Skrywer: Suzaan Burger

Krieket: o.13A Curro Durbanville 20 Feb (WEG)

SPANNE: O.13A PLEK: Curro Durbanville (Hoërskool) VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie • Lang wit krieketbroek • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL WOENSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 1. Conrad Bezuidenhout 2. Ruben Eksteen 3. Frank van der Walt 4. Andre Marais 5. Ruben Oosthuizen 6. Dawid-Wiese Viljoen 7. Johan Symington 8. Armand Coetzer 9. Kai Allewell 10. Riciano B 11. Delmar Benecke Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Krieket: o.9 Kampsbaai 21 Feb (TUIS)

Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.9 Blou en Groen PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 14:30 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.9 Blou 1. Ely Grootboom 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Arjen Faling 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Ruwa Christie 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Daniel van den Berg 3. Nica van Schalkwyk 4. Willem Viljoen 5. Karl von Lieres 6. Jacob Venter 7. Stef Nel 8. Peet Swart Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Nuwe Aanstelling: Sportorganiseerder

Dit is met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe Sportorganiseerder, mnr. Rashard Fuller (Gibbs), voorstel. Rashard is die seun van die bekende kriekietspeler, Herschel Gibbs. Hy en sy verloofde, me Renate van Wyk, wat ook in die onderwys is, trek aan die einde van Maart Kaapstad toe om by ons aan te sluit. Rashard speel self krieket en is tans kaptein van die Glenvista Krieket Klub. Hy het ook op ‘n stadium semi-professioneel rugby gespeel en het op skool SA Champs gehardloop. Rashard is goed bekend met laerskoolsport en bring goeie ervaring saam met hom. Hy het by verskeie seunsprivaatskole krieket, rugby en sokker afgerig, asook LO aangebied. Hy was die Hoof van Seunssport by The Kings College Preparatory School en is tans werksaam by Christchurch Preparatory College waar hy vir Graad 1 – 12 LO gee, sportkoördineer en Direkteur van Rugby is, asook die eerste rugby- en krieketspanne afrig. Rashard is baie lief vir kinders en is opgewonde om ‘n liefde en passie vir sport by ons Jannies te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Verlede Sondag het ons skoolgemeenskap met skok verneem van die tragiese afsterwe van juf. Raché se man, Calvin. Hy was in ‘n motorfietsongeluk op pad terug huis toe. Dit is hartverskeurende nuus van die jong getroude paartjie wie se lewe in ‘n oogwink verander het. Ons gedagtes en gebede bly by haar en die familie om vertroosting tydens die moeilike tyd te vind. Weereens word ons ontnugter dat die lewe geen waarborge het nie. Niemand kan die toekoms voorspel nie daarom moet ons elke dag voluit leef en die kosbare tyd saam met geliefdes koester en vier. Baie dankie aan al haar klasouers wat vanuit die staanspoor uitgereik het om haar te help en te ondersteun. Op Vrydag, 10 Februarie 2023, het ons op ‘n baie warm somersdag ‘n suksesvolle senior swemgala aangebied. Die weer het perfek saamgespeel en die koel swembadwater was ‘n heerlike lafenis vir ons swemmers aangesien die kwik teen 13:00 amper 36 grade Celcius bereik het. Baie geluk aan die swemmers wat na afloop van die gala bekers ontvang het! Die Mountain Bike Club onder leiding van deur Breakaway Rides bied ‘n wonderlike geleentheid aan ons kinders. Kyk gerus na hulle advertensie aan die onderkant van die nuusbrief. Laat my ook toe om al ons ouers, voogde, oumas en oupas wat die gala bygewoon het om hul kind/ers en kleinkinders te ondersteun, hartlik te bedank....

