Skrywer: Suzaan Burger

Muntlegging-uitslae

Na ‘n wonderlike spanpoging het die Graad 1 tot 7 ‘n allemintige bedrag van R11 231 ingesamel om die woorde WEES en USELF te koop in die WAT. Buiten hierdie twee woorde wat nou aan ons skool behoort, sluit dit ook die volgende in: – Ons staan ‘n kans om R25 000 te wen in ‘n prystrekking op 23 Maart -Ons ontvang ‘n sertifikaat met ons naam en die woorde wat ons gekoop het. – Ons het nou 5 jaar gratis toegang tot die aanlyn WAT. Ons waardeer alle ouers se ondersteuning en bydrae vir hierdie...

Lees Verder

Uitreik

Baie dankie aan elke ouer en Jannie wat hul harte en hul beursies oopgemaak het, om by te dra tot ons Fallen Angels uitreikprojek. Jul skenkings van hondekos het ‘n klomp honde se harte en magies baie bly...

Lees Verder

Speelterrein

Die Vierkant gaan eersdaags met ’n nuwe klim- en swaai area, sintetiese gras en interaktiewe spelborde spog – alles om ons kinders aan te moedig om pouses aktief te verkeer en ’n blaaskans te neem van ’n lang dag agter die boeke. Dit vorm deel van die verdeling en opgradering van die speelgronde, en die huidige netbalbaan sal geensins ingeperk word nie. Dit is ons doelwit om ’n geïntegreerde speelgrondplan saam te stel om te verseker dat die beskikbare ruimtes op ’n kreatiewe en optimale manier benut word. Weens die omvang van die projek sal dit in fases geïmplementeer word. Kontak ons gerus indien u enige voorstelle, navrae of bydrae kan lewer. Terreinkomitee. ( Cari Mouton-sameroeper, Lucia de Jager, Marianna Oosthuizen en Maja Marx )...

Lees Verder

Middag Jannies Hemde

Ons is baie trots op ons Middag Jannies T-hemde en wil graag vra dat Nasorg-leerlinge probeer om ‘n hemp te bestel. Kostes beloop R120 per hemp. Dit kan Dinsdae by Nasorg gedra word. Stuur ‘n e-pos aan nasorg@jvrprim.co.za of kom na die Nasorgsentrum toe om ‘n bestelling te plaas. Daar is hemde by Nasorg wat aangepas kan word om groottes te...

Lees Verder

Skaakuitslae van die naweek

Agt van ons leerders het deelgeneem aan die WP skole geslote proewe vir die spanne van die sentraal distrik. Die top 10 spelers in elke ouderdoms-groep ontvang hul WP-kleure en neem vervolgens deel aan die provinsiale Wes-Kaap Skole proewe teen Overberg, Winelands, Weskus en Eden. Die volgende Jannies ontvang hul WP kleure: * Petrus Bosman – seuns o/9 * Carla Snijders – dogters o/11 * Jan Karsen – seuns o/11 * Peet Karsten – seuns o/13 * Gerard Snijders – seuns o/13 Peet het met 5/6 3de geëindig en ‘n brons medaljie ontvang. Petrus het met 4/5 2de geëindig en ‘n silwer medalje ontvang. Baie geluk julle, ons is sommer baie trots op...

Lees Verder

JvR Hoërskoolnuus

Gerhard Joubert (graad 11) neem hierdie week deel aan die Hennie Joubert-klavierkompetisie en Internasionale Klaviersimposium wat 12 – 18 Maart in Stellenbosch aangebied word. Beide hierdie geleenthede word slegs elke twee jaar tegelykertyd aangebied en is van die toonaangewendste gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse klassieke musieklewe. Hy is een van net nege leerders wat gekies is om aan die kompetisie deel te neem en het deurgedring na die finaal wat Vrydagaand plaasvind. Hoërskool Jan van Riebeeck is goed verteenwoordig by hierdie jaar se Cape Town Cycle Challenge wat op 11 Maart gehou is. Onderstaande leerders en onderwyser het almal die wedren voltooi. Die name wat donkerder vertoon is almal oud-Laerskool JvR-leerders. Voor: Sebastian du Bois (graad 11), Armand Visagie (graad 10), Daniël Grobbelaar (graad 8), Kristi Lategan (graad 11) en Jos de Wet (graad 11). Agter: Mnr Charl Neethling (met ‘n tyd van 03:05), De Wet Marais (graad 10) en Francois Joubert (graad...

