwe seisoen begin om teleurstellings te voorkom.

Items kan onbeplan uit voorraad wees en sekere items kan tot twee maande neem om aan te vul. Die prys mag dalk ook hoër wees.

Die doel van addisionele items in die klerebank gedurende die jaar, is om nuwe leerlinge vanaf ander skole te help, kinders wat uit hul klere groei gedurende ‘n kwartaal, sowel as verlore items te kan vervang. Moet asseblief nie wag tot Januarie nie.

MERK alle items met u kind se volle naam en van, insluitende items wat hulle op sivviedae dra.

Ons word deur die onderwysdepartement verplig om volledige inligting rakende u mediese fonds besonderhede in te win, sou daar dalk ‘n voorval by die skool gebeur waar mediese besonderhede benodig word. Volg asb. hierdie skakel en voltooi die Google Form sodat die skool die leerderprofiele volledig kan invul.

Let wel: Slegs een ouer hoef die vorm in te vul. Indien u meer as een kind in die skool het, vul asb. vir elke kind ‘n aparte vorm in. Om twee of meer vorms in te vul, voltooi een en volg dan weer die skakel om nog een te voltooi.

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLScjtXQ2qS7F2E6HqjVv51xnhKt4URr_Mr88SO-MnUrN-fGmXw/viewform?usp=sf_link

Baie geluk aan Bernardo en Katarina Oosthuizen wat Jannies van die week is! Dankie dat julle so getrou herwin. Lekker eet by Col’Cacchios!

Die Liewe Aarde komitee het nuwe lede nodig. Stuur asb ‘n epos aan suna.karsten@gmail.com as jy betrokke wil raak.

Maak seker jy herwin reg – gaan na die skakel om meer inligting te kry: http://www.capetowngreenmap.co.za/go-green/recycle

Ons wil julle aandag daarop vestig dat hondekossakke nie herwinbaar is nie. Daar is egter sekere veeartse wat hierdie sakke insamel vir vroue wat handsakke daaruit maak. Kyk na die fotos – oulik nê?

Dis Lentedag eerskomende Vrydag 31 Augustus by Laerskool Jan van Riebeeck!

Bring blomme en blarekransies uit jou tuin of omgewing om die aanbreek van Lente in jou sivies te kom vier!

Ons vra ‘n R5 bydrae vir ‘n muntlegging tydens 1ste pouse in die vierkant wat aangewend sal word vir die opknapping van die Graad 7’s se speelgrondarea.

Dorette Potgieter se Filmklublede kan nie wag vir Lentedag nie! Besoek hulle Instagram bladsy JVR_filmClub.

Loslitdag

Donderdag, 6 September 2018 is ons jaarlikse Loslitdag!

Die tema hierdie jaar is: ‘Be an everyday hero’

Ons vra asb vir ons leerders om R10 skooltoe te bring ten bate van die Paarl Ontwikkelingstigting. Leerders sal ‘n Loslitdag-plakker ontvang en kan dan op die 6de September aantrek soos hul gunsteling superheld, of soos hul gunsteling beroep van mense wat ons help (bv brandweerman), of in sivvies.

AKADEMIE

Die top 3 prestasies is:

3. Kate Mouton 2 240 punte

2. Emily Roff 3 561 punte

1. Jan-Willem Silvis 8210 punte

Baie geluk Jan-Willem!

Die kostes van die AKADEMIESE SPELE week (17 – 21 September 2018) wat op Sportwetenskappe fokus, beloop R50 per leerder. Allerhande aktiwiteite word gedurende hierdie week aangebied wat nader aan die tyd in die nuusbrief gekommunikeer sal word. Ons wil geen leerders uitsluit nie.

Betaling kan deur middel van kontant, per EFT (verwysing: AK-spele + u kind se naam; stuur bewys na registeronderwyser) of per Karri-app gemaak word. ‘n Boodskap sal aan u gestuur word om Karri-app te bevestig.

Datum van betaling: 24 Augustus – 17 September 2018.

 

Ingrid Mennen, skrywer van die boek INK,

besoek die Graad 1’s

op Vrydag, 14 September

in die biblioteek.

Ons Engelse boekverkoping vir die jaar, is op 12 & 13 September in die biblioteek.



Spaar solank julle sente vir hierdie bielie van ‘n boekverkoping met fiksie- en feiteboeke in elke kind se smaak.

---

KULTUUR

Alle koorlede (Junior- en Seniorkoor) gaan Maandagmiddag 27 Augustus van 13:00 – 15:00 na die Kunstekaapteater vir ‘n oefening vir die aand se optrede by die Skole Musiekfees (School’s Arts Festival)

Alle leerders sal weer om 15:00 na die skool teruggebring word.

