Skrywer: Suzaan Burger

Opedag: Graad 1 van 2023

Opedag: 11 November Die graad 1’s van 2023 besoek die laerskool.  Piekniek: 11 November Die graad 1’s en hul ouers/voogde van 2023 hou piekniek (18:00 – 20:00) op die Laerskool se sportveld.  Gebruik Nuwe Kerkstraat se...

Lees Verder

Algemene konsertreëlings: 19, 21, 22, 26 en 27 September 2022

1. Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat) Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman. Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers/voogde te gee. Leerders sal die bandjie aan die persoon(e) gee wat hulle kom af- of oplaai. Hierdie bandjie sal jou toegang tot die skoolperseel wees. Neem kennis dat twee verskillende kleure bandjies gebruik sal word om die onderskeie weke van konsert aan te dui. 2. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat) Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees. Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word. Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee. 3. Parkering Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak. Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak. 4....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Vrouemaand het op 31 Augustus ongelukkig tot ‘n einde gekom, maar laat ons nooit vergeet die belangrike rol wat vrouens elke dag in die samelewing speel nie. Stadig maar seker raak die dae langer en die nagte korter, want gister moes ons streng gesproke Lentedag gevier het. Kapenaars weet dat Lentedag eerder nader aan 24 September in Kaapstad aanbreek, want Moeder Natuur het gewoonlik ander idees vir Kaapstad en omgewing wanneer dit by seisoensverandering kom. Die wete dat warmer en lekker sonskynweer om die draai lê, lig sommer ons gemoed al is dit koud en renerig die afgelope tyd. Ek glo julle het almal die skielike grondverskuiwingsprojek agter die skool waargeneem met heelwat swaarvoertuie en masjienerie wat die afgelope tyd grond in en uit gery het. In ‘n baie kort tydjie is die onooglike heining langs die sportveldjie verwyder en al 12 geelhoutbome is suksesvol hervestig. Dit is ongelooflik die spasie wat onmiddellik geskep is. Ek is baie dankbaar aan ‘n spesifieke ouer (weldoener) wat vir ons help om die agterste klein sportveldjie te vergroot en te ontwikkel en dit op sy eie kostes. Hoe bevoorreg is ons nie dat hy nie net die projek befonds nie, maar ook aktief by die hele projek daagliks betrokke is. Die doel van die vergroting van die agterste sportveldjie is drieledig: Na voltooiing hoef ons nie meer die grondslagfase leerders vir sportoefeninge...

Lees Verder

Leerders presteer in Gimnastiek

Mia van Zyl, Stella Pansegrouw en Abigail Fourie het gekwalifiseer om die Wes-Kaap in die vroue se artistieke gimnastiek te verteenwoordig. Mia het vir vlak 5 en Stella en Abigail vir vlak 4 gekwalifiseer. Hulle het Vrydag in Saldanha in die vier aparate deelgeneem waar hulle uitstekend presteer het en is nou ook uitgenooi om deel van die Wes-Kaapse span te wees om Oktober by die SA Gym Games in Pretoria deel te neem. Mia het nou haar provinsiale kleure vir die twee aparte dissiplines ontvang en neem op die volgende datums deel: 1 Oktober – Tuimel 5 Oktober – Vroue se artistieke gimnastiek Stella neem op 4 Oktober in die artistiese gimnastiek-afdeling deel en Abigail op 3 Oktober vir ritmiese gimnastiek. Ons hou styf duimvas dat hulle ‘n medalje vir ons provinsie...

