Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping

Donderdag, 8 Maart 2018 Verkiesing: Nuwe BR-Lede

Vrydag, 9 Maart 2018 Boekverkoping

Vrydag, 9 Maart 2018 Marike Badenhorst (sielkundige) verjaar

Dinsdag, 13 Maart 2018 Hoërskool JvR:BR Verkiesing (Personeelkamer)

Woensdag, 14 Maart 2018 Gr.7 Kamp

Vrydag, 16 Maart 2018 Gr.7’s keer terug

Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers

Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life

Dinsdag, 20 Maart 2018 Saal: Leerlingraad

Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie (18:00 – 21:30)

Dinsdag, 20 Maart 2018 OOV Sosiaal

Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K

Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag (geen skool)

Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies

Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert (om 08:15 in skoolsaal)

Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert (om 08:15 in skoolsaal)

Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. Skool sluit 13:00 (Vierkant)

Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Maart 2018 Skrywersbesoek: Jaco Jacobs

Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Insident op Maandag 5 Maart

Op Maandag 5 Maart, het ‘n persoon toegang tot ons skoolterrein en geboue gekry wat nie toestemming gehad het nie. Dit was tussen 06:30 en 06:45. Hy het vermoedelik eers by ‘n motor, wat parkeer was op die terrein van die woonstel langs ons skool, ingebreek en toe oor die draad langs die saal, na ons kant oorgespring. Hy het toe by juffrou Andri Baird se klas ingegaan en haar beursie gegryp. Toe sy wou keer, het hy haar op die vloer gegooi. Sy het alarm gemaak en gelukkig was van die manspersoneel naby en het haar te hulp gesnel voordat hy haar kon seermaak. Die mans het hom toe baie vinnig vasgetrek, ons het die polisie ontbied en hulle was binne 4 minute op die toneel en het die persoon gearresteer. Hannes en sy span het intussen die draad meer beveilig en ons sekuriteit is opgeskerp. Ons het ook met die GP en OK (City Improvement District) ‘n gesprek gehad en hulle sal meer gereeld die paaie rondom die skool patrolleer.

Baie dankie aan al die ouers wat die beheerraadsverkiesing bygewoon het om vir die nuwe beheerraad te stem.Ons moes 80 wees vir ‘n kworum en hier was 174 ouers !

Die beheerraad is as volg:

Kees Snijders, Cobus Loubser, Izelle Venter, Merwe Scholtz en LJ le Roux.

Baie geluk en baie dankie dat julle bereid is om vir die volgende drie jaar die skool te help bestuur!

JvR Hoërskoolnuus (prestasies van ons oud-leerders )

Laerskool Jan van Riebeeck is goed verteenwoordig by die hoërskool se Opedag wat op 6 Maart gehou is! Onthou, registrasie vir 2019 sluit reeds op 23 Maart!

Daniël Wiese (middel) en Eden Hoefer (regs) van Hoërskool Jan van Riebeeck is ingesluit in die WP-Tweekampspan wat op 31 Maart 2018 aan die Nasionale-byeenkoms in Pretoria gaan deelneem. Skye du Pontes (links)is as reserwe gekies.

Paaseiers

Soos in die verlede gaan ons weer paaseiers insamel vir die minder-bevoorregtes. Leerders kan hulle bydraes by die kantoor inhandig tot en met die 19de Maart.

ALGEMEEN

Uitreikprojek: Fallen Angels

Die Graad 7’s gaan 8 Maart na die hondeskuiling buite Kaapstad. Die skuiling versorg baie honde en het groot hoeveelhede kos nodig. Hulle gebruik sowat 160kg kos per dag om al die magies vol te kry. Dit sal baie gaaf wees as ons vir hulle enige hondekos kan skenk om uit te help.

Skenkings kan by juf. Schultz se klas afgelewer word voor 8 Maart. Baie dankie.

Addisionele voorraad het gearriveer:

Senior rugsakke, Sportsakke, drie-vakkies potloodsakkies, Groter groottes netbalskorts, Golf T-hemde, graad 7-trui (groottes 32 en 36) sowel as knipdasse.

Beperkte voorraad word aangehou in die klerebank. Onthou daarom asseblief om wintersklere teen einde Maart te bestel, veral nuwe leerlinge!

Let wel dat die klerebank nou uit ‘n nuwe bankrekening bestuur word, vanaf Maart 2018.

Nuwe Klerebankrekening vir EFT betalings is as volg:

Begunstigde: Treadle Bank

FNB RekNr: 627 34 75 33 55

Takkode: 250 655 Verwysing:

Naam en Kwitansienommer -soos per e-pos verskaf

Gaan ook na ons webtuiste om na die nuutste pryslys te kyk:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/klerebank/

Groete Eda Naude 082 499 4921

Baie geluk aan Zuletha Fereirra in Graad 2 wat ons Jannie van die week is. Dankie dat julle deurlopend so getrou herwin. Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchios. Liewe Aarde hou ‘n ECO-BRICK kompetisie. Die klas wat die meeste eco-bricks op 25 April skool toe bring, wen. Kry solank ‘n 2 liter koeldrankbottel en begin jou bottel opvul.Maak seker jy doen dit korrek – lees instruksies sorgvuldig.

Vir meer inligting oor eco-bricks gaan gerus na die volgende webblaaie:

https://ecobrickexchange.org/views/home.phphttps://www.aquarium.co.za/blog/entry/how-to-make-ecobricks-reducing-waste-at-home

Vakansiesorg is beskikbaar vanaf 3 tot 9 April. Vul asb. die vorm in as julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie nasorg toe. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees.



