Skrywer: Suzaan Burger

Kitaarkonsert

Die kitaarleerders van Shaun Berry hou Maandagaand om 18:00 konsert in die saal. Almal is welkom om dit by te woon. Deelnemers moet om 17:30 by die skool wees.

Lees Verder

3de ACL Skaak-fees 2019

Kom speel saam skaak hierdie Saterdag! Hope kontantpryse te wen! Wanneer: 08:30; Saterdag, 5 Oktober Waar: Sentrale Biblioteek, Kaapstad Koste: R100 Registreer teen Vrydag, 4 Oktober (21:00) Vir meer inligting en registrasie: Kliek...

Lees Verder

Skolenuuskompetisie – toestemming vir foto’s

Netwerk 24 loots ‘n skolenuuskompetisie waarin skole hul skoolkoerant kan inskryf en ons wil graag deelneem! Indien jou kind(ers) hierdie jaar op ‘n foto in ‘n Suidooster verskyn het en jy besware het dat die foto aan Netwerk 24 gestuur gaan word as deel van Die Suidooster, stuur asb. voor of op 11 Oktober ‘n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za. Indien jy nie seker is of jou kind op ‘n foto in die Suidooster verskyn het nie, kliek HIER om die vorige uitgawes te...

Lees Verder

Kooroptredes

Ons kore tree die kwartaal by twee Kerssangdienste op. Albei dienste is in die aand. Sondag, 17 November: Tamboerskloof NG Kerk Sondag, 1 Desember: Drieankerbaai NG Kerk Koorlede dra by albei geleenthede WIT , nie skooldrag...

Lees Verder

Unisa musiekeksamens

Baie geluk aan die vogende leerders wat uitstekend gevaar het by die pas afgelope Unisa eksamens. Leila Lonte: Graad 3 82% Neena Lonte: Graad 3 87% Anna van Biljon: Graad 2 64% Matilda Laubscher: Graad 1 70% Katrien Stimie: Graad 2 80% Heloïse Strauss Graad 2 70% Philip van Rooyen: Voor – Graad 1 78% Cara Swanepoel: Graad 1 85% Mari Swanepoel: Graad 2 68% Ella Mari le Roux: Voor – Graad 1 77% Jan Karsten: Graad 3 66% Lara Pieterse: Graad 2 75% Lara Basson: Voor – Graad 1 80 Elsabe Scholtz: Voor – Graad 1 82% Susan Burger: Voor – Graad 1 77% Katja van Wyk: Voor – Graad 1 87% Emke van Wyk: Graad 1 76% Anik Louw: Voor – Graad 1 85% Jacomien van der Westhuizen: Graad 3 86% Luca Zulch: Graad 1 81% Ons is trots op julle! Dis maande se harde...

Lees Verder

Nuusbrief van 20 September 2019

Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers,Datums Vrydag, 20 September 2019    Skool sluit 10:30Vrydag, 20 September 2019    Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar  Dinsdag, 24 September 2019    Erfenisdag  Vrydag, 27 September 2019    Lucia de Jager (Juffrou) verjaar  Dinsdag, 1 Oktober 2019    Skool heropen  Woensdag, 2 Oktober 2019    Buitemuurs begin  Donderdag, 3 Oktober 2019    Oranjeriviervergadering in saal  Vrydag, 4 Oktober 2019    Gr.6 Lead4Life Conradieveld  *Ouer- en kindkamp van volgende kwartaal skuif van 18 Okt na 25 Okt>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die konsert van verlede week. Dankie aan die ouers, onderwysers, OOV, terreinpersoneel, snoepiepersoneel en natuurlik ook die leerders wat gesorg het vir ‘n suksesvolle vertoning!Lekker uitrus die vakansie, sien julle volgende kwartaal! NUUTSTE NUUS Oranjerivierroei vir Gr.7’s van 2020 Die jaar spoed ten einde en dis tyd om een van die hoogtepunte op die 2020-kalender te begin reël – die Graad 7’s se Oranjerivierroei!Deon Pieterse het dit vir baie jare gereël en almal wat saamgegaan het, was dit eens dat dit ‘n heerlike ervaring met baie spesiale herinneringe was. Deon tree aan die einde van hierdie kwartaal af, maar ons wil verseker dat die Graad 7’s steeds op hierdie lekker kort vakansie kan gaan. Soos voorheen sal Felix Unite die toeroperateurs wees.‘n Paar ouers – LJ le Roux, Wallie van der Walt, Jean en Hanlie Lombaard –...

