Skrywer: Suzaan Burger

Karu Rademeyer presteer op kultuurgebied

Karu was die afgelope ruk by ‘n hele klompie kultuuraktiwiteite betrokke en vaar ongelooflik goed in elkeen wat sy aanpak. Hiermee ‘n bietjie terugvoer: Karu is onlangs in die Cape Town Children’s Choir ingesluit. Hulle oefen op Vrydaemiddae by die Bea Soleil Musiekskool. Sy het ook die wonderlike geleentheid om Vrydag en Saterdag deel te wees van Carmina Burana in die Kaapstadse Stadsaal. Sy geniet haar klarinet al hoe meer en is ook nou deel van die Kaapse Filharmoniese Orkes se ‘Academy Band’. Sy sê die standaard is hoog en die kinders speel al goed – sy moet lekker hard werk. Hul oefen op spesifieke Saterdaeoggende. Sy het verlede week gehoor dat sy suksesvol was met haar twee oudisies en is ingesluit in die rolverdeling van TOSCA wat in September by Kunstekaap op die planke gaan wees. Hulle begin Saterdag oefen en dan ook dwarsdeur die Junie-vakansie. Karu het verlede Saterdag in Worcester aan die Wes-Kaapse streeksfinaal van die Radikale Redenaars-kompetisie deelgeneem. Sy het die Afrikaanse poësie-afdeling en ook die Afrikaanse prosa-afdeling gewen en neem in Oktober in Gauteng aan die nasionale finaal deel. Baie geluk, Karu! Ons is so trots op...

Lees Verder

Nuwe skooldrag

Sien gerus die beskrywing en foto’s hier onder vir ‘n voorbeeld van die leerders se winterdrag (grondslagfase se foto’s sal binnekort gepubliseer word). Volg hierdie skakel vir die die kleredrag webblad op ons webtuiste.  Sweetpakke is in produksieproses.  Hierdie jaar mag leerders nog meer informele skooldrag dra a.g.v. infasering van skooldrag.  Vanaf 2024 sal korrekte skooldrag verpligtend vir almal wees. Grondslagfase (Gr. 1 – 3) Dogters Langmou wit en donkerblou hemp Sweetpak (top en broek) Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte) Seuns Langmou wit en donkerblou hemp Sweetpak (top en broek) Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte) Intermediêre en Senior fase (Gr. 4 – 7) Dogters Langmou wit en donkerblou hemp “Soft Shell” baadjie Geruite rompie / donkerblou rompie OF donkerblou langbroek Swart sykouse OF donkerblou lang sokkies met wit strepies Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete Seuns Langmou wit en donkerblou hemp “Soft Shell” baadjie Khaki langbroek OF donkerblou kortbroek Donkerblou lang sokkies met twee wit strepies Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF...

Lees Verder

Welwillendheidsprojekte terugvoer

Pantoffeldag-projek: Op Vrydag, 5 Mei 2023, het die leerders almal pantoffels gedra. Die skool het altesaam R3000,00 ingesamel. Die geld is ingesamel om bederfpakkies vir Ysterplaat se ouetehuis te maak. Die Graad 3’s het, tesame met Alive Foundation, die pakkies op 7 Junie gaan uitdeel. Dit het ‘n kombers, sokkies en sopbestanddele bevat. Die bejaardes was vreeslik dankbaar en trane van waardering was sigbaar. Twee van die leerders het hul gediggies op gesê en ‘n groot applous ontvang. Sop-in-‘n-fles-projek: Sopbestandele en flesse is hierdie kwartaal ingesamel. Van die sopflesse was deel van die bederfpakkie vir die ouetebuis. Die res van die sopflesse gaan ons vir Mandeladag aan Prestwich skool skenk. Ons wil ouers hartlik bedank vir al die glasbottels, sopprodukte en kontantbydraes. Dankie ook aan die ouers wat kom help pak het. Ons waardeer almal se bydrae en...