Lees Verder

Skooler wenke

Gereelde vrae: As ek op die Messages balkie kliek, sien ek net ‘n paar kontakgroepe en onder Assignments net sekere opdragte. Hoe sien ek alles?: Langsaan die opskrif Messages en Assignments is daar ‘n pyltjie wat na regs wys. Kliek daarop om alles te sien en nie net die mees onlangse inligting nie. Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy die kontakgroepe of take wat op elke kind van toepassing is onder sy/haar profiel sien. Sien op die skermgrepe hier onder watter pyltjie watter skerm oopmaak. Ek het meer as een kind in die skool. Hoe sien ek my ander kind(ers) se profiel(e)?Jy kan jou ander kind(ers) se profiel(e) en kontakgroepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en ‘n ander kind se naam te kies. 3. Ek wil graag met ‘n spesifieke onderwyser op Skooler kommunikeer: Onder Messages gaan jy al die kontakgroepe sien wat op jou van toepassing is. Wanneer jy ‘n boodskap aan een van daardie groepe stuur, ontvang die admin van die spesifieke groep die boodskap. As jy bv. met jou kind se wiskundeondewyser wil praat, kan jy op jou kind se wiskundegroep ‘n boodskap stuur. Ander ouers sal nie jou boodskap kan sien nie. 4. Ek lees my boodskappe, maar die kennisgewing (getal) langs die groep wil nie weggaan nie: Soms...

Lees Verder

Oorhandiging van sertifikate tydens saalbyeenkoms

Ons wil graag ons Jannies se goeie prestasies tydens saalbyeenkoms op ‘n Dinsdag in die kollig plaas. Ons benodig julle (as ouers/voogde) se hulp hiermee. Enige sertifikate, medaljes of trofees moet asseblief op ‘n Maandag by juffrou Michelle Compion (gr. 3) se klas ingehandig word. Indien dit nie Maandag by haar is nie, sal dit oorstaan na die volgende Dinsdag. Dit moet asseblief duidelik as volg gemerk wees: Naam en van; Waarvoor die leerder die prestasie ontvang het Baie dankie vir die...

Lees Verder

Fotodag, 21 Feb.

Ons neem Dinsdag, 21 Februarie, klas- en individuele foto’s. Ons is bewus dat nie alle leerders tans dieselfde skooldrag het nie aangesien ons hierdie jaar in ‘n oorgangsfase is. Indien jou kind reeds die nuwe skooldrag dra, beveel ons aan dat hy/sy dit aantrek.  Indien nie, wil ons vra dat leerders sportdrag...

Lees Verder

Inligtingsessie – rou en verlies, 17 Feb. 10:00

Vrydag, 17 Feb., om 10:00 tot ongeveer 10:30 sal daar ‘n opleidingsessie oor rou/verlies in die skoolsaal aangebied word. Ouers is welkom om dit by te woon. Die sessie is slegs vir volwassenes. Dr. Arina Fourie sal dit hanteer. Hierdie onderwerp strek oor verskeie...

Lees Verder

Netbalkliniek terugvoer

Deur Anna van Biljon Warm, lank, siek – maar lekker! ‘n Opsomming van die naweek se netbalkliniek Die naweek (en Vrydag) het die onder 13A-netbalspan ‘n netbalkliniek bygewoon. Die netbalkliniek is by die Hoërskool Parel Vallei aangebied deur Doctor Elsje Jordaan (en haar twee assistente Damien en Muggie). Sy rig die die Fireballs af. Dit was elke dag 35+ grade! Die kliniek was vol interessante oefeninge en ‘gameplay’ wat ons definitief baie op die baan gaan help. Ongelukkig was die helfte van die span siek met dieselfde virus en ons was Sondag net ses spanlede. Die hele span was baie moeg Maandag, want Saterdag se oefeninge het agt ure lank geduur. Daar was baie verskillende ouderdomsgroepe wat deelgeneem het, van nege tot vyftien jaar oud. Ons en Lochnerhof was die enigste ander skole wat saam met Parel Vallei daar was. Om af te sluit, wil ek net baie dankie aan juf. Shahneé, juf. Sharon, juf. Kellerman en juf. Ischké sê wat hulle hele naweek opgeoffer het om saam met ‘n paar siek dogtertjies te gaan netbal speel. Hulle het regte talent om netbal af te rig en moet nooit ophou...

Lees Verder

Seniorkooroefening

Onthou asb.: Alle Senior koorlede moet Saterdag van 09:00 – 13:00 by die skool vir ‘n oefening wees. Dra gemaklike klere. Bring genoeg te eet en te drink. Bring swemgoed (as die weer dit toelaat) Leerders moet asb. STIPTELIK om 13:00 gehaal word. In- en uitgang is by die Kloofstraathek. Daar sal sekuriteit...

