Uitslae:
Al die spanne wat hierdie week gespeel het, het gewen! Baie geluk aan die A-seunsspan en die A- & C Gemengdespanne. Ons is trots op julle! Daar is volgende week nog net een wedstryd oor vir die Gemengde C-span en dan is ons klaar vir die kwartaal.
Tennisnuus:(Slegs van toepassing op Gr.4-7 spelers)
Baie dankie aan alle spelers wat hierdie seisoen baie goeie tennis gespeel het en ook ‘n spesiale dankie aan die ouers wat so getrou kom ondersteun het.
Daar is nog net een wedstryd oor die kwartaal. Die volgende wedstryde en oefening sal in die vierde kwartaal plaasvind.
Aangesien die kinders deesdae tennis baie geniet en baie goed doen, wil ons nie heeltemal stop nie. Daar sal binnekort ‘n finale ranglys opgesit word voor juffrou Klynsmith se klas vir spelers wat kwalifiseer om in die spanne te speel. Hierdie leerders kan deur die loop van die Tweede Kwartaal mekaar uitdaag. Dit werk as volg:
• Indien daar bv. 13 dogters op die lys is en nommer 8 wil iemand daag, moet sy eers vir nommer 7 wen voor sy kan op gaan om nommer 6 en hoër te daag.
• Voor die daagwedstryd plaasvind, moet die speler wat wil daag, eers ‘n vorm by juffrou Klynsmith kry en dan na afloop van die wedstryd moet die vorm weer ingehandig word.
• Indien die vorm nie ingehandig word nie, kan die veranderinge nie aangebring word op die ranglys nie.
• BEIDE SPELERS MOET DIE VORM NA AFLOOP VAN DIE WEDSTRYD TEKEN.
• Spelers speel een stel (een wat eerste 6 het wen) en moet op hulle eie tyd die wedstryd reël.
• Indien daar spelers is wat NIE op die ranglys is nie, maar ook wil daag, gaan hulle by die onderste speler moet begin.
Ons het dit dan ook goed gedink om vriendskaplike rondomtalies te hou in die tweede en derde kwartaal. Datums sal deurgegee word. Hierdie gaan nie verpligtend wees nie, maar slegs vir spelers om blootstelling en ekstra oefening te kry.
Vir enige verdere navrae is u welkom om vir Marli Klynsmith te kontak by marli.k@jvrprim.co.za of die Sportkantoor by sport@jvrprim.co.za