Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde

Dit is aangenaam om te rapporteer dat die sport- en kultuurprogram amper weer in volle swang is met verskeie wedstryde, byeenkomste en galas wat plaasvind. Opvallend is die dankbaarheid onder ons ouers/voogde dat ons leerders weer die geleentheid kry om aan sport- en/of kultuuraktiwiteite te kan deelneem. Vir die eerste keer in 2 jaar gaan van ons Jannies weer opvoedkundige kampe bywoon. Groot was die opwinding en die energievlakke op Woensdagoggend, 2 Maart, toe ons gr. 5-leerders na die SOS-Kamp vertrek en die gr. 7’s na die Melkboskamp. Hierdie puik opvoedkundige kampe is ook ‘n verlengstuk van die skool en bied ‘n wonderlike geleentheid waar karakter gebou word, kommunikasievaardighede verbeter word asook die ontwikkeling van emosionele- en leiereienskappe. Wees verseker dat die kampe wat ons bywoon ‘n gestruktureerde, veilige en vriendelike omgewing vir ons leerders bied. Ek weet die gr. 5 en 7-Jannies gaan hul gate uit geniet en ek glo dat hulle nie kan wag om al die wonderlike stories en avonture wat hulle die afgelope 2 dae beleef het, met julle te deel nie. Ek het ook die wonderlike voorreg om leerders se werk en/of projekte te sien wat hulle op ‘n daagliks basis by my mee kom spog. Ons leerders is ongelooflik talentvol en ek wens ek kan al die spogstukke en stories met julle deel. Dit is wonderlik om te sien dat ons leerders die...

Lees Verder

Gr.00 Aansoeke

Ons herinner julle graag dat aansoeke vir 2023 vir nuwe leerders oop is. Onthou asseblief om betyds vir gr. 00 aansoek te doen en laat weet enige ander belangstellende ouers buite die skool. Ons sluitingsdatum is einde Maart. Groete Die...

Lees Verder

Dapper Stappers: Boesmanskloof, 28 & 29 Mei

Ons wil graag in die tweede kwartaal ‘n twee dag stap te doen. Die roete begin in Greyton. Die stap is in die Boesmanskloof en volg dieselfde roete uit sodat ‘n mens weer in Greyton eindig. Kostes: Permit – R50 per persoon per dag (m.a.w. R100 per persoon vir die 2 dae) Verblyf – R300 per persoon (10 jarige ouderdom en op) Datum: Begin Saterdag, 28 Mei. Stap Sondag, 29 Mei , terug. *Sport wat daardie naweek plaasvind kry voorkeur. Afstand & Tydsduur: 12.5 km, 5-6 ure Moeilikheidsgraad: Gemiddeld, afhangend van jou fiksheidsvlak. Jy moes verkieslik al ‘n langer dagstap gedoen het. Jy moet ‘n rugsak met jou kos & klere saam vat. Daar is beddegoed by die huisies waar ons sal slaap. Die roete het ‘n paar opdraendes aan die begin & einde van die stap, maar die grootste deel van die stap is plat. In die middel van die roete is daar ‘n groot swemgat en waterval om bietjie in af te koel. Vorm: Kliek HIER vir die vorm om in te skryf. Navrae: Kontak my gerus indien jy enige navrae het: suzaan@jvrprim.co.za Volg hierdie SKAKEL vir foto’s en inligting i.v.m. die verblyf. Volg hierdie SKAKEL om meer oor die roete uit te...

Lees Verder

Krieket O/11 A

Die 0/11 A-span het Maandag, 28 Februarie, teen St. Joseph’s Marist in Rondebosch gespeel. JvR het eerste gekolf en het 131 lopies na 15 beurte aangeteken. Delmar Benecke het 55 lopies, nie uit nie, gekry. Ruben Eksteen het ook ‘n goeie 23 lopies bygedra tot die groot totaal van die dag. Ons kry hulle uit vir 37 na 15 beurte. Gustav van der Linde het 2 paaltjies geneem na 2 beurte en geen lopies was aangeteken nie. Adriaan Wessels neem 1 paaltjie vir 4 lopies, Ruben Eksteen 1 paaltjie vir 4 lopies en Vincent Oosthuizen 1 paaltjie vir 3 lopies. Delmar Benecke was nie net die kaptein nie, maar ook die speler van die wedstryd. Baie geluk Delmar, spoggerige vertoning. Ons is baie trots op...

