• Ons gaan stap een keer per kwartaal ‘n lekker roete saam met leerders in Gr.4-7 en hul ouers.
  • Indien die gesin ‘n jonger boetie of sussie het wat graag wil saam stap, is hulle welkom mits hul ouers saam gaan.
  • Indien daar ouers is wat graag betrokke by die reël van die stappe wil raak en lekker idees vir roetes het, stuur ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.
  • Die uitnodiging word as ‘n Google Form per e-pos aan ouers met kinders in Gr.4-7 gestuur.
  • Hierdie kwartaal stap ons op 26 Februarie die Kromrivierroete net na die Hugenote Tonnel. Indien iemand nie die Google Form ontvang het nie, maar graag wil saam stap, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.