Skrywer: Suzaan Burger

Nina Lubbe gekies vir Nasionale karatespan

Nina Lubbe is gekies vir die nasionale karatespan wat aan die wêreldkampioenskap in Tokyo gaan deelneem. Intussen het die organiseerders besluit om die datum van Augustus 2022 na Augustus 2023 a.g.v. Covid te skuif. Gelukkig gee dit vir Nina nog 18 maande om hard te oefen. Geluk...

Lees Verder

Welwillendheid Omgee-projek

Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat die jaar nie meer gebruik word nie, nl. skoolklere en skryfbehoeftes, aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, ‘n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Jy kan dit na juf. Marietjie de Kock se klaskamer stuur. Baie dankie vir die samewerking in hierdie...

Lees Verder

Drama 2022

Dramatye vir 2022: Gr.1 – 3 Maandag – 14:00 – 15:00 Woensdag – 14:10 – 15:00 Vrydag – 13:00 – 14:00 Gr.4 – 7 Maandag – 15:00 – 16:00 Woensdag – 15:00 – 16:00 Vrydag – 14:00 – 15:00 Drama...

Lees Verder

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL BY JAN VAN RIEBEECK 2022

Genres AIDT Moderne dans /AAB American Academy of Ballet /Contemporary /Hip Hop word aangebied. Dansers kry die kans om net lekker te dans maar ook deel te neem aan kompetisies (opsioneel). Cape Town Eisteddfod / Vertonings / Own Choreography / Ballet Awards/ Funksies en Dans Prysuitdelings, ens. DANS KLASSE BEGIN VANAF DINSDAG, 25 JAN 2022 Kontak : 072 4549353 vir meer inligting / rooster ens....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ons is so dankbaar dat skole vanjaar hul deure kon oopmaak soos beplan sonder dat die pandemie die laaste sê het. Groot opgewondenheid het geheers en hoë vlakke van positiewe energie was tasbaar op Woensdag, 19 Januarie, met die opening van ons trotse skool. Die Burger en Maroela Media het ook spesiaal ons Graad 1’s kom afneem terwyl die prefekte al die nuwe leerders ontvang het om die eerste skooldag van die leerders en hul ouers meer spesiaal te maak. Laat my ook toe om al ons nuwe ouers by Huppelland en die Laerskool te verwelkom. Wees verseker julle het die beste keuse vir jul kind gemaak en my beste wense vergesel julle vir die nuwe reis. Ek wil julle verseker dat ons personeel slaggereed is om 2022 vir ons leerders baie spesiaal te maak. Ek glo julle het ook ‘n heerlike vakansie geniet, kosbare tyd saam met familie spandeer en die spreekwoordelike ‘batterye’ herlaai is om die nuwe jaar aan te pak. Die pandemie het vir die afgelope 2 jaar verwoesting gesaai en ons is deur die virus geaffekteer of geïnfekteer. Graag wil ek die skoolgemeenskap komplimenteer wat tydens die moeilike tye weereens sy veerkragtigheid getoon het. Baie dankie dat ons mekaar kon inspireer en onderskraag om die uitdagings op ‘n kreatiewe wyse te bowe te kom. Ons moet nog steeds voortbou en uitreik na gemeenskappe wat swaar...

Lees Verder

Inligting om beplanning van eerste twee weke te vergemaklik

Program: Woensdag, 19 Jan. – Skool begin Graad 1-ouers is welkom om hul kind na hul klas te vergesel. Foto’s is welkom. Die Burger en Maroela Media sal hier wees om foto’s, met toestemming van ouers/voogde, te neem. Oorspronklike skooltye sal gehandhaaf word soos voor Covid: soggens 07:45 en smiddae Maandag tot Donderdag: Gr. 1-2 – 13:12 ; Gr. 3 – 13:41 ; Gr. 4-7 – 14:10 Vrydag: Gr. 1-2 – 13:09 ; Gr. 3 – 13:34 ; Gr. 4-7 – 14:00 Klerebanktye: – 07:20 tot almal gehelp is – 13:30 tot almal gehelp is, maar nie later as 15:30 nie Verkose aankoopmetode is aanlyn. Items word gepak sodra beskikbaar en word afgelewer by jou kind. Nasorg begin Ouerhandleiding: Elke jongste en enigste ontvang 1 kopie per gesin. Algemene vervoerbeleid word aan elke leerder uitgedeel om onderteken te word. Snoepie is oop, maar etes is nie beskikbaar nie. Slegs broodjies sal te koop aangebied word. Etes sal weer vanaf Maandag, 24 Jan., beskikbaar wees. Donderdag, 20 Jan.  Klerebanktye: – 07:20 tot almal gehelp is – 13:30 tot almal gehelp is, maar nie later as 15:30 nie Verkose aankoopmetode is aanlyn. Items word gepak sodra beskikbaar en word afgelewer by jou kind. Vrydag, 21 Jan. – Stuur Algemene vervoerbeleid terug skool toe. Dinsdag, 25 Jan. – Gr. 1 en 2-ouerinligtingsvergadering in registerklasse om 18:00-19:00. Woensdag, 26 Jan. Gr. 3 en...