Lees Verder

Projek: Welwillendheid

Ons waarde vir die maand is – OMGEE! Ons wil die kwartaal omgee vir diere in nood deur vir hulle kos in te samel. Die projek wat ons wil ondersteun is LEAPS – Lamberts & Elands Animal Protection Services. LEAPS is ‘n geregistreerde diere welsynsorganisasie wat die belange van diere in nood in die Elandsbaai en Lambertsbaai areas op die hart dra. Jy is welkom om die onderstaande items saam met jou kind na hul registerklasse toe te stuur. Wenslysie: Hondekos (droog en blikkies/pakkies) Katkos (droog en blikkies/pakkies) Vlooi en bosluis behandeling Lekker om te hê: Speelgoed vir honde Komberse Ons wil by voorbaat baie dankie sê dat julle saam met ons omgee vir ons...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Week 6 het sommer lekker flink afgeskop met ‘n baie besige sportprogram. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe al ons Jannies aktief aan die verskillende sport- en kultuuraktiwiteite by die skool deelneem. Na 2 jaar is die kinders se belangstelling om aan die buitemuurse program deel te neem op ‘n ‘nuwe’ energieke vlak. Dit herinner ons dat ons vir jare die normale funksionering van die samelewing as selfsprekend aanvaar het en groot was die ontnugtering met die koms van ‘n wêreldwye pandemie. Hierdie afgelope week het ons Jannies aan verskeie krieket- en tenniswestryde asook die subsone atletiekbyeenkoms te Vygieskraal deelgeneem. Ek is so trots om aan te kondig dat van die 37 atlete wat daar op Woensdag, 23 Februarie, deelgeneem het, gaan 15 atlete deur na die distriksbyeenkoms wat op Saterdag, 26 Februarie, te Vygieskraal plaasvind. Ek verwys graag na die res van die nuusbrief. Ons o/13-krieketspanne het die afgelope week twee wedstryde gespeel. Ek wil nie graag leerders uitsonder nie, maar ek sal my van my taak kwyt indien ek nie melding maak van Werner Steyn (Gr. 7) wat op Dinsdag, 22 Februarie, ‘n ongelooflike kolfbeurt tydens ‘n T20-wedstryd weg teen Laerskool Parklands gehad het. Hy het ’n blitsige 102 lopies van slegs 54 balle aangeteken waarop iemand soos AB de Villiers ook baie trots sou wees. Baie geluk aan Adan Eksteen wat...

Lees Verder

Tenniswedstryde 22 & 23 Febr.

Ons 5 tennisspanne het hierdie week lekker gewoeker. Op Dinsdag, 22 Februarie, het twee van ons spanne as gevolg van die atletiek wat Woensdag plaasgevind het, gespeel. Die uitslae is as volg: Noord-liga:  Seuns A [Dawid-Wiese Viljoen, Gustav Pansegrouw, John Gillmer & Gustav van der Linde] verloor 2-4 teen Durbanville A-seuns. Table View-liga:  Seuns A [Jan-Willem Silvis, Ruald Naude, Rafa Lamprecht & Thomas Boshoff] wen 4-2 teen CBC St. John’s A-seuns. Hierdie manne het ook die geleentheid gekry om op ons twee splinternuwe bane te speel. Hulle het dit natuurlik vreeslik geniet. Woensdag, 23 Februarie, het drie van ons spanne gespeel. Die uitslae is as volg: Noord-liga:  Dogters A [Klara Maree, Stella Lamprecht, Jana Maree & Stella Pansegrouw] verloor 0-6 teen Durbanville A Dogters. Gemengde o/13 span [Gustav van der Linde, Johan Symington, Stella Zulch & Mia Boshoff] wen 6-0 teen Curro Brackenfell. Table-View Liga:  Gemengde 1ste span [Daniel Welgemoed, André Marais & Anna Louw] verloor 1-5 teen Elkanah House Senior. Baie dankie aan al die ouers wat help om ons spelers rond te ry en die onderwysers wat hulle elke week...

