Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 2 Maart 2018 Munt-en-nootlegging

Saterdag, 3 Maart 2018 Atletiek: Wes-Kaap byeenkoms

Saterdag, 3 Maart 2018 Eliam Kaunda (terrein) verjaar

Dinsdag, 6 Maart 2018 Hoërskool JvR: Opedag

Dinsdag, 6 Maart 2018 Gr.6-7:Redenaarskompetisie

Woensdag, 7 Maart 2018 Skrywersbesoek

Woensdag, 7 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7H

Donderdag, 8 Maart 2018 Boekverkoping

Vrydag. 9 Maart 2018 Boekverkoping

DONDERDAG, 8 MAART 2018 VERKIESING: NUWE BR-LEDE

Vrydag, 9 Maart 2018 Marike Badenhorst (sielkundige) verjaar

Dinsdag, 13 Maart 2018 Hoërskool JvR:BR Verkiesing (Personeelkamer)

Woensdag, 14 Maart 2018 Gr.7 Kamp

Saterdag, 17 Maart 2018 Dapper Stappers

Maandag, 19 Maart 2018 Gr.6: Lead4Life

Dinsdag, 20 Maart 2018 Saal: Leerlingraad

Dinsdag, 20 Maart 2018 Somersokkie

Dinsdag, 20 Maart 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr.7K

Woensdag, 21 Maart 2018 Menseregtedag

Vrydag, 23 Maart 2018 Sivvies

Maandag, 26 Maart 2018 Gr.1 en 2: Musiekkonsert

Dinsdag, 27 Maart 2018 Gr. 3: Musiekkonsert

Dinsdag, 27 Maart 2018 Markdag. Skool sluit 13:00 (Vierkant)

Woensdag, 28 Maart 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 28 Maart 2018 Skrywersbesoek: Jaco Jacobs

Woensdag, 28 Maart 2018 Skool sluit vir vakansie om 10:30



>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Uitnodiging na ons Opedag.



Hoërskool Jan van Riebeeck het die nuwe Rotary Debating-seisoen op ‘n groot noot afgeskop. Nie net het ons junior span vir Bishops geklop nie, maar Louis Jordaan (links op foto) is aangewys as beste junior spreker en Theodore Pauw (regs )stap weg as beste senior spreker van die dag. Beide hierdie leerders is oudleerders van Laerskool Jan van Riebeeck!

Ons atlete is steeds besig om deel te neem en te presteer. Twaalf van ons skool se bestes gaan eerskomende naweek aan die WP-kampioenskappe by die Belville stadion deelneem. Leerders wat daar presteer sal WP-kleure ontvang.

Beheerliggaam Verkiesing

Donderdag 8 Maart …. Ek dink almal van u besef hoe belangrik dit vir ‘n skool is om ‘n bekwame, kundige en betrokke beheerliggaam te hê. Ons wil u dus baie mooi vra om almal volgende Donderdagaand te kom stem. Ons moet vir 5 ouerlede stem en die tydperk wat hulle op die BR dien, is 3 jaar… D.w.s. vanaf Maart 2018 tot Maart 2021 en een van die vereistes is dat die persoon kind/ers in die skool moet hê. Dit sal dus nie baie wys wees om iemand voor te stel wie se jongste kind vanjaar in graad 6 of 7 is nie.

Ons wil baie graag stiptelik om 19:00 met die voorstelling en verkiesing begin, so ons wil vra dat u reeds vanaf 18:15 in die voorportaal registreer en ‘n stembriefie met die kandidate se name op, ontvang. Benoemingsvorms vir kandidate is by my in die kantoor beskikbaar.

Gratis Sivvies

Alle leerders wie se ouers op Donderdagaand, 8 Maart, kom stem, mag op Vrydag 9 Maart, met sivvies skool toe kom. Indien ons nie op Donderdag 8 Maart ‘n korum is nie, moet ons binne 7 dae weer ‘n verkie sing hou… wat ons nie wil doen nie!

Paaseiers

Soos in die verlede gaan ons weer paaseiers insamel vir die minder-bevoorregtes. Leerders kan hulle bydraes by die kantoor inhandig tot en met die 19de Maart.

ALGEMEEN

Mnr. Oosthuizen: Ons skoolhoof

My geheime agent fluister in my oor dat ons skoolhoof ‘n brief van WKOD ontvang het om erkenning te gee vir 40 jr ononderbroke diens.

My kop loop onmiddellik terug toe ek iets soortgelyks ontvang het. My eerste gevoel was toe: ” Is DIT nou DIT ? Niemand wat jou kop streel en jou op die skouer klop en sê jy is so oulik nie. Net, DIE BRIEF “

Vyf en twintig van mnr.O se 40 jr diens was ek daar.

