1. Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat)

  • Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman.
  • Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers/voogde te gee.
  • Leerders sal die bandjie aan die persoon(e) gee wat hulle kom af- of oplaai. Hierdie bandjie sal jou toegang tot die skoolperseel wees.
  • Neem kennis dat twee verskillende kleure bandjies gebruik sal word om die onderskeie weke van konsert aan te dui.

2. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat)

  • Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees.
  • Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word.
  • Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.

3. Parkering

  • Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak.
  • Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak.

4. Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer

  • Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken.
  • Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word.
  • Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie.
  • Leerders moet betyds gehaal word.

ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK!

5. Toesig: Onderwysers sal toesig by die onderskeie klasse hou.

6. Skooltye:

  • Tydens die week van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag.

    Gr.1 – 3 om 12:45

    Gr. 4 – 7 om 13:00

  • Bus vertrek om 13:05
  • Nasorg sal steeds voortgaan.

7. Konserttye: (19:00 – ongeveer 21:00)

Leerders moet asb. betyds by hul registerklasse aanmeld. Hulle sal dan gegrimeer word en tyd hê om aan te trek.

Neem ook kennis dat die grade op 19, 21, 22 en 26 September verskillende tye tydens die konsert klaar maak. Sien hier onder die tye wat die onderskeie grade by hul registerklasse moet aanmeld en afgehaal kan word. Indien jou kind nie op hierdie aande vroeër kan huis toe gaan nie, sal daar steeds tot 21:00 toesig wees wanneer die konsertvertoning verby is.

  Aanmeld by klas Afhaal by klas
Graad 1 18:00 20:00
Graad 2 18:00 20:00
Graad 3 17:30 20:15
Graad 4 18:00 20:30
Graad 5 18:30 20:30
Graad 6 18:30 21:00
Graad 7 17:00 21:00

8. Grande Finale
Die Grande Finale sal slegs tydens die laaste vertoning, Dinsdag (27 Sept.), plaasvind. Alle leerders van Gr. 1 – 7 moet dan tot die einde van hierdie konsertvertoning bly. Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir die leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hul registerklasse gehaal en uitgeteken word.

9. Foto’s en video van konsert:

Annene van Eeden neem foto’s van die konsert (voor en tydens die kinders op die verhoog is). Bestellings kan op Karri geplaas word. Daar word ook ‘n video van die konsert gemaak. Meer inligting sal later volg.

10. Buitemuurse aktiwiteite:

Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit ‘n lang en uitputtende twee weke vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus spesifiek op die konsert gedurende die tydperk.

11. Kleredrag:

Leerders kan sportdrag tydens die konsertweke dra (19 – 28 September). Die wit sporthempie kan afgewissel word met die blou eeufeeshempie.

12. Etes:

Dieselfde konsep (bestelling deur Karri-toep) wat gevolg word om etes vir pouses te bestel, sal smiddae (19, 21, 22, 26 en 27 Sept.) gevolg word. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om by die snoepie afgehaal te word.

Geen kosstalletjies of wynverkope sal beskikbaar wees nie.

13. Restaurante wat afslag gee:

Ria Hertzog het moeite gedoen om spesiaal met restaurante in Kloofstraat te gesels sodat ons ouers/personeel wat gedurende die konsertaande wil, gebruik kan maak van die dienste. Spesiale afslag word aan ons skool gegee met bewyslewering van konsertkaartjies.

Sommer lekker om ook Kloofstraat te vier veral in die lig dat hierdie mooi en ‘lekker’ straat waarin ons skool geleë is met ‘n noemenswaardige prys weggestap het. Loer gerus na hierdie skakel: LOOK: Cape Town street named ‘one of the COOLEST’ in the world!

a. Blondie

Geen besprekings nie … “first come, first serve” … tussen 17:00-19:00.

50% afslag op kos.

b. Van Hunks

“Daily Specials” elke dag van die week.

c. Societi Bistro

Bespreek plek tussen 17:00-19:00

20% afslag op kos

d. ëlgr

Bespreek plek tussen 17:00-19:00

Pizza en Rose