Lees Verder

Lara presteer in die kunste

Lara het 90% in haar Viool graad 4 eksamen, gedoen deur Trinity College of Music in Londen, behaal. Sy het ook 89% vir haar eksamen by die Graad 5 Royal Academy of Dance eksamen wat sy in Oktober afgelê het, gekry. Baie geluk Lara, dis ‘n baie goeie...

Lees Verder

Frank van der Walt presteer in rugby

Frank van der Walt het hierdie jaar by Hamiltons rugbyklub gespeel en hulle verteenwoordig teen ander skole en klubs. Ten spyte van wedstryde met geen toeskouers om die veld nie het hulle die seisoen geniet en Frank is aangewys as die o/10 speler van die jaar. Baie geluk...

Lees Verder

Geagte Ouer / Voog

Dis die klein gebare wat regtig saak maak … Mag hierdie feestyd ons fokus daarop rig om ons ingesteldheid so te kondisioneer dat ons die mooi in elke geleentheid sal raaksien. In ‘n tyd waartydens ons emmertjies leeg voel en ons alle balle in die lug probeer hou, het ons dit meer as ooit nodig om vas te hou aan die opregte, klein gebare wat die lewe eintlik so kosbaar maak. Daardie ontasbare hartsdinge wat ons hart en siel voed. In plaas daarvan om te hunker na die ‘groot’ geskenke onder die kersboom moet ons dalk pertinent na die onskuldige, spontane mooi rondom ons soek – daardie glimlag wanneer jou trane ongesiens vlak lê; die oproep wanneer jy dit regtig nodig het; die ‘op-jou-tande-kners’ eerder as kritiek lewer; die sagte kyk diep in iemand se oë wat regtig raakgesien wil word; die sagte woorde wat ons so graag wil hoor. Wanneer ons oor ‘n jaar vol baie meer uitdagings as wat ons op ons een hand kan tel, reflekteer, het ons steeds soveel om oor gelukkig en dankbaar te voel. Ons moet daarop fokus om die spreekwoordelike ‘silwer randjie rondom elke donker wolk’ raak te sien. Dis ook ‘n belangrike vaardigheid wat ons aan ons kinders moet oordra veral gedurende hierdie ongekende tye. Die afgelope 2 weke het Laerskool Jan van Riebeeck interessante, uitdagende maar ook opwindende tye beleef...

Lees Verder

Feesvideo’s & Feesboek

Ons feesvideo’s is beskikbaar! Kliek op die boonste video vir die langer weergawe en die onderste een vir die korter video. Elke gesin het ook ‘n feesboek ontvang. Ons hoop julle kan rustig tydens die vakansie daardeur blaai en die pragtige stories en foto’s...

Lees Verder

Buitemuurse foto’s

As gevolg van die skool wat vroeër sluit, sal die buitemuurse foto’s ongelukkig nog nie gereed wees nie. Leerders sal volgende jaar hul foto’s ontvang. Indien julle die skool aan die einde van die jaar verlaat, probeer reël dat vriende se kinders dit vir julle in 2022 kan neem of tref ‘n reëling met die betrokke registeronderwysers. Graad 7’s se buitemuurse foto’s sal by hul registeronderwyser van 2021 beskikbaar wees. Groete Juffrou Ischké...