Lees Verder

Krieketwedstryde: o.7 – o.9 Wellington, 17 Feb (WEG)

Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.7 A O.8 A en B O.9 A en B PLEK: Hugenote Hoërskool, Wellington VERTREKTYD: 12:30 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.7 1. Matthias Boonzaaier 2. Michael Meyer 3. Michiel Ackermann 4. Matteo Gosio 5. Sebastiaan Rabie 6. Sebastiaan van Heerden 7. Oliver Lund 8. Emile Coetzer-Dereymaeker O.8 Geel 1. Lukas Loubser 2. Nicolaas Boshoff 3. Pieter Derksen 4. William Moolenaar 5. Gustav Lourens 6. Finley le Roux 7. Merwe Gouws 8. Luc Durand O.8 Groen 1. Nicolaas Smit 2. Liam Cloete 3. Elliott Coetzee 4. Alexander de Kock 5. Mateo Pereira 6. Jonah Greyling 7. Ben Reeder 8. Stefan van der Walt 0.9 Blou 1. Sion Botha 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Ely Grootboom 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Willem Viljoen 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Daniel van den Berg 3. Nica van Schalkwyk 4. Jacob Venter 5. Stef Nel 6. Karl von Lieres 7. Luc Zietsman 8. Sebastian Zietsman Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Krieketwedstryde: o.11A en B, 15 Feb

Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.11 B PLEK: Rondebosch East, 110 Fourth Avenue. VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPANNE: O.11 A PLEK: Conradieveld VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 14:45 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. 0.11 A-span 1. Ben Esterhuyse (K) 2. Nils le Roux 3. Vincent Oosthuizen 4. Jack Dawes 5. Phumi Salimani 6. Samuel Groenewald 7. Rafael Lamprecht 8. Dane Botha 9. Zander Smit 10. Rudi Badenhorst 11. Alexander Weideman 0.11 B-span 1.Liam du Plessis 2.Jake vd Walt 3.Nicolaas van As 4.Felix Ferreira 5.Peter Moore 6.Luka Lonte 7.Logan van Heerden 8.Ben ward 9.Kyle Meissenheimer 10.Rupert Janse van Rensburg 11.Rall Robertson Kliek HIER vir die...

Lees Verder

o.13A Krieketwedstryd vs. Pinelands, 16 Feb (WEG)

SPANNE: O.13A PLEK: Pinelands, Union Ave. VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 18:00 SPORTDRAG: • Oranje hempie • Lang wit krieketbroek • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL WOENSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb. die vorm voltooi. 1. Conrad Bezuidenhout 2. Ruben Eksteen 3. Frank van der Walt 4. Andre Marais 5. Ruben Oosthuizen 6. Dawid-Wiese Viljoen 7. Johan Symington 8. Armand Coetzer 9. Riciano Bastiaan 10. Willem Vorster 11. Delmar Benecke Kliek HIER vir die...

Lees Verder

o.9 Krieketfees @ Symmonds, 14 Feb

Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: O.9 A & B PLEK: SYMMONDSVELD Kampsbaai VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY DIE SKOOL: 16:30 SPORTDRAG: • Oranje hempie en Vlootblou kortbroek • Lang blou kouse met oranje streep en tekkies (Die blousokkies sal ook vir Hokkie gebruik word.) • JvR kriekethoed • Water en iets om te eet SLEGS SPELERS WAT OP DIE ONDERSTAANDE LYSTE VERSKYN SPEEL DINSDAG. Net hierdie leerders se ouers moet asb die vorm voltooi. 0.9 Blou 1. Sion Botha 2. Kent Chimukuyu 3. Damian Daniels 4. Dirk de Jager 5. Arjen Faling 6. Ben Louw 7. Noah Karusseit 8. Willem Viljoen 0.9 Groen 1. Luke Sieberhagen 2. Ruwa Christie 3. Peet Swart 4. Jacob Venter 5. Stef Nel 6. Karl von Lieres 7. Luc Zietsman 8. Sebastian Zietsman Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Tenniswedstryde: Table View-Liga, 15 Feb (WEG)

