Verskeie Jannies van graad R tot graad 7 het verlede naweek in die Three Wishes for Cinderella balletkonsert by die Pam Golding Baxter Teater opgetree. Die groep meisies dans by die Cape Ballet Centre en die konsert se regie is deur Evelyne Aregger gedoen. Die dansers het maande lank geoefen en die opwinding was groot om vir drie vertonings op die Baxter se verhoog te kon dans. Die professionele produksie en oorverdowende applous het al hierdie harde werk die moeite werd gemaak!

Foto I:
Agter v.l.n.r.:
Larah Opperman (graad 5), Helene Greeff (graad 7), Chanelle van Wyk (graad 4), Anouk van der Linde (graad 3), Kate Mouton (graad 7), Katryn Silvis (graad 4).
Voor v.l.n.r.:
Amelie Mouton (graad 1), Inge Engelbrecht (graad 1), Eliana Greeff (graad R, Huppelland) en Mila Malan (graad 3)

Foto II: Olivia Faling (graad 1) en Kitty Partner (graad 1)