Skrywer: Suzaan Burger

Kitaarlesse

Shaun, die kitaaronderwyser, het van volgende kwartaal af weer ‘n paar plekke vir kitaar, ukelele of elektriese kitaar oop. Indien jy belangstel, kontak hom op 063 131 1462.

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die assesseringsreeks vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 – 7) is in volle swang en voor die leerders dit besef is die eksamenstres verby en lê ‘n welverdiende vakansie voor om lekker uit te rus. Dit is verblywend om te sien hoe opgewonde ons leerders rakende die sportoefeninge wat tans tydens skooltyd plaasvind, is. Verseker help dit hulle om lekker te ontspan na afloop van ‘n uitdagende vraestel asook om hul konstante aandag van die studies en eksamen tydelike af te lei deur op iets anders te fokus. Saterdagaand, 4 Junie, kon ons skool se opvoedingstrust sedert 2019 weer die gewilde veilingdinee aanbied wat nie die afgelope 3 jaar vir ons beskore was nie. Die suksesvolle maskerbal is in die historiese Mount Nelson Hotel aangebied. Die pragtige hotel aan die voet van die ikoniese Tafelberg is in 1918 pienk geverf om vrede te simboliseer. Die geskiedenis van die idilliese hotel met ons 100ste bestaansjaar maak die “Nellie” soos dit bekend staan, die perfekte venue. Dames is elegant in stylvolle aandrokke met gesigsmaskers geklee en die mans het deftig met hul aandpakke en strikdasse gepronk. Voordat die veiling afgeskop het, was daar 40 lotte stylvol uitgestal vir al die gaste om te besigtig waarop hulle kon bie. Die hotelsaal was pragtig versier en die dekorasies het die perfekte afronding verseker. Alles is haarfyn beplan en perfek uitgevoer om...

Lees Verder

Jannies dans in Cinderella Balletkonsert

Verskeie Jannies van graad R tot graad 7 het verlede naweek in die Three Wishes for Cinderella balletkonsert by die Pam Golding Baxter Teater opgetree. Die groep meisies dans by die Cape Ballet Centre en die konsert se regie is deur Evelyne Aregger gedoen. Die dansers het maande lank geoefen en die opwinding was groot om vir drie vertonings op die Baxter se verhoog te kon dans. Die professionele produksie en oorverdowende applous het al hierdie harde werk die moeite werd...

Lees Verder

Beste Graad 7-JvR-seun en Ouer / Voog

Hoërskool Jan van Riebeeck nooi baie graag alle graad 7-seuns en hul ouers/voogde uit om saam met ons te kom kuier! Datum: Dinsdag, 14 Junie 2022 Tyd: 16:30 – 18:00 Plek: JvR-klubhuis, De Hooplaan, Tamboerskloof Drag: Gemaklik ’n Paar hoërskoolseuns wil graag ’n bietjie raakrugby saam met die gr.7-manne speel terwyl ons in die klubhuis nog enige ouervrae oor ons hoërskool beantwoord. Ons braai ook ’n boereworsrol vir elke seun en geniet iets te drinke saam met die ouers/voogde. R.S.V.P. asseblief teen Maandag, 13 Junie, by skoolhoof@janvanriebeeck.co.za indien u en u seun hierdie geselligheid wil bywoon. Groetnis. Pieter Rademeyer...

Lees Verder

Jannies neem deel aan Kyukushinkai Karate Kampioenskap

Johannes Mouton (gr. 4) en Chrystal Conradie (gr. 6) het albei ‘n oranje belt in karate en is leerlinge by die Kyokushin Dojo in Kaapstad. Hulle het Saterdag, 21 Mei 2022, aan die Wes-Kaap Kyokushinkai Karate Kampioenskap by die Wynberg Militêre Basis deelgeneem – die eerste een sedert die aanvang van Covid. Johannes het aan die Kata-afdeling deelgeneem, en hy en Chrystal het beide aan die semi-kontak en volle-kontak afdelings deelgeneem. Johannes het ‘n silwer medalje en Chrystal ‘n brons medalje in die volle-kontak afdeling verwerf. Dit was ‘n lang en senutergende dag, maar ons is trots op ons Jannies wat so kalm en gefokus gebly...

Lees Verder

Waarde kw. 2: Verantwoordelikheid – Ons maak die skoolterrein skoon.