Table View-Liga: Seuns A (juf. Mardry Wright) WEG vs Parklands SPANNE: Seuns A 1. Andre Marais 2. Jan-Willem Silvis 3. Ben Esterhuyse 4. Francois Boshoff PLEK: 1 College Avenue, Sandown, Parklands, Hoërskool WEDSTRYDE BEGIN: 15:00 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Table View-Liga: Gemengde A (juf. Andri de Villiers ) WEG vs Van Riebeeckstrand SPANNE: Seuns A 1. Juan Cruywagen 2. Jake van der Walt 3. Stella Zulch 4. Anna Louw PLEK: Laerskool Van Riebeeckstrand WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie/ broek en oranje JVR wedstrydhempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Tenniswedstryde: Noord-Liga, 15 Feb (TUIS en WEG)

Noord-liga: Seuns A (juf. Marianne Conradie) TUIS vs Laerskool Brackenfell 1. Dawid-Wiese Viljoen 2. Adriaan Wessels 3. Johan Symington 4. Gustav van der Linde Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Seuns A-span PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 13:45 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Dogters A span (juf. Suné Swanepoel) TUIS vs WELGEMOED 1. Stella Lamprecht 2. Klara Maree 3. Jeanne van Heerden 4. Katia van Wyk Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Dogters A span PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 SPORTDRAG: • Blou skoolrompie en blou JVR Eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Noord-liga: Gemengde span (Juf Maricqe Coetzer) WEG vs SAFFIER 1. Pierre-Jacque Smit 2. John Gilmer 3. Stella Pansegrouw 4. Ane Swanepoel Die volgende geld vir bogenoemde wedstryde. Voltooi asb. die onderstaande vorm. SPANNE: Noord-liga: Gemengde Span PLEK: Laerskool Saffier VERTREKTYD: 14:15 WEDSTRYDE BEGIN: 15:15 TERUG BY SKOOL: 17:30 SPORTDRAG: • Blou kortbroek en blou JVR eeufees-hempie • Wit sokkies (NIE ‘secret socks’ NIE) • Tekkies • Skoolsweetpak (gemerk) Kliek HIER vir die...

Lees Verder

Nuwe elektronika vir Kodering en Robotika

Opgewondenheid gons in die Kodering en Robotikaklas! Ons het gister ‘n pakkie vanuit Nederland ontvang wat aan Laerskool Jan van Riebeeck deur Plumpot Academy met JP Potgieter as kontakpersoon geborg is. Die pakkie bevat eerste-in-sy-soort elektronika wat spesiaal vir ons skool ontwerp is. Die ontwerp gaan leerders help om die toepassingsvaardighede beter te verstaan. Die skool se wapen is selfs op elke PCB (Printed circuit boards) aangebring! Dit dra by tot ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die leerarea. Kodering en Robotika het vyf verskillende fokusareas en een van hulle is robotika. Elektronika vorm deel van hierdie toepassingsvaardighede. Elke graad het ‘n projek wat spesifiek op die KABV (kurrikulum) gebaseer is.   Ons is die eerste skool in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke hulpbronne gaan gebruik. Ons sien uit na die verdere ontwikkeling van hierdie leerarea onder leiding van juf. Suné...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Vanjaar poog ons ‘n groter fokus op Groei-ingesteldheid (‘Growth Mindset’). Al gewonder watter boodskappe jy jouself vertel indien sukses jou die heeltyd ontwyk? Mense met vaste groei-ingesteldheid glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee hulle “gebore is” en dat dit nie kan verander nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan uitbrei/ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal baasraak. Ons doel met groei-ingesteldheid is om ‘n skoolgemeenskap te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, uitleef. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word. Dus wil ek julle versoek om jou kind/ers onder jou wakende oog ‘n kans te gee om ‘n bietjie te waag en selfs te misluk terwyl hulle nog jonk is sodat die spreekwoordelike groei-ingesteldheid se ‘spiere’ kan oefen. Vertel vir jou kinders dat bekendes soos Albert Einstein, Walt Disney, Steve Jobs, Michael Jordan en Oprah Winfrey verskeie mislukkings ervaar het. Hulle het egter nooit tou opgegooi of weggestap van hul drome nie. ‘n Mens leer dikwels...

Lees Verder