Aansoek-en vrywaringsvorms:

https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/03/Vakansiesorg-aansoek-en-vrywaring-April-2018.pdf

AKADEMIE

Indien u belangstel om ‘n Chromebook vir u kind aan te koop of enige vrae het, kan u vir mnr. Hanekom by leon@jvrprim.co.za laat weet.

Die volgende bestelling word op 23 Maart geplaas. Geen bestellings sal daarna aanvaar word nie.

---

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende musiekleerders wat op die Ererol van Unisa verskyn vir hulle besondere prestasies in musiekeksamens: (90% + )

Teia Louw: Voor-Graad 1

Anna van Biljon: Voor-Graad 1

Linden Murray: Voor-Graad 1

Gabriel Smuts: Graad 1

Nicholas de Jong: Graad 1

Ons is baie trots op julle!

Baie geluk aan die graad 6 en 7-redenaardeelnemers wat in April aan die ATKV se eerste rondte sal deelneem:

Annabel de Jager

Henri Malan

Liezel Snijders

Mari Swanepoel

Anna van Biljon (reserwe)

SPORT

Neem asb. kennis dat alle Somersport hierdie week tot ‘n einde kom.

Baie dankie vir almal se ondersteuning en bydraes tydens die eerste kwartaal. Dit was ‘n moelike eerste kwartaal, veral vir die krieket weens die droogte. Baie min wedstryde is gespeel en ons hoop dat dit na die reënseisoen sal verbeter, in die vierde kwartaal.

Vanaf volgende week sal ons begin met die Winterprogram.

Sportrooster (12-23 Maart)

Alexander en Danny Newton het Saterdag deelgeneem aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in Oudtshoorn. Dit is reeds ‘n puik prestasie om tot by die byeenkoms te vorder. Alexander het pragtig gespring, maar ongelukkig op 1.45m uitgeval. Hy het algeheel 5de geeïndig.

Danny het deurgedring na die 70m Hekkies finaal en algeheel 6de geeïndig. Hy het ook aan die hoogspring deelgeneem. Met ‘n hoogte van 1.25m het Danny 3de geeïndig en is opgeneem in die Wes-Kaapspan. Dit is ‘n ongelooflike prestasie. Hy neem deel aan die SA-byeenkoms die 17de Maart in die Paarl. Ons wens vir hom alle sterkte toe.

Sophia Liebenberg is gekies vir die WP-Tweekampspan wat op 30 Maart in Pretoria sal deelneem aan die SA-byeenkoms.

Slegs 5 leerders, seuns en dogters, per ouderdomsgroep, word vir die span gekies. Dit is ‘n uitstekende prestasie en ons is baie trots op haar. Ons hou vir haar duimvas!

Uitslae:

Al die spanne wat hierdie week gespeel het, het gewen! Baie geluk aan die A-seunsspan en die A- & C Gemengdespanne. Ons is trots op julle! Daar is volgende week nog net een wedstryd oor vir die Gemengde C-span en dan is ons klaar vir die kwartaal.



Tennisnuus:(Slegs van toepassing op Gr.4-7 spelers)

Baie dankie aan alle spelers wat hierdie seisoen baie goeie tennis gespeel het en ook ‘n spesiale dankie aan die ouers wat so getrou kom ondersteun het.

Daar is nog net een wedstryd oor die kwartaal. Die volgende wedstryde en oefening sal in die vierde kwartaal plaasvind.

Aangesien die kinders deesdae tennis baie geniet en baie goed doen, wil ons nie heeltemal stop nie. Daar sal binnekort ‘n finale ranglys opgesit word voor juffrou Klynsmith se klas vir spelers wat kwalifiseer om in die spanne te speel. Hierdie leerders kan deur die loop van die Tweede Kwartaal mekaar uitdaag.

Dit werk as volg:

• Indien daar bv. 13 dogters op die lys is en nommer 8 wil iemand daag, moet sy eers vir nommer 7 wen voor sy kan op gaan om nommer 6 en hoër te daag.

• Voor die daagwedstryd plaasvind, moet die speler wat wil daag, eers ‘n vorm by juffrou Klynsmith kry en dan na afloop van die wedstryd moet die vorm weer ingehandig word.

• Indien die vorm nie ingehandig word nie, kan die veranderinge nie aangebring word op die ranglys nie.

• BEIDE SPELERS MOET DIE VORM NA AFLOOP VAN DIE WEDSTRYD TEKEN.

• Spelers speel een stel (een wat eerste 6 het wen) en moet op hulle eie tyd die wedstryd reël.

• Indien daar spelers is wat NIE op die ranglys is nie, maar ook wil daag, gaan hulle by die onderste speler moet begin.

Ons het dit dan ook goed gedink om vriendskaplike rondomtalies te hou in die tweede en derde kwartaal. Datums sal deurgegee word. Hierdie gaan nie verpligtend wees nie, maar slegs vir spelers om blootstelling en ekstra oefening te kry.

Vir enige verdere navrae is u welkom om vir Marli Klynsmith te kontak by marli.k@jvrprim.co.za of die Sportkantoor by sport@jvrprim.co.za

Tennisprestasie

Die afgelope naweek het Fredrich Erasmus in graad 4, deelgeneem aan die Boland Wilson Junior Slam Tennisreeks in die Paarl. Daar het 27 Seuns deelgeneem in die 0/10A groep. Na ‘n lang, warm harde dag het hy 5de geëindig. Mooi so, Fredrich!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

You are in integrity when the life you are living on the outside matches who you are on the inside.

– Alan Cohen

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209