As gevolg van die skool wat vroeër sluit, sal die buitemuurse foto’s ongelukkig nog nie gereed wees nie. Leerders sal volgende jaar hul foto’s ontvang.

Indien julle die skool aan die einde van die jaar verlaat, probeer reël dat vriende se kinders dit vir julle in 2022 kan neem of tref ‘n reëling met die betrokke registeronderwysers.

Graad 7’s se buitemuurse foto’s sal by hul registeronderwyser van 2021 beskikbaar wees.

Groete

Juffrou Ischké Felix