Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat die jaar nie meer gebruik word nie, nl. skoolklere en skryfbehoeftes, aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, ‘n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Jy kan dit na juf. Marietjie de Kock se klaskamer stuur. Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.