Lees Verder

Barbara Schreuder Dansskool – Eisteddfod uitslae

Baie geluk aan die volgende dansers van die Barbara Schreuder Dansskool. Hulle het aan die Kaapse Eisteddfod deelgeneem en ons baie trots gemaak. Kliek HIER om al die Jannie-deelnemers se uitslae te sien. Die volgende leerders is as finaliste aangewys: Gr.2 (7y Character) Isabella Marais. Gr.3 (8y Set and Character) Kerala Allewell Gr.3 (8y Set and Character) Karlien vd Walt Gr.5 (10y Character) Amelie Visser Gr.6 (11y Set and Character) Jana Brink Gr.7 (12y Set) Marianne Nel Baie geluk aan Jana Brink wat as die algehele 11y wenner van Set en Character danse aangewys is. Geluk ook aan al ons Jannie-dansers wat ons dansskool se naam so hoog hou! Liefde, juf....

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Lara Basson in Graad 4F. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Die rommelresies wat Woensdag, 18 September gehou is, het gewys dat die Jannies uitstekende rommel-skommelaars is! Baie geluk aan die volgende klasse wat die graadwenners was: Graad 1O, Graad 2E, Graad 3DG, Graad 4VDV, Graad 5S, Graad 6B, Graad 7VR. Julle kan almal volgende kwartaal een dag gratis sivvies dra. Die oorhoofse wenners was nie net vinnig nie, maar ook baie akkuraat in hoe hulle herwin het. Hulle sal aangekondig word tydens die eerste saalbyeenkoms in die vierde kwartaal en hul pryse sal ook dan oorhandig...

Lees Verder

Konsertfoto’s en DVD bestellings

Professionele foto’s is tydens en voor die konsertoptrede geneem. Kliek HIER om die foto’s en nommers te sien. Dit is ook op die bord in die gang naby die snoepie opgesit. Kostes beloop R25 (jumbo), R40 (A5) en R60 (A4). DVD’s is ook beskikbaar teen R120. Om te bestel: 1. As jy ‘n foto wil bestel, kry die foto se nommer (beskikbaar hierbo by die skakel, of teen die bord in die gang naby die snoepie). 2. Kry ‘n vorm by Adri in die kantoor of kliek HIER om self een te druk. 3. Vul die vorm met die korrekte nommer van die foto in, of vul in as jy ‘n DVD wil bestel. 3. Verskaf die korrekte bedrag kontant. 4. Stuur dit in ‘n koevert of banksakkie saam skool toe en handig by registeronderwyser in. Bestellings sluit 11 Oktober...

Lees Verder

Oranjerivierroei vir Gr.7’s van 2020

Die jaar spoed ten einde en dis tyd om een van die hoogtepunte op die 2020-kalender te begin reël – die Graad 7’s se Oranjerivierroei! Deon Pieterse het dit vir baie jare gereël en almal wat saamgegaan het, was dit eens dat dit ‘n heerlike ervaring met baie spesiale herinneringe was. Deon tree aan die einde van hierdie kwartaal af, maar ons wil verseker dat die Graad 7’s steeds op hierdie lekker kort vakansie kan gaan. Soos voorheen sal Felix Unite die toeroperateurs wees. ‘n Paar ouers – LJ le Roux, Wallie van der Walt, Jean en Hanlie Lombaard – reël die 2020-uitstappie met die skool se goedkeuring en insette van Deon. ‘n Inligtingsvergadering vir alle 2020 Gr.7-ouers wat wil saamgaan is geskeduleer vir Donderdagaand, 3 Oktober 2019, 18:00 – 19:00. Dit sal by die skool gehou word. Daar is reeds ‘n e-pos aan al die huidige Gr.6-ouers hieroor uitgestuur. Ons hoop ons sien julle...

Lees Verder

Nuusbrief van 13 September 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 14 September 2019 Tweekamp: Liga 1 (WEG) (Stellenberg H/S) Donderdag, 19 September 2019 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 19 September 2019 Gratis Sivvies Donderdag, 19 September 2019 Markdag vanaf 11:45 – 12:30 Donderdag, 19 September 2019 Skool sluit om 12:45 Gr.1 – 3, 13:00 Gr.4 – 7 Vrydag, 20 September 2019 Bokkie-dag Sivvies Vrydag, 20 September 2019 Skool sluit Vrydag, 20 September 2019 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Dinsdag, 24 September 2019 Erfenisdag Vrydag, 27 September 2019 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Konsert 2019 Baie dankie aan almal, ouers, onderwysers, leerders en terreinpersoneel se reuse bydraes om weer eens ‘n reuse sukses van ons konsert te maak! ‘n Baie groot dankie aan Ben Reynecke wat verantwoordelik was vir die teks en die choreografie, Jana Nel vir die afrig van die hoofkarakters en die regie behartig het, asook Thornley Webber wat vir ons elke aand die klank en beligting saam met mnr. Muller Joubert gedoen het. ‘n Groot dankie ook aan al die ouers wat elke aand gehelp het met die eet- en drinkgoed in ons pragtige nuwe teaterkafee! Ons sal vir julle laat weet wanneer die DVD’s beskikbaar sal wees en wat die koste sal wees. Ons sien sommer nou al weer uit na 2021 se konsert wat sal...

