Na ‘n wonderlike spanpoging het die Graad 1 tot 7 ‘n allemintige bedrag van R11 231 ingesamel om die woorde WEES en USELF te koop in die WAT.
Buiten hierdie twee woorde wat nou aan ons skool behoort, sluit dit ook die volgende in:
– Ons staan ‘n kans om R25 000 te wen in ‘n prystrekking op 23 Maart
-Ons ontvang ‘n sertifikaat met ons naam en die woorde wat ons gekoop het.
– Ons het nou 5 jaar gratis toegang tot die aanlyn WAT.
Ons waardeer alle ouers se ondersteuning en bydrae vir hierdie groepsprojek.