Lees Verder

Netbaluitslae: Liga wenners

Vrydag, 2 Junie  2023 B-liga uitslae:  Wen Zwaanswyk 30 – 0  Wen Reps 27 – 1 Wen Somerset House 21 – 2 JvR wen die pool en speel teen Fanie Theron in die semi-finaal. Ons wen 24 – 4 Saterdag, 3 Junie 2023 Wen Totius 12 – 8 Saterdag, 3 Junie, was dit JvR se 3de keer wat ons teen Totius te staan gekom het. Dit was ‘n taai wedstryd. Halftyd was die telling 5-4 vir JvR. In die tweede helfte het die Jannies met ‘n sterk 2de asem teruggekom en behoorlik vir Totius gewys wie die beste span is. Elke speler het meer as hulle beste gegee. Ons is ongelooflik trots op die dogters wat in die koue hierdie wedstryd gespeel het. ‘n Spesiale dank aan ons gereelde groep ondersteuners wat kliphard langs die baan geskree het. Dit is net ‘n voorreg om met so ‘n goep dogters te werk. Die wedstryd is vir altyd in my hart gegraveer. Juffrou Ischké...

Lees Verder

Eksamenwenke: Belonings

Hoe om belonings te gebruik / How to use rewards (deur Marike Badenhorst, LS JvR Opvoedkundige sielkundige) Dit is eksamen en is vir baie ouers en leerders ‘n senutergende tyd. Dikwels voel ouers hul kinders het net daai ekstra bietjie motivering nodig. Dit is nie verkeerd om jou kind te beloon nie, maar dit is belangrik hóé om dit doen. Hier is ‘n paar riglyne: Wees baie spesifiek en sorg dat kind presies weet hoe om dit te verdien / Be clear about rewards and how to earn them Wees spesifiek wanneer jy jou kind wil beloon. In plaas van “ jy kan langer televisie kyk” sê eerder “jy kan ‘n halfuur langer televisie kyk”. Maak ook seker dat jou kind presies weet wat hy/sy moet dóén. In plaas van “maak jou kamer aan die kant”, sê eerder“hang jou klere op, pak jou speelgoed weg en maak jou bed op.” Prys jou kind se GEDRAG / Praise BEHAVIOUR instead of traits Prys en gee erkennig aan jou kind se GEDRAG. Wanneer jou kind goed doen in ‘n vraestel, prys hom vir sy/ haar harde werk eerder as vir haar intelligensie/ hoe slim sy is. Wanneer jou kind begin glo dat hy ‘n toets deurgekom het omdat hy slim/ intelligent is, wat beteken dit dan wanneer jou kind swak presteer? Ook, deur gedrag te prys soos harde werk sal lei...

Lees Verder

Netbaluitslae: 25 Mei

Baie geluk aan die netbaldogters met hierdie puit uitslae: Vrydag, 25 Mei, B-liga uitspele 0.10 JvR vs Destinatus wen 12-2  JvR vs Rallim prep wen 11-2  JvR vs Milnerton wen 8-3  JvR vs Totius gelykop 5-5   0.11 JvR vs Vredekloof wen 7-1  JvR vs Blouberg Ridge wen 9-2  JvR vs Edgemead wen 9-2  JvR vs Totius wen 10-5  0.13 JvR vs Totius wen 9-7  JvR vs Edgemead wen 14-1  JvR vs Elkanah House wen 15-5 Vrydag, 25 Mei, Stellenbosch Sportdag 0.10B JvR vs Stellies verloor 2-12  JvR vs Kenridge wen 6-3  JvR vs Lochnerhof verloor 3-10 0.11C JvR vs Stellies wen 6-5 JvR vs Kenridge wen 3-1 0.11B  JvR vs Stellies verloor 2-6 JvR vs Kenridge wen 2-1 0.12A JvR vs Stellies C wen 20-5 JvR vs Kenridge C wen 13-4 0.12B JvR vs Lochnerhof D wen 20-6 JvR vs Stellie wen 22 -3  0.13B JvR vs Lochnerhof wen 19-5 JvR vs Kenridge wen 9-7 JvR vs Stellie verloor 8-13 0.13C   JvR vs Stellies verloor 5-12 JvR vs Kenridge verloor 3-8 JvR vs Durbanville verloor...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Mei-maand, ‘n baie besige maand by ons trotse skool het skielik die trekpas gekry met Junie wat so stilletjies haar opwagting gemaak het. Junie-maand bring ook die koue en nat weer soos die seisoene draai en ons is so dankbaar vir die wonderlike reën wat die afgelope tyd wyd verspreid oor ons land val. Saterdagaand, 27 Mei, het ons jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese Pienk Dame, naamlik die Mt. Nelson Hotel plaasgevind. Al die kaartjies was vir die glans- en fondsinsamelingsgeleentheid uitverkoop. Die gaste was elegant en deftig vir die spesiale geleentheid getooi. MC du Toit, een van ons ouers, het soos in die verlede as afslaer opgetree. Hy het die 41 lotte binne ‘n kort tydjie verkoop en nie eens die Stormers se misrabele vertoning teen Munster kon sy en die gaste se geesdrif demp nie. Dit is dan my eer en voorreg om bekend te maak dat daar tydens die veiling ‘n enorme R1,25m ingesamel is. Dit het al ons verwagtinge oortref, veral met die huidige ekonomiese toestande in ag geneem. Graag wil ek ook die geleentheid gebruik om al ons gaste en veral ons ouers wat op die aand ‘n finansiële bydrae gemaak het, hartlik te bedank vir hul finansiële hulp om LS Jan van Riebeeck na nog hoër hoogtes te neem. Daar is darem nie net ‘n spogveiling gehou nie, maar ook lekker saam gekuier...