Lees Verder

Strategiese vraelys 2019

Dis weer tyd vir ons jaarlikse opname waar ouers genooi word om hul opinies te lewer oor kernfasette van die skool. Kliek HIER om die vraelys te voltooi (voor of op 11 Oktober 2019). Julle insette is baie welkom en is ’n beduidende rigtingaanwyser vir die personeelkorps en die Beheerraad. Verlede jaar se antwoorde het belig dat ons leerders baie gelukkig is by die skool en dat ons akademiese benadering positief beskou word. Drie aspekte is uitgesonder as minder positief en het meer aandag geniet die afgelope jaar: Sport, diversiteit en godsdiens. Hier is ’n lys van onlangse projekte: SPORT: Hokkie is ingesluit as wintersport, ’n proefkontrak met ’n swemskool is gesluit asook ’n Suid-Kaap-toer, sportklinieke en meer wedstryde is georganiseer vir rugby en netbal. Die nuwe tennisbenadering kry ook gesonde aftrek. DIVERSITEIT en GODSDIENS: ’n Onderwysersbeurs is geskep vir ’n aanstelling in 2020, twee Huppelland-assistente word ondersteun met verdere studies in vroeë kinderontwikkeling, twee personeellede word finansier om bestuurslisensies te bekom en drie diversiteitswerkwinkels is georganiseer vir alle onderwyspersoneel. Gereelde sprekers d.m.v. die Mense van Kaapstad-projek is genooi om leerders toe te spreek tydens saalbyeenkomste en die verwelkomingsprojek, Trotse Jannies. Die isiXhosa100-projek is ook gebore. ’n Nuwe beursprojek is pas bekendgestel waar 10 kinders vir 50% van fooie kan kwalifiseer. Die Godsdiensbeleid is herskryf en word stelselmatig geïmplementeer. BESTUUR: ’n Personeel-bestuurraad is aangestel vir ’n ewewigtige en effektiewe...

Lees Verder

Bokkie-dag

Ons SKOP die Wêreldbeker-rugbytoernooi op die regte noot af hierdie jaar! Kom Vrydag, 20 September skool toe in gratis GROEN EN GEEL sivvies om die Springbokke voorspoed toe te wens met die rugby! Betaal R20 vir ‘n heerlike groen en geel smulpakkie/luckypacket om die vakansie en Wêreldbeker op die regte noot te begin. – Pakkie sluit in: ‘n pakkie chips, ietsie om te drink, ‘n soetdingetjie en ook ‘n afwas tattoo. – Pakkies sal op Vrydag 20 September voor eerste pouse uitgedeel word. – Bestellings kan gemaak word op die Karri-toep of kontant betaal word by juf. Wright. – Slegs ‘n beperkte aantal...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Abigail Theron in Graad 1K. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Rommelresies: Kom toets jou rommel skommel vernuf! Op 18 September is daar in skooltyd ‘n kompetisie vir al die grade om te sien watter klas die vinnigste en akkuraatste algemene herwinningsitems kan sorteer. Begin nou al om jou kind te leer om self die herwinning korrek te sorteer. Die wen-klas kry ‘n sivvies-dag in die vierde...

Lees Verder

2020-Beursprojek

Ons is opgewonde om ons 2020-beursprojek bekend te stel waar 10 nuwe leerders kan kwalifiseer vir 50% korting op skoolfondse en gratis nasorg toegang. As jy weet van enige laerskoolleerder wat sal baat by ons skoolomgewing, maar dit nie kan bekostig nie, verwys hulle asseblief na ons webwerf en stuur ‘n aansoek aan Jodene by admin@jvrprim.co.za. Vir enige navrae, kontak ook vir Jodene. Sy sal ook kriteria kan verskaf. Aansoeke sluit Maandag 7 Oktober om...

Lees Verder

Eisteddfod dans

Kaylin Grobler in Gr.7 VR het deelgeneem aan ‘n Eisteddfod contemporary dance item saam met ‘n paar hoërskool leerlinge van Caroline Kotze School of Dance. Hul dansgroep het ‘n diploma (bo 90%) verwerf en is ook in die finaal as wenners aangekondig in die kategorie small group dance age 15-16. Baie geluk...

Lees Verder