Lees Verder

Nuusbrief van 9 Maart 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping Donderdag, 8 Maart 2018 Verkiesing: Nuwe BR-Lede Vrydag, 9 Maart 2018 Boekverkoping Vrydag, 9 Maart 2018 Marike Badenhorst (sielkundige) verjaar Dinsdag, 13 Maart 2018 Hoërskool JvR:BR Verkiesing (Personeelkamer) Woensdag, 14 Maart 2018 Gr.7 Kamp Vrydag, 16 Maart 2018 Gr.7’s keer terug Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life Dinsdag, 20 Maart 2018 Saal: Leerlingraad Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie (18:00 – 21:30) Dinsdag, 20 Maart 2018 OOV Sosiaal Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag (geen skool) Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert (om 08:15 in skoolsaal) Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert (om 08:15 in skoolsaal) Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. Skool sluit 13:00 (Vierkant) Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Maart 2018 Skrywersbesoek: Jaco Jacobs Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30 >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Insident op Maandag 5 Maart Op Maandag 5 Maart, het ‘n persoon toegang tot ons skoolterrein en geboue gekry wat nie toestemming gehad het nie. Dit was tussen 06:30 en 06:45. Hy het vermoedelik eers by ‘n motor, wat parkeer was op die terrein van die woonstel langs ons skool, ingebreek en toe oor die draad langs...

Lees Verder

Beheerraadsverkiesing

Baie dankie aan al die ouers wat die beheerraadsverkiesing bygewoon het om vir die nuwe beheerraad te stem.Ons moes 80 wees vir ‘n kworum en hier was 174 ouers ! Die beheerraad is as volg: Kees Snijders, Cobus Loubser, Izelle Venter, Merwe Scholtz en LJ le Roux. Baie geluk en baie dankie dat julle bereid is om vir die volgende drie jaar die skool te help bestuur...

Lees Verder

Tennisseisoen 2018

Uitslae: Al die spanne wat hierdie week gespeel het, het gewen! Baie geluk aan die A-seunsspan en die A- & C Gemengdespanne. Ons is trots op julle! Daar is volgende week nog net een wedstryd oor vir die Gemengde C-span en dan is ons klaar vir die kwartaal. Tennisnuus:(Slegs van toepassing op Gr.4-7 spelers) Baie dankie aan alle spelers wat hierdie seisoen baie goeie tennis gespeel het en ook ‘n spesiale dankie aan die ouers wat so getrou kom ondersteun het. Daar is nog net een wedstryd oor die kwartaal. Die volgende wedstryde en oefening sal in die vierde kwartaal plaasvind. Aangesien die kinders deesdae tennis baie geniet en baie goed doen, wil ons nie heeltemal stop nie. Daar sal binnekort ‘n finale ranglys opgesit word voor juffrou Klynsmith se klas vir spelers wat kwalifiseer om in die spanne te speel. Hierdie leerders kan deur die loop van die Tweede Kwartaal mekaar uitdaag. Dit werk as volg: • Indien daar bv. 13 dogters op die lys is en nommer 8 wil iemand daag, moet sy eers vir nommer 7 wen voor sy kan op gaan om nommer 6 en hoër te daag. • Voor die daagwedstryd plaasvind, moet die speler wat wil daag, eers ‘n vorm by juffrou Klynsmith kry en dan na afloop van die wedstryd moet die vorm weer ingehandig word. • Indien die vorm nie ingehandig...

Lees Verder

Liewe Aarde Nuus van 9 Maart

Baie geluk aan Zuletha Fereirra in Graad 2 wat ons Jannie van die week is. Dankie dat julle deurlopend so getrou herwin. Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchios. Liewe Aarde hou ‘n ECO-BRICK kompetisie. Die klas wat die meeste eco-bricks op 25 April skool toe bring, wen. Kry solank ‘n 2 liter koeldrankbottel en begin jou bottel opvul.Maak seker jy doen dit korrek – lees instruksies sorgvuldig. Vir meer inligting oor eco-bricks gaan gerus na die volgende webblaaie:...

Lees Verder

Klerebanknuus

Addisionele voorraad het gearriveer: Senior rugsakke, Sportsakke, drie-vakkies potloodsakkies, Groter groottes netbalskorts, Golf T-hemde, graad 7-trui (groottes 32 en 36) sowel as knipdasse. Beperkte voorraad word aangehou in die klerebank. Onthou daarom asseblief om wintersklere teen einde Maart te bestel, veral nuwe leerlinge! Let wel dat die klerebank nou uit ‘n nuwe bankrekening bestuur word, vanaf Maart 2018. Nuwe Klerebankrekening vir EFT betalings is as volg: Begunstigde: Treadle Bank FNB RekNr: 627 34 75 33 55 Takkode: 250 655 Verwysing: Naam en Kwitansienommer -soos per e-pos verskaf Groete Eda Naude 082 499...