Lees Verder

Klerebank: Tye

Addisionele tye: Maandag, 13 Desember 2021, 07:30 tot 08:30 Dinsdag, 18 Januarie 2022, 07:30 tot 08:30 Tree asseblief in verbinding indien ‘n alternatiewe reëling verlang word. Ek is egter nie tussen 22 Desember en 12 Januarie beskikbaar nie. Ons sal ouers wat bestellings geplaas het laat weet sodra hul items beskikbaar is. Klerebanktye keer terug na normaal wanneer die skool op 19 Januarie 2022 open: 07:20 – 08:00 Maandae en Woensdae 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae Bestellings wat in Januarie 2022 geplaas word, moet by die klerebank/aanlyn gedoen word: Geruite graad 7-oortrui. Donkerblou 100 jaar-feeshemde. Die beheerraad het besluit dat hierdie hemde ook in 2022 op Vrydae gedra mag word. Eerste wintersklerebestellings, vir aflewering teen ongeveer einde Maart. Swemklere: Ekstra voorraad is in swempette, goggles, swemsakke, swembroeke en handdoeke beskikbaar omdat ons aan minimum besteleenhede moet voldoen. Rashvests is onafgelewer deur Second Skins met geen nuwe datum nie. ‘n Alternatiewe fabriek kan dit in Januarie lewer. Indien dit vroeër beskikbaar is, sal ek ouers wat belanggestel het, kontak. Vir navrae, stuur ‘n e-pos na...

Lees Verder

Belangrike kennisgewing

Beste Ouers/Voogde In ‘n poging om ‘normaliteit’ te skep in ‘n tyd waar dit so skaars soos hoendertande is, moet ons ook so verantwoordelik moontlik optree om ons gemeenskap gesond te hou aangesien die Feesvakansie op hande is. Met dit in gedagte het ons besluit dat dit in almal se beste belang sal wees indien ons die skool reeds eerskomende Vrydag, 10 Desember, vir leerders vir die Desembervakansie sluit. Ons sal soos gekommunikeer met alle beplande aktiwiteite van hierdie week voortgaan: Woensdag, 8 Desember – Atletiek (velditems) o/9 – o/13 en OPE Donderdag, 9 Desember – Gr. 6-prysuitdeling om 09:00 – Gr. 7-prysuitdeling en afskeid om 18:00 (vervang Woensdag, 15 Desember, se saalbyeenkoms) Vrydag, 10 Desember – Atletiek (baanitems) o/7 – o/13 en OPE *Atletiekkennisgewing: 1. Ouers is welkom om die onderskeie atletiekbyeenkomste by te woon. Dit is baie belangrik dat maskers gedra moet word. 2. Indien daar deelnemers is wat tydens albei of een van hierdie atletiekbyeenkomste isoleer, sal die deelnemers wat in atletiek presteer vroeg in 2022 ‘n kans tydens skooltyd kry om deel te neem sodat ons die atletiekspan so vinnig moontlik kan finaliseer. Vir enige navrae, stuur ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za. Rapporte – Kommunikasie rakende die afhaal van rapporte sal volg. Maandag, 13 Desember – Graad 7-afskeid gaan voort soos beplan *Let wel: Slegs graad 7’s is nog Maandag by skoolaktiwiteite betrokke. Vakansiesorg Vakansiesorg gaan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Desembermaand het sy opwagting gemaak en oral waar jy in die inkopiesentrums rondloop, sien jy vrolike Kersversierings. Of jy nou gelowig is of nie, Kerstyd is ‘n spesiale tyd en die bekoring geskied wêreldwyd. Kerstyd gaan gewoonlik gepaard met baie inkopies, pragtige geskenke wat in die mooiste geskenkpapier toegedraai word, lekkernye word gebak en versierings wat oral opgesit word. Dit is die tyd van die jaar waar familie en vriende bymekaar kom. Die kinders se afwagting van die magiese figuur wat op Oukersaand die wonderlikste geskenke gaan bring, is alreeds tasbaar. Graag wil ek vir ons skoolgemeenskap ‘n heilsame en geseënde familie-en gesinstyd tydens die komende Kerstyd toewens. Die wêreld is vol verrassings, veral met die nuwe Covid-19 variant wat verlede week onverwags in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het die onwelkome virus na die 15de letter van die Griekse alfabet vernoem, naamlik Omnicron. Die koms van ‘n nuwe Covid-19 variant met die aanbreek van die Desembervakansie kon seker nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie. Behalwe die vrese rakende die nuwe variant, is daar die bekommernis wat dit vir die land se kwesbare ekonomie en toekoms inhou. Ons vuisvose ekonomie kan nie die bedreiging van toenemende sake en inperkings bekostig nie en dit terwyl buitelandsetoeristekansellasies nou die hoogte inskiet. Verblywend was darem die afkondiging tydens Sondagaand se ‘familievergadering’ deur ons president, mnr. Cyril Ramaphosa, dat vlak...

Lees Verder

Omgee-projek

Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat volgende jaar nie meer gebruik word nie nl. skoolklere en skryfbehoeftes aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, ‘n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Bring dit gerus voor of op Maandag, 13 Desember, na juf. Marietjie de Kock se klaskamer. Baie dankie vir die samewerking in hierdie...

Lees Verder