Lees Verder

Eisteddfod 2022 Inskrywings

Dit is weer tyd vir Eisteddfod-inskrywings! Die datums van die Eisteddfod is in Mei.  Die definitiewe datums sal binnekort bekendgemaak word. Ons wag nog daarvoor. Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 4 Maart. Whatsapp asb. die inskrywingsvorm na 072 014 8234 (Jana) Kostes beloop: R65 per inskrywing. Sluitingsdatum vir betaling is 12 Maart. Betalings word deur die Karri-app gedoen. Geen laat inskrywings word aanvaar nie. Sang- en Musiekinskrywings Inskrywings vir sang en musiek moet 19 Maart in wees. Die Karri-toep sal later hiervoor oopmaak. Sang- en musiekinskrywings word deur die musiekpersoneel bepaal. Ouers sal gekontak word. Lees die vorm vir die kategorieë en vul dit in om in te skryf. EISTEDDFOD 2022...

Lees Verder

Kaperjolle 2022

Dis weer tyd om heerlik op 23 April 2022 op die skoolgronde saam te kuier. Merk solank die datum op jou kalender sodat julle nie uitmis nie. Ons het julle kostalente by die Oor-Die-Kole kompetisie nodig. Kliek op die GOOGLE FORM vir al die inligting en om in te skryf. Vul asb. die Google Form voor 25 Maart 2022 in om jou land/span in te skryf. Kontak vir Martie Viljoen 084 601 5640 | martie.viljoen7@gmail.com of Ria Hertzog 082 320 3288 | oov@jvrprim.co.za met enige...

Lees Verder

Navorsing in Rekenaarlokaal

Ons rekenaarlokaal is in die middae vanaf 14:15 tot 15:00 vir leerders beskikbaar om navorsing vir take te doen, prente te soek of om take te voltooi. Maak van hierdie diens gebruik indien julle nie / nie genoeg rekenaars by die huis het nie of as jou kind(ers) beter gaan werk in ‘n klaskamer opset. Suzaan Burger hou toesig. Laat weet ook gerus indien julle ‘n spesiale reëling wil tref, bv. as ‘n leerder langer wil bly om ‘n taak klaar te maak:...

Lees Verder

Somersokkie: Stof jou dansskoene af!

Alle Gr.5 – 7-Jannies word na ons skitterende ‘disco’ dans op Donderdag, 17 Maart 2022, genooi! Tyd: 18:00 – 21:30 Kaartjies sal vanaf Maandag, 28 Februarie, op die Karri-toep teen R60 beskikbaar wees. Kaartjies sluit ‘n worsrolletjie en ‘n koeldrank in. Die snoepie sal die aand oop...

Lees Verder

Sportnavrae

Neem asb. kennis dat Razelle Hanekom (Sportbestuurder) vanaf 17 Februarie vir die volgende 4 maande met kraamverlof gaan. Stuur dus asb. enige sportnavrae nog steeds na sport@jvrprim.co.za wat deur Leon Hanekom vir die tydperk hanteer sal word. Maak asb. seker julle ”cc” ook die spesifieke sportkodehoofde (sien lys onder) in om effektiewe kommunikasie te bewerkstellig. Sportkodehoofde (Somer): Atletiek – Leon Hanekom by leon@jvrprim.co.za Swem – Bibi Janse van Rensburg by bibi@jvrprim.co.za Tennis – Anja Nauté by anja@jvrprim.co.za Krieket – Warren Stoman by warren@jvrprim.co.za Skaak – Raché de Goede by rache@jvrpri.co.za Baie dankie vir julle dringende...