Lees Verder

Eisteddfod: Klavier

Saterdag het ‘n paar van ons leerders aan die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod se Klavierafdeling deelgeneem. Sommige leerders het vooraf video-opnames gestuur a.g.v. netbalverpligtinge. Ons wag nog vir daardie uitslae. Lara Basson – Hoogste Lof en Lof Lisa van As – Hoogste Lof en Diploma (95%+) Robyn Lister – Hoogste Lof en Lof Adele Holtzhausen – Hoogste Lof Baie geluk! Ons is so trots op...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Dit is so lekker om te reflekteer oor die afgelope Interskole sportnaweek tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ek glo dat julle soos die personeel ook saam met jul kinders die heerlike interskole en interaksie met die Moorreesburgers terdeë geniet het. Ons het die interskole met ‘n baie suksesvolle “Groot Brag” op Vrydagoggend in die saal afgeskop om sommer lekker gees te vang en terselfde tyd die wonderlike voorreg om aan sport deel te neem behoorlik te vier. Dit was natuurlik my eerste interskole by Laerskool Jan van Riebeeck en ek sal as trotse skoolhoof my plig versuim indien ek nie al ons Jannies, ouers, onderwysers en afrigters komplimenteer met hul beleefde optrede en onberispelike gedrag op en langs die sportvelde. Ons spelers het te alle tye goeie sportsmanskap aan die dag gelê. Ons wenspanne het grasieus uit die stryd getree en wanneer ons verloor het, het ons dit met waardigheid gedoen deur die beter span/ne op die dag se blad te skud en geluk te wens. Die vraag is: speel ons om te wen? Die antwoord is ‘n duidelike JA, maar nie ten alle koste nie. Ons weet dat sport en om aktief te wees kinders help om bene en spiere te versterk, maar ons moet nie vergeet dat sport en veral spansporte onwetend ons leerders die wonderlikste lewenslesse en waardes leer nie. Dit moet, wat my betref, eintlik...

Lees Verder

Distrik Spelling BEE uitslae

Katia van Wyk en Karlien van der Walt het Saterdagoggend aan ‘n Distrik Spelling BEE deelgeneem en hulle het uitstekend gevaar. Karlien het onder die eerste vyf leerders geëindig en Katia was derde. Hulle moes 1080 woorde, tesame met die definisies leer. Twaalf skole het deelgeneem. Welgedaan aan hierdie twee...

Lees Verder

Interskole Geesvang

Hou die Kiek later vandag vir video’s en foto’s van die interskole geesvang dop wat vanoggend in die skoolsaal plaasgevind het.  Samehorigheid op sy beste!

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ons maak die naweek weer soos van ouds gereed vir nog ‘n heerlike sportnaweek, maar hierdie keer is dit tuis. Die onlangse sportnaweek in Roberston was net ‘n lekker voorsmakie van gesonde kompeterende wedstryde, heerlike samesyn en sportmanskap. Hierdie naweek is dit die tradisionele interskole tuis teen Laerskool Dirkie Uys. Ons doen dit in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck wat al hul fasiliteite aangebied het om die jaarlikse ‘derby’ aan te bied. Daar gaan stalletjies wees om heerlike lekkernye te koop. Ondersteun hulle gerus. Programme is reeds vroeg die week aan alle betrokke partye versprei. By voorbaat dankie dat julle dit saam met jul kinders sal bywoon en ondersteun. Ons moenie vergeet dat die Covid-pandemie ons vir ‘n baie lang tydperk verhoed het om heerlike sportdae en -naweke aan te bied nie. Vanoggend het ons vir die eerste keer weer ‘n tipe ‘’Groot Brag’’ in die saal gehou om so ‘n bietjie gees te vang en saam as ‘n skool sportdeelname te vier. Ons skool se eerste spanne (o/13A’s) is deur hul onderskeie kapteine in die saal bekendgestel en ek het die wonderlike voorreg gehad om hul eerste span klere te oorhandig. Die opwinding is groot en aansteeklik. Hierdie spesiale geleenthede is juis dit wat kinders van hul laerskooldae omhels en onthou. Ek wens al ons sportspanne die beste toe en by voorbaat dankie dat julle beleefd teenoor...

Lees Verder

Boekverkope: 25 en 26 Augustus

Neem asseblief kennis van die boekverkope wat op 25 en 26 Augustus plaasvind. Dit is ‘n heerlike geleentheid vir leerders om hul boekversameling uit te brei en ons moedig almal aan om van die kans gebruik te maak. Leerders sal gedurende skooltyd kans kry om boeke te koop, so stuur asseblief ‘n geldjie saam indien jou kind sou belangstel. Ouers is ook welkom om na skool self boeke te koop. Ons hoop om julle almal daar te...

