Program:

Woensdag, 19 Jan. – Skool begin

  • Graad 1-ouers is welkom om hul kind na hul klas te vergesel. Foto’s is welkom. Die Burger en Maroela Media sal hier wees om foto’s, met toestemming van ouers/voogde, te neem.
  • Oorspronklike skooltye sal gehandhaaf word soos voor Covid: soggens 07:45 en smiddae Maandag tot Donderdag: Gr. 1-2 – 13:12 ; Gr. 3 – 13:41 ; Gr. 4-7 – 14:10
    Vrydag: Gr. 1-2 – 13:09 ; Gr. 3 – 13:34 ; Gr. 4-7 – 14:00
  • Klerebanktye:
    – 07:20 tot almal gehelp is
    – 13:30 tot almal gehelp is, maar nie later as 15:30 nie
    Verkose aankoopmetode is aanlyn.
    Items word gepak sodra beskikbaar en word afgelewer by jou kind.
  • Nasorg begin
  • Ouerhandleiding: Elke jongste en enigste ontvang 1 kopie per gesin.
  • Algemene vervoerbeleid word aan elke leerder uitgedeel om onderteken te word.
  • Snoepie is oop, maar etes is nie beskikbaar nie. Slegs broodjies sal te koop aangebied word. Etes sal weer vanaf Maandag, 24 Jan., beskikbaar wees.

Donderdag, 20 Jan. 

  • Klerebanktye:
    – 07:20 tot almal gehelp is
    – 13:30 tot almal gehelp is, maar nie later as 15:30 nie
    Verkose aankoopmetode is aanlyn.
    Items word gepak sodra beskikbaar en word afgelewer by jou kind.

Vrydag, 21 Jan. – Stuur Algemene vervoerbeleid terug skool toe.

Dinsdag, 25 Jan. – Gr. 1 en 2-ouerinligtingsvergadering in registerklasse om 18:00-19:00.

Woensdag, 26 Jan.

  • Gr. 3 en 4-ouerinligtingsvergadering in registerklasse om 18:00-19:00

Donderdag, 27 Jan.

  • Gr. 5 en 6-ouerinligtingsvergadering om 18:00-19:00.
  • Gr. 7-onderwysers sal in hul klasse beskikbaar wees (18:00-19:00) indien gesprek of ontmoeting verlang word. Inligtingsessie is reeds Nov. 2021 gehou.

Vrydag, 28 Jan.

  • Jannies Jooldag (LS JvR 100 + 1) – pretdag vir leerders in skooltyd.
  • Kleredrag: Feeshempie en donkerblou broekie (volledige inligting volg in Vr. se nuusbrief)

Saterdag, 29 Jan. – Lead4Life by skool vir Leerderraadslede

Maandag, 31 Jan.

  • Skool se verjaardag! Onderwysers en ouers/voogde vier 100+1! Sien uitnodiging op Karri-toep.
  • Algemene gesprek om 18:00 in skoolsaal. Kunsuitstalling dwarsdeur skool en ete (Foodtruck) sal daarna volg.
  • Somerbuitemuurse program (sport en kultuur) begin.

*Neem asb. kennis dat skoolfondsrekeninge voor einde Januarie uitgestuur sal word met volledige inligting rakende musiek- en nasorginligting daarop aangedui.