Lees Verder

Kopluise

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.  Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is. Wenke: Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop. Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop ‘n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak. Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe. Dit help ook om ‘n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam. Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly...

Lees Verder

Redenaarsuitslae: ATKV-semifinale uitdunronde 2023

Baie geluk aan die volgende sprekers wat ‘n posisie in die top tien tydens die semifinale uitdunronde van ATKV-redenaars behaal het: Jacques du Toit: 4de plek Pieter Rademeyer: 8ste plek Ons wil ook vir Emma Snijders, Karu Rademeyer en Sabine Barnard wat deelgeneem het, gelukwens. Julle het ons skool se naam hoog gehou en ons baie trots...

Lees Verder

Eerbiedig asb. aflaaisones

Hiermee ‘n vriendelike versoek dat ons ouers/voogde en au pairs asseblief vir ons sal help om die gemerkte aflaaisones (drop & go) agter by die skool te eerbiedig. Ons het geglo dat die nuwe padverflyne en afgebakende parkeerareas die vloei van verkeer sou vergemaklik, maar dit kan net werk as almal hul samewerking in die verband gee en mekaar respekteer. By voorbaat dankie Naas Beets...

Lees Verder

Dramatye tydens eksamen

Maandag Gr. 1 – 3 – 13:30 – 14:30 Gr. 4 – 7 val weg Woensdag Gr. 1 – 3 – 13:00 – 14:00 Gr. 4 – 7 – 1400 – 15:00 Vrydag Gr. 1 – 3 val weg Gr. 4 – 7 – 13:15 – 14:15 Die maats wat gewoonlik op ‘n dag drama sou hê waar die tyd nou wegval, kan op enige ander dag inval. Vrydae het net gr. 4 – 7 ‘n dramaklas, want hulle skryf eksamen en dit is omtrent die enigste dag wat hulle kan kom. Almal kom vroeg uit tydens die eksamen en as gr. 4 – 7 tot 14:00 vir hul klas moet wag, raak dit ‘n bietjie lank. Ek hoop almal verstaan. Sterkte met die...

Lees Verder

Eksamenvraestelwenke: DETER-toets

Marike Badenhorst (skoolsielkundige) het hierdie week vinnig by die graad 7-klasse kom inloer en hierdie waardevolle inligting met hulle gedeel sodat hulle hul vraestelle op die regte manier kan aanpak. Ons deel graag hierdie wenke met almal (kliek HIER om die PDF-weergawe af te laai). Voorwaar iets om te hou wat leerders tot matriek kan gebruik. Sterkte met al die eksamen-/assesseringvoorbereiding. Onthou: ons kinders voel ons as ouers se angs en spanning aan en reageer dan daarop. Benader die eksamen as ‘n gewone...