Lees Verder

MathArt kunskompetisie 2022

Die gr.7’s het vroeër hierdie jaar aan die Nelson Mandela Universiteit se jaarlikse MathArt kompetisie deelgeneem. Die tema was MATHEMATICS IS THE LANGUAGE OF SCIENCE. Leerders moes ‘n kunswerk maak wat die tema uitbeeld en wat wys hoe Wiskunde en Kuns bymekaar aansluit. Ons is ongelooflik trots op die uitslae, veral ook omdat dit ‘n landswye kompetisie is. Laerskool Jan van Riebeeck is aangewys as die laerskool met die meeste pryswenners. Van die 20 medaljes wat aan laerskole toegeken is, het ons skool 8 gewen. Die BRONS medaljewenners is: Helene Greeff Adele Holtzhausen Nell von Lieres Die SILWER medaljewenners is: Lara Basson Liza Hitge Luja Marx Cara Swanepoel (Daar is net 7 silwer medaljes toegeken, waarvan ons 4 in gepalm het!) GOUE medalje: Mïlla Joubert (Daar is slegs 2 goue medaljes toegeken) Oorhandiging van die silwer en goue medaljes vind Donderdagaand, 25 Augustus, by Artscape...

Lees Verder

Eisteddfod: Klavier

Die eerste deel van die Klavier Eisteddfod het uitstekend afgeloop. Ons leerders het besonder goed presteer. Baie geluk! Saterdag, 27 Augustus, speel Gr. 6 en 7 by St Cyprians. Ons hoop dit gaan daar net so goed. Thomas Holtzhausen  90% Markus van Vuren  90% Nell du Toit  92% Neill Ferreira  95%, 93% Sabine Barnard  87%, 92% Ruben de Ridder  90%, 94% Susie Samuel  87%, 88%, 86% Cara Stolz  84% Chanelle van Wyk  88%, 95% Leah de Kock  93%, 96%, 88%, 92% Ané Swanepoel  88%, 78%, 88% Philip van Rooyen  92%, 87% Stella Zulch  86% Lisa van As  88% Katia van Wyk  86% Lara Basson ...

Lees Verder

Weskus Koorfees

Neem solank kennis van ‘n belangrike koordatum: Donderdagaand, 20 Oktober. Weskus Koorfees by Laerskool Sunningdale. Albei ons kore neem deel. Alle detail sal nader aan die tyd bekend gemaak...

Lees Verder

Trekker bou op Villiersdorp

Ruben en Vincent Oosthuizen se oupa het ʼn baie skaars Gudbrod trekkertjie gerestoureer. Sy droom was dat sy kleinseuns en hul beste vriend, Dewald Buitendag, die trekkertjie in geheel uitmekaar haal en dan weer aanmekaar sit. Die seuns het die uitdaging aanvaar. Die einddoel was om aan die uitstallings by die Wes-Kaapse Veteraan Trekker en Masjien skou deel te neem. Na maande se harde oefening het hulle tydens die skou op Villiersdorp die wisseltrofee vir die Mees Uitsonderlike Inskrywing verwerf. Hulle kon in ʼn rapsie meer as ʼn halfuur die trekkertjie uitmekaar haal en weer aanmekaar sit. Dit was ʼn uitsonderlike prestasie en wonderlik dat hul oupa se droom waar geword...

Lees Verder

Loslitdag 2022

Vrydag, 2 September 2022, is Loslitdag! Tema: I celebrate SA Trek aan in trots Suid-Afrikaanse styl Betaal R20 vir ‘n loslitdagplakker om Vrydag, 2 September, sivvies volgens die aan te trek ! Plakkers is vanaf Maandag, 22 Augustus, op die Karri-toep beskikbaar. Fondse word ten bate van Paarl ontwikkelingskool...

Lees Verder

Johan Symington presteer in .22 Precision Rifle kompetisie

Johan het twee naweke gelede aan die Wes-Kaap, Provinsiale .22 SA Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem. Dit was ‘n koue, winderige dag en die skuts moes vanaf uitdagende posisies na klein gongs op afstande wat wissel tussen 40m tot 200m skiet. Johan het kalm gebly en uitstekend gevaar onder die moeilike omstandighede. Hy het eerste geëindig in die Juniorafdeling, sowat 11 gongs voor die naaste teenstander! Die Proteaspan het sopas 5de geëindig in die Precision Rifle Wêreld Kampioenskap in Frankryk. Johan kan hulle dalk oor so ‘n paar jaar help om nog beter te...

Lees Verder