Koorlede moet dan weer om 18:00 by die teater aanmeld, netjies geklee in winterskooldrag soos in vorige kommunikasie beskryf.

Die program behoort teen 21:30 klaar te wees. Eet asb voor die tyd. Geen kos word saamgebring nie, slegs ‘n boek om te lees.

Kaartjies is by Computicket te koop (tik School’s Arts Festival in, onthou die afkappingsteken).

SPORT

Volgens verskeie bronne gaan dit Saterdag in die Paarl omgewing reën. Ons wil nie kanse waag en ons veiligheid in gedrang bring nie en daarom gaan ons liewer die stap wat Saterdag sou plaasvind, uitstel. Ons sal binnekort ‘n nuwe datum bevestig.

Ons agt skaakspelers het behoorlik hulle skuiwe strategies beplan en vir Herzlia Highlands 6-2 geklop. Ons ligawedstryde hierdie jaar is iets om dop te hou, aangesien ons spanlede sover nog nie ‘n wedstryd verloor het nie!!

Saterdag se interskole teen die twee skole van Moorreesburg was ‘n reuse-sukses! Dit was ‘n vreeslike gesellige dag en die samewerking tussen die laer- en hoërskool was uitstekend en sommer baie lekker. Die heerlike atmosfeer wat by al die sportvelde en -bane geheers het, is grootliks te danke aan die feit dat die laerskole ook betrek is. Baie dankie aan Laerskool Jan van Riebeeck se personeel en ouers wat hard gewerk het om die dag onvergeetlik te maak. Ons glo dis die begin van ‘n lang tradisie!

Die Winter buitemuurse-program eindig op 31 Augustus vir almal en vir die O/11 en O/13 rugbyspelers eindig dit 1 September met die Sewes Toernooi.

Die Somer Buitemuurse-program begin dan op Maandag, 3 September tot 14 September.

Ons hou dit net vir twee weke, want die Akademiese spele is vanaf 17 – 21 September en daardie week sal ons ‘n spesiale program volg.

Die jongste en enigste leerders sal elkeen volgende week ‘n harde kopie van die Somerprogam ontvang en dit sal ook op die webwerf beskikbaar wees.

Al het ons busse bietjie laat by die skool weggekom, het almal dit darem gemaak tot by Table View en lekker rugby gespeel. Die uitslae vir die wedstryde was soos volg:

O/7 verloor O/8 wen 2 – 1 O/9 gelyk 3 – 3 O/11 wen 12 – 0 Die O/13 span het nie gespeel nie, want hulle vetrek Donderdag, 23 Augustus, op ‘n toer na George.

Indien enigiemand ou rakette het wat by die huis in die pad is, kan julle dit enige tyd vir mnr. Pieterse stuur om tydens die LO periodes te gebruik.

Wat ‘n wonderlike dag was dit nie! Die weer was pragtig en ons kon spog met die berg as agtergrond skildery. Die plattelanders was in vervoering. Vir baie van ons ouers was dit ook die eerste keer dat hulle op die Hoërskool se gronde gekom het. Almal was baie beïndruk met die pragtige tuine en gebou van die Welgemeendsentrum.

Dit was vir ons as skool en personeel ook baie lekker om hierdie geleentheid saam met die Hoërskool aan te bied. Ons glo dat daar in die toekoms nog baie sulke geleenthede gaan wees.

Die laerskoolkinders kon ook die geleentheid kry om die atmosfeer en passie van ‘n Interskole te beleef. Al ons spelers het met passie en hart gespeel, maar ongelukkig kon nie almal op die dag wen nie.

By die netbal sê ons baie geluk aan die O/8 A span wat die enigste span was wat die dag hul wedstryd gewen het. Vir die O/10 A span was dit ‘n moeilike dag omdat dit hul eerste verloor vir die jaar was.

By die rugby het dit heelwat beter gegaan, die O/8 en O/11 spanne het gemaklik gewen. Die O/13 span het verloor, maar elke toeskouer en afrigter was so trots op die spelers, omdat hulle met soveel passie gespeel het.Die 0/7,o/9 en o/13 spanne het elk met net 1 drie verloor ! Hulle het meer as 100% vir die wedstryd gegee.

Baie dankie aan almal wat ons op die dag met ‘n diensbeurt gehelp het.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

The butterfly counts not months but moments, and has time enough.

– Rabindranath Tagore

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209