Ek weet dat hy nooit met homself sal spog nie.

Hy doen alles op sy stil manier.

Hy is nie eers bewus van al die hooi op sy vurk nie. Hy sien homself nooit as die slagoffer nie.Take word net altyd kalm uitgevoer.

Hy benut elke oomblik van sy dag.

Hy bly altyd rustig wanneer almal om hom wil ontplof.

Hy neem geen siekteverlof nie, al is hy siek.

Altyd vroeg op sy pos. Verloor nooit sy humeur nie. Hy laat sy personeel toe om te ontwikkel en te groei. Hy gee ruimte vir leierskap om te ontwikkel in elk van sy kollegas en voel nooit bedreig daaroor nie.

Hy respekteer vroue en hanteer hul as sy gelyke.

Hy is nie afgunstig nie en is altyd saam bly oor enige voorspoed vir ander.

Hy is baie nederig oor sy eie suksesse.

Uitstekende netwerker en familiemens.

Hy geniet sy eie lewe ten volle en skep sy eie geluk.

Altyd positief met ‘n goeie humorsin.

Altyd reg vir ‘n grappie of om ‘n poets te bak.

Hy sien die goeie in ander raak en beskerm die swakkes.

Die mees netjiese en ordelike werker … Alles op sy plek.

Sy deur is altyd oop vir ALMAL.

Ongelukkig is die lekkergoedbottel ook altyd oop … al was die leerder nie altyd so gehoorsaam nie.

Hy ken elke kind se naam, se drome, se vreugdes. begeertes en se storie.

Die personeel kan alles met hom deel…

Hul hartseer, hul vrese en geheime.

Niemand word geboelie nie.

Meneer is n groot ou ‘softie’.

Oud-leerders onthou hom met liefde.

Hy is n baie goeie pa vir Jana en Willem. Marianna word erg bederf.

Hy gun elke leerder en personeellid om die skoolleuse uit te leef: WEES USELF.

Hy gun elkeen sy eie plekkie in die son.

So meneer, bêre DIE BRIEF, maar onthou ons by die Laerskool Jan van Riebeeck hys ‘n vlag vir jou.

Vicky Taljaardt en ‘n paar geheime agente

Vriendelike versoek

Max in gr.1 soek ‘n daaglikse rygeleentheid van Elsiesrivier na Laerskool Jan van Riebeeck en terug. Is daar iemand wat kan help?

Kontak asb. vir Yolanda, 061 888 3688 of serenecourage28@gmail.com

Bring asb kos vir ons Khayelitsha-projek!

Ons stuur weer hierdie week ‘n besending blikkies en pakkieskos na ons projek in Khayelitsha.

Laerskool Jan van Riebeeck is nou al meer as twee jaar betrokke by ‘n projek wat 28 jong kinders ondersteun wat in erge nood lewe.

Verlede jaar het ons met die hulp van ‘n JvR-ouer ‘n huiswerksentrum gebou, en twee tutors help die kinders elke week met hul skoolwerk. Elke tweede week stuur ons kos na die projek – jou skenking van enige kos (veral rys, kookolie, blikkies vis en mieliemeel) sal ‘n reuse verskil maak.

Bring asb Vrydag kos skool toe. Baie dankie!

Die Somersokkie se datum verander na Dinsdag, 20 Maart om 18:00-21:30. Die sosiale komitee sal eerskomende Dinsdag, tydens saal, die tema van die sokkie bekend maak. Op hierdie stadium is die tema nog een groot geheim. Kaartjies is R100p.p. (slegs vir Gr.5-7 leerders) en sluit iets te ete in.

Sodra die tema bekend is, sal ons voortgaan met die kaartjieverkope deur die Karri-toep.

Daar is ‘n speletjiesaand Vrydagaand (1 Maart) om 18:00 vir graad 4-7 by die kerksentrum (oorkant Knead).

Kom speel gerus saam!

Jannie van die week is Lara Pieterse in Graad 4. Lara en haar gesin is die mees getroue herwinnaars oor die laaste 3 jaar. Sy ontvang ‘n R100 Col’Cacchios geskenkbewys, maar ook ‘n Liewe Aarde inkopiesak. Lara, ons wil vir jou en jou ouers baie dankie sê dat julle so fluks herwin! Hou so aan.