Lees Verder

Dapper Stappers: Gereelde vrae

Ons gaan stap een keer per kwartaal ‘n lekker roete saam met leerders in Gr.4-7 en hul ouers. Indien die gesin ‘n jonger boetie of sussie het wat graag wil saam stap, is hulle welkom mits hul ouers saam gaan. Indien daar ouers is wat graag betrokke by die reël van die stappe wil raak en lekker idees vir roetes het, stuur ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Die uitnodiging word as ‘n Google Form per e-pos aan ouers met kinders in Gr.4-7 gestuur. Hierdie kwartaal stap ons op 26 Februarie die Kromrivierroete net na die Hugenote Tonnel. Indien iemand nie die Google Form ontvang het nie, maar graag wil saam stap, stuur gerus ‘n e-pos aan...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Groot was die opwinding op Vrydag, 11 Februarie, met die aanbied van die jaarlikse senior swemgala. Die weer was absoluut perfek en ons leerders was so in hul noppies om hul geliefdes langs die swembad te sien wat hul luidkeels aangemoedig het om net hul beste te doen. Vir so ‘n lang tyd was daar geen toeskouers toegelaat nie en dit was net ongelooflik hoe ‘n groot verskil die teenwoordigheid van ouers, voogde, oumas en oupas tydens die swemgala gemaak het. Weer eens besef ‘n mens die massiewe negatiewe impak wat Covid-19 op ons lewens gemaak het. Ons is egter dankbaar dat ‘n bietjie van normaliteit teruggekeer het en mag ons net verder daarop bou en nie toelaat dat die pandemie ons onderkry nie. Lees gerus meer onder die sportafdeling in die nuusbrief van die uitslae en die bekerwenners. Vrydagoggend, 11 Februarie, het die Gr.1’s as ‘klinker’-superhelde skool toe gekom. Dit was groot pret en als deel om op ‘n praktiese wyse die klinkers vir die Gr.1’s te demonstreer en vinnig het hulle geleer dat ‘n mens nie sinne sonder klinkers kan bou nie. Baie dankie aan al die Gr.1-opvoeders wat ook in hul superheld-uitrustings opgedaag het. Graag wil ek vir Mika van der Walt (Gr.1-leerder) hartlik bedank wat na afloop van die geleentheid, sonder dat ‘n juffrou vir haar gevra het, al die papiere wat rondgelê het gaan...

Lees Verder

Musiekkonserte Gr.1-3

Ons skop die jaar af met twee musiekkonserte deur die Gr.1-3-leerders. Vir die jonger leerders sal dit dalk die heel eerste keer op ‘n verhoog wees en maak dit ‘n baie spesiale geleentheid (al is dit net dalk 3 nootjies!). Ouers is welkom om die geleentheid by te woon. Teken solank die datum aan: Dinsdag, 22 Maart (net na die langnaweek) Gr.1 en 2 – 08:30 Gr.3 –...

Lees Verder

Roomys verkope

Vrydag, 25 Februarie, gedurende eerste pouse verkoop die sosiale komitee roomyse! Pryse wissel tussen R10 – R20. Onthou om ‘n geldjie skool toe te stuur!

Lees Verder

Versoek: Parkering

Ons versoek dat niemand op die bus se parkering op die agterste veld onder die bome stop nie. Die skool se bussies moet dan in die son staan en dit is nie ideaal nie. Dankie vir julle samewerking!

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die Beheerraad se eerste amptelike beheerraadsvergadering vir die jaar is Maandagaand gehou om te verseker dat ons trotse skool 2022 soomloos aanpak en van krag-tot-krag sal gaan. Graag wil ek by voorbaat ons Voorsitter, Merwe Scholtz, en die ouerkomponent van die beheerraad naamlik Izelle Venter (onder-voorsitter), Esri Marais, Marié Cruywagen, Andries Viljoen en Marili Thomson (Tesourier) hartlik bedank vir hul waardevolle insette asook die kosbare tyd wat hulle spandeer om die funksionaliteit van ons spogskool te verseker. Op Dinsdag, 8 Februarie 2022, het 50 van ons atlete by Hoërskool Kampsbaai aan die Interskole Atletiekbyeenkoms wat deur die Duitse skool gereël is, gaan deelneem. Ons atlete het baie goed gevaar met 37 atlete wat na die volgende rondte vorder. Sien die uitslae onder die Sport afdeling in die nuusbrief. Dit was so jammer dat weens omstandighede buite ons beheer julle as ouers/voogde nie die byeenkoms kon bywoon nie. Ek het wel waargeneem dat van ons ouers vinnig ‘n plan gemaak het om vanuit ‘n ‘strategiese’- en hoër hoogte die byeenkoms op ‘n afstand dop te hou. Baie dankie aan ons opvoeders wat as beamptes opgetree het asook Razelle en Shahneé wat die administrasie van die hele byeenkoms hanteer het. Op Woensdag, 9 Februarie, het verskeie tenniswedstryde asook ‘n o/11-krieketwedstryd plaasgevind. Graag wil ek die ouers/voogde komplimenteer wat die wedstryde weer so getrou begin bywoon om ons Jannies te ondersteun. Soos...

Lees Verder