Alle leerders het ‘n koevert met ‘n voorbeeld van hul foto ontvang. Bestel asb. voor of op 9 Maart deur die koevert met die korrekte bedrag terug skool toe te stuur. Indien jy nie wil bestel nie, stuur asb. die koevert met die voorbeeldfoto steeds aangeheg terug skool toe.
Moet asb. nie die koevert verloor nie. Indien jy wel die koevert verloor, gaan na die fotograaf se webtuiste om die kode van die foto te kry waarmee jy dan die foto kan bestel: www.lunchboxphotography.co.za Die foto’s sal more op haar webtuiste verskyn.