Die Vierkant gaan eersdaags met ’n nuwe klim- en swaai area, sintetiese gras en interaktiewe spelborde spog – alles om ons kinders aan te moedig om pouses aktief te verkeer en ’n blaaskans te neem van ’n lang dag agter die boeke.
Dit vorm deel van die verdeling en opgradering van die speelgronde, en die huidige netbalbaan sal geensins ingeperk word nie.
Dit is ons doelwit om ’n geïntegreerde speelgrondplan saam te stel om te verseker dat die beskikbare ruimtes op ’n kreatiewe en optimale manier benut word.
Weens die omvang van die projek sal dit in fases geïmplementeer word. Kontak ons gerus indien u enige voorstelle, navrae of bydrae kan lewer.

Terreinkomitee. ( Cari Mouton-sameroeper, Lucia de Jager, Marianna Oosthuizen en Maja Marx )