Lees Verder

Netbaluitslae: 20 – 22 Mei

Hiermee die netbaluitslae van die afgelope week: Driehoekige byeenkoms Goudini – 20 Mei 0.7A verloor 4-6(FDC) verloor 0-1 (Goudini) 0.8A wen 7-3 (FDC) wen 5-4 (Goudini) 0.9A verloor 3-6 (FDC) wen 6-3 (Goudini) 0.10A wen 11-2 (FDC) wen 9-8 (Goudini) 0.11A wen 10-5 (FDC) wen 12-5 (Goudini) 0.12A wen 24-3 (FDC) wen 26-4 (Goudini) 0.13A wen 39-4 (FDC) wen 36-7 (Goudini) JVR vs Parrow Oos – 22 Mei 0.7A verloor 0-6 0.7B gelykop 0-0 0.8B verloor 2-4 0.8C verloor 0-10 0.9A verloor 0-7 0.9B wen 7-2 0.10A wen 8-4 0.10B wen 12-5 0.11A wen 21-2 0.11B verloor 3-4 0.12A verloor 7-8 0.12B wen 9-4 0.13A  wen 34-7 0.13B wen 19-2 Baie geluk ook aan Emma van Biljon en Cara Stoltz wat WP-netbal gekry het! Emma – 0.13 Doves span Cara – 0.11 Dolphins...

Lees Verder

Drama-tye vir volgende week

Volgende week: Maandag: Gr. 1-3 – 14:00 – 15:00 Gr. 4-7 – 15:00 – 16:00 Woensdag: Gr. 1-3 – 13:10 – 14:00 Gr. 4-7 – 14:00 – 15:00 Vrydag: Gr. 1-3 – 13:00 – 14:00 Gr. 4-7 – 14:00 – 15:00 Tye tydens eksamen sal in volgende Vrydag se nuusbrief...

Lees Verder

Junie-eksamen 2023: Logistiek en Organisasie

Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023 Donderdag, 1 Junie – Gr. 7’s begin met eksamen. Skryf in hul registerklasse vanaf 07:45 – 10:10 asook 10:30 – 12:25 (Wiskunde x 2 vraestelle). Res van die skool ruil normaal. Vrydag, 2 Junie – Gr. 7’s skryf eksamen 07:45-10:10 in hul registerklasse. Res van die skool ruil normaal. Maandag, 5 Junie – Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7) Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse. Skryfsessie: 07:45 – 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd) *’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 – 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag. Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld. Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie. Sportoefeninge gedurende skooltyd: Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word. Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die wintersportprogram vir kwartaal 2 begin so stadig maar seker einde se kant toe staan met ‘n besige sportprogram agter die rug. Verlede naweek het ons o.7 – o.13 netbal- en rugbyspanne aan die jaarlikse driehoekige wintersportdag by Hoërskool Goudini te Rawsonville deelgeneem. Dit was ‘n prentjiemooi, sonnige herfsdag en ons is heerlik met plattelandse gasvryheid bederf. Ons spanne het weereens puik gevaar en waar ons tradisioneel jaar in en jaar uit redelik swaar teen veral Laerskool F.D. Conradie getrek het, het ons vanjaar die spreekwoordelike bordjies behoorlik verhang. Ek is besonders trots op ons spelers en afrigters se onberispelike gedrag op en af van die veld en baie dankbaar vir ouers wat ons so getrou ondersteun. Ek glo dat elke gesin nou na afloop van al die baie wedstryde en toernooie kan begin asem skep en ook in die proses gereedmaak vir die eksamen en assesserings wat voorlê. Sportoefeninge eindig volgende week, maar ons beplan om weer sportoefeninge gedurende skooltyd net na afloop van die eksamens/assesserings te hê om seker te maak ons leerders bly fiks en gereed vir kwartaal 3 se sport wat voorlê. Ek glo julle het al opgelet dat ons sportpersoneel die afgelope jaar soveel meer tyd aan sport spandeer het. Die resultate spreek vanself. Ongelukkig het ons skool nie ‘n eenvormige sportdrag vir die afrigters soos wat ander skole se afrigters tydens westryde en...

Lees Verder