Beste Ouers en Voogde Ons gaan die volgende twee weke gebruik om ons waarde vir die kwartaal, verantwoordelikheid, uit te leef. Die kleur wat ons aan die waarde koppel is, groen. Ons gaan verantwoordelik teenoor ons onmiddellike omgewing optree deur ons skoolterrein na pouse mooi skoon te maak.  Op hierdie manier bewys ons ook respek teenoor ons terreinpersoneel wat daagliks so hard werk. Die onderskeie graadgroepe is ingedeel om op ‘n spesifieke dag ons skoolterrein skoon te maak. Die leerders kan ook op die spesifieke dag groen sivvies aantrek. Sien asseblief op watter dag jou kind met groen sivvies skool toe mag kom: Graad 1 – Maandag, 13 Junie Graad 2 – Dinsdag, 14 Junie Graad 6 – Woensdag, 15 Junie (omgeruil met graad 3 a.g.v. Lead 4 Life) Langnaweek Graad 4 – Maandag, 20 Junie Graad 5 – Dinsdag, 21 Junie Graad 3 – Woensdag, 22 Junie (omgeruil met graad 6 a.g.v. gr. 6 Lead 4 Life) Graad 7 – Donderdag, 23 Junie (maak skoon na...

Lees Verder

Gimnastiek Distrik Proewe

Die volgende kinders het die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse vlak 1 tot 3 Distrikproewe deelgeneem. Vlak 1 Lula Joubert – silwer Amelie van der Walt – goud Isabella Malan – silwer Klara Jansen van Vuuren – silwer Vlak 3 Sarah Roff – silwer Baie geluk met julle mooi...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo julle sal saamstem dat kwartaal 2 tot op datum ‘n baie bedrywige, maar tog lekker kwartaal was. Dit is veral gekenmerk met verskeie sportwedstryde en -toernooie, kultuuraktiwiteite soos Eisteddfod, redenaars, kooroptredes en musiekkonserte, staptogte deur die Dapper Stappers en heerlike samesyn geleenthede soos die Kaperjolle en klasbraaie. Dit bring ons dan natuurlik by die assesseringsweke vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 – 7) aan die einde van kwartaal 2 wat die week vir die gr. 1-3’s en 7’s afgeskop het en ons leerders moet egter weer agter die boeke inskuif. Graag versoek ek julle om as ons opvoeders kollektief te help om die eksamenstres onder jul kind/ers te beperk en dit eerder as ‘n positiewe uitdaging onder jou kind/ers te promoveer. Ons samelewing en sosiale media het veroorsaak dat die druk om te presteer al groter en groter word. Kom ons wees eerlik, daar is bittermin mense wat uitsien na ‘n eksamen. Ek glo ook julle ken daai ‘hol’ gevoel op die maag voor jy ‘n eksamen gaan aflê. Ek besef ook dat jul as ouers saam met jul kind/ers ook moontlik eksamenstres kan ervaar. Dus deel ek ‘n paar handige wenke om te verhoed dat eksamenstres moontlik in jul huishouding kan handuit ruk: Moet asseblief nie jou kind/ers vir eksamens bang maak nie. Deur hulle byvoorbeeld te dreig dat indien hulle nie nou harder...

Lees Verder

Rugby teen Porterville

Saterdag, 28 Mei, het ons Hoërskool Porterville se o.11 en o.13-rugbyspanne ontvang en onthaal by die Conradieveld. Al was die weer effens koel was die rugby en die braaivleisvuur beslis vuurwarm. o.11 wen 26-19 o.13 verloor 34-17 Baie dankie aan almal wat hierdie heerlike dag moontlik gemaak...

Lees Verder

Gholfdag: 4 November 2022

Die Jan van Riebeeck Gholfdag wat op Vrydag, 4 November, by die Royal Cape Gholfkub plaasvind, is byna vol bespreek. Daar is enkele plekke beskikbaar. Vir besprekings kontak vir Alet by 083 703 4433.

Lees Verder

Akademie en sport tydens eksamen: 6-15 Junie 2022

Skool begin: 07:45 Assessering gr. 1-3: 08:00 – einde van skooldag afhangend van sport vir die dag. Geen klasruilings sal plaasvind nie.  Musiekonderrig sal na afloop van die skryfsessies plaasvind. Eksamen skryfsessie vir gr. 4-7: 07:50 – 10:10 Sport is reeds ingedeel sodat daar 3 oefensessies vir elke sportsoort (hokkie/netbal/rugby) in hierdie tydperk om 11:45 – 12:45 sal plaasvind. Leerders kan op oefendae met sportdrag skool bywoon. Skool eindig: gr. 1-3 om 13:00 en gr. 4-7 om 13:15 Nasorg sal soos normaal voortgaan. Bus vertrek om...

Lees Verder