Hoërskool Jan van Riebeeck nooi baie graag alle graad 7-seuns en hul ouers/voogde uit om saam met ons te kom kuier!

  • Datum: Dinsdag, 14 Junie 2022
  • Tyd: 16:30 – 18:00
  • Plek: JvR-klubhuis, De Hooplaan, Tamboerskloof
  • Drag: Gemaklik

’n Paar hoërskoolseuns wil graag ’n bietjie raakrugby saam met die gr.7-manne speel terwyl ons in die klubhuis nog enige ouervrae oor ons hoërskool beantwoord. Ons braai ook ’n boereworsrol vir elke seun en geniet iets te drinke saam met die ouers/voogde.

R.S.V.P. asseblief teen Maandag, 13 Junie, by skoolhoof@janvanriebeeck.co.za indien u en u seun hierdie geselligheid wil bywoon.

Groetnis.

Pieter Rademeyer
Skoolhoof