Beste Ouers en Voogde

Ons gaan die volgende twee weke gebruik om ons waarde vir die kwartaal, verantwoordelikheid, uit te leef. Die kleur wat ons aan die waarde koppel is, groen. Ons gaan verantwoordelik teenoor ons onmiddellike omgewing optree deur ons skoolterrein na pouse mooi skoon te maak.  Op hierdie manier bewys ons ook respek teenoor ons terreinpersoneel wat daagliks so hard werk.

Die onderskeie graadgroepe is ingedeel om op ‘n spesifieke dag ons skoolterrein skoon te maak. Die leerders kan ook op die spesifieke dag groen sivvies aantrek.

Sien asseblief op watter dag jou kind met groen sivvies skool toe mag kom:

  • Graad 1 – Maandag, 13 Junie
  • Graad 2 – Dinsdag, 14 Junie
  • Graad 6 – Woensdag, 15 Junie (omgeruil met graad 3 a.g.v. Lead 4 Life)

Langnaweek

  • Graad 4 – Maandag, 20 Junie
  • Graad 5 – Dinsdag, 21 Junie
  • Graad 3 – Woensdag, 22 Junie (omgeruil met graad 6 a.g.v. gr. 6 Lead 4 Life)
  • Graad 7 – Donderdag, 23 Junie (maak skoon na markdag)