Lees Verder

Fallen Angels

Die Graad 7’s gaan 8 Maart na die hondeskuiling buite Kaapstad. Die skuiling versorg baie honde en het groot hoeveelhede kos nodig. Hulle gebruik sowat 160kg kos per dag om al die magies vol te kry. Dit sal baie gaaf wees as ons vir hulle enige hondekos kan skenk om uit te help. Skenkings kan by juf. Schultz se klas afgelewer word voor 8 Maart. Baie...

Lees Verder

Nuusbrief van 2 Maart 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 2 Maart 2018 Munt-en-nootlegging Saterdag, 3 Maart 2018 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms Saterdag, 3 Maart 2018 Eliam Kaunda (terrein) verjaar Dinsdag, 6 Maart 2018 Hoërskool JvR: Opedag Dinsdag, 6 Maart 2018 Gr.6-7:Redenaarskompetisie Woensdag, 7 Maart 2018 Skrywersbesoek Woensdag, 7 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7H Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping Vrydag. 9 Maart 2018 Boekverkoping DONDERDAG, 8 MAART 2018 VERKIESING: NUWE BR-LEDE Vrydag, 9 Maart 2018 Marike Badenhorst (sielkundige) verjaar Dinsdag, 13 Maart 2018 Hoërskool JvR:BR Verkiesing (Personeelkamer) Woensdag, 14 Maart 2018 Gr.7 Kamp Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life Dinsdag, 20 Maart 2018 Saal: Leerlingraad Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. Skool sluit 13:00 (Vierkant) Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 Maart 2018 Skrywersbesoek: Jaco Jacobs Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30 >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Hoërskoolnuus Uitnodiging na ons Opedag. Hoërskool Jan van Riebeeck het die nuwe Rotary Debating-seisoen op ‘n groot noot afgeskop. Nie net het ons junior span vir Bishops geklop nie, maar Louis Jordaan (links op foto) is aangewys as beste junior...

Lees Verder

WOONSTEL IN VREDEHOEK TE HUUR

‘n Ruim eenslaapkamer woonstel in Vredehoek met een motorhuis is vanaf 1 April 2018 te huur teen R10 100,00 per maand. Vir enige navrae, kontak vir Willem by: 072 424 7169.

Lees Verder

O/13 krieket teen Seepunt

Die O/13 krieketspan het Donderdag teen LS Seepunt(LSS) meegeding op Hoërskool JvR se velde. LSS het eers 16:00 se kant opgedaag wat daartoe gelei het dat ons die kolfwerk open en ons slegs ‘n 15 boulbeurtwedstryd speel. JvR het die kolf geneem en het ‘n totaal van 144 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte met die verlies van twee paaltjies. Baie geluk aan Peet Karsten (47 lopies); Joshua Ellis (44 lopies) en Christian Stimie (23 lopies). JvR neem toe die veld oor en LSS kon slegs 30 lopies aanteken in die 15 boulbeurte teen die verlies van 7 paaltjies. JvR wen dus die wedstryd met 114 lopies. Wel gedaan...

Lees Verder

Fotodag fotobestellings

Alle leerders het ‘n koevert met ‘n voorbeeld van hul foto ontvang. Bestel asb. voor of op 9 Maart deur die koevert met die korrekte bedrag terug skool toe te stuur. Indien jy nie wil bestel nie, stuur asb. die koevert met die voorbeeldfoto steeds aangeheg terug skool toe. Moet asb. nie die koevert verloor nie. Indien jy wel die koevert verloor, gaan na die fotograaf se webtuiste om die kode van die foto te kry waarmee jy dan die foto kan bestel: www.lunchboxphotography.co.za Die foto’s sal more op haar webtuiste...

Lees Verder

Tennisuitslae van 2 Feb

Baie geluk aan die A-seunsspan wat hierdie week vir Blouberg Ridge Primary gewen het en ook die A-gemengdespan wat vir Monte Vista gewen het. Die B-gemengdespan het baie goeie tennis gespeel en die C-gemengdespan se wedstryd is ongelukkig gekanselleer. Sterkte met volgende week se...

Lees Verder

Hoërskoolnuus

Vind asseblief onderaan die uitnodiging na ons Opedag. Hoërskool Jan van Riebeeck het die nuwe Rotary Debating-seisoen op ‘n groot noot afgeskop. Nie net het ons junior span vir Bishops geklop nie, maar Louis Jordaan (links op foto) is aangewys as beste junior spreker en Theodore Pauw (regs )stap weg as beste senior spreker van die dag. Beide hierdie leerders is oudleerders van Laerskool Jan van Riebeeck! Ons atlete is steeds besig om deel te neem en te presteer. Twaalf van ons skool se bestes gaan eerskomende naweek aan die WP-kampioenskappe by die Belville stadion deelneem. Leerders wat daar presteer sal WP-kleure ontvang. Uitnodiging opedag...

Lees Verder