Dis wonderlik as ons herwin, maar nog voor herwinning moet ons probeer om ons aankope te verminder. Tweedens moet ons herwinbare materiaal hergebruik waar moontlik en eers derdens kom herwinning. In Engels die drie R’e: Reduse, Reuse, Recycle

Het julle geweet? Plastiek vergaan nooit nie. Dit word miskien deur die son opgebreek in baie klein stukkies, maar hierdie klein stukkies vergaan nie! Dit word wel deur diere geëet en beland m.a.w. so in ons voedselketting. Ons ‘eet’ dus uiteindelik hierdie plastiek wat ons so maklik aankoop en nie tweemaal oor dink nie. Ons moet almal poog om plastiekverpakking te verminder – gaan maak gerus ‘n draai by Nude Foods:

plastic-free grocery http://nudefoods.co.za/

Besoek die volgende webblad vir ouilik inligting oor bg:

www.onegreenplanet.org/crushplastic

Alle leerders het ‘n koevert met ‘n voorbeeld van hul foto ontvang. Bestel asb. voor of op 9 Maart deur die koevert met die korrekte bedrag terug skool toe te stuur. Indien jy nie wil bestel nie, stuur asb. die koevert met die voorbeeldfoto steeds aangeheg terug skool toe.

Moet asb. nie die koevert verloor nie. Indien jy wel die koevert verloor, gaan na die fotograaf se webtuiste om die kode van die foto te kry waarmee jy dan die foto kan bestel: www.lunchboxphotography.co.za

Die foto’s sal more op haar webtuiste verskyn.

AKADEMIE

Op 7 Maart vier ons Wêreld Wiskundedag.

Ons gaan wegbreek van die kurrikulum en op die dag pret aktiwiteite in die klas doen. Van Mathletics, Maths24, kopkrappers en vele meer. Jan van Riebeeck maak Wiskunde heerlik. Ons nooi elke leerder uit om soos ‘n “Wiskundige” aan te trek om saam met ons die dag te geniet.

My kind sukkel met Wiskunde! Help my! Ek haat Wiskunde! My kind het ‘n passie vir Wiskunde en ek voel hy/sy moet gestimuleer word! Hierdie is maar ‘n paar opmerkings wat ek al gehoor het. Nou hoe nou?

Gelukkig het elke probleem ‘n oplossing, anders was dit mos nie ‘n probleem nie? Daar is ‘n aanlyn program wat Wiskunde vir leerders lekker maak. Waar basiese hoofreken op ‘n baie kreatiewe manier gestimuleer word. Die program het sy ontstaan in Australië, maar is nou aangepas vir die Suid-Afrikaanse kurrikulum vanaf Gr R tot Gr 12. Die leerders doen dit by die huis of hulle kan dit in die middae by ons rekenaarlokaal doen. Rekenaarlokaal is oop elke middag tot 15:00, behalwe op ‘n Vrydag.

Daar is heelwat bekende skole wat reeds van hierdie program gebruik maak as deel van hulle program om hulle wiskundige uitslae te verbeter. Gaan kyk op die tuiste.

Die volgende vraag sal wees, maar hoeveel kos dit?

As u as individu inskryf, is die lisensiegeld per jaar nogal hoog. As ons skool 80 leerders en meer kry kan ons it kry vir R250 per leerder per jaar. ‘n Ongelooflike besparing!!! Dit is minder as R21 per maand. Graad 6- en 7-Leerders hoef nie in te skryf nie. Ons gebruik Mathletics as deel van ons Wiskundeprogram.

U sal deur die KARRI-toepassing genooi word tot die program. Indien u nie belangstel nie kan u die kennisgewing van KARRI “dismiss”. Dit sal dan nie weer vir u gestuur word nie.

Alternatiewelik kan u ‘n elektroniese inbetaling maak vir R250 per leerder in die skool se bankrekening.

BANKBESONDERHEDE

REKENINGHOUER: ABSA Laerskool Jan van Riebeeck

BANK KODE: 632005

REKENING NR: 360 490 025

VERWYSING: Maths/kind se graad/Hanekom

U moet dan asb. die inbetalingstrokie vir my epos.

My e-posadres is leon@jvrprim.co.za. Sodra ek die inbetalingstrokie gekry het, konsolideer ek met Marili en dan is die Wonder Wêreld van Wiskunde ons oester.

Mnr. Hanekom‌

---

KULTUUR

Hierdie week het ons die interne redenaarskompetisie vir beide gr. 3 en gr. 4 & 5 ouderdomsgroepe gehad. Die deelnemers wat vroeg volgende kwartaal aan die ATKV-redenaarskompetisie se eerste ronde sal deelneem, is:

Graad 3:

Susann Burger

Markus de Ridder

Francois Joubert

Cara Swanepoel

(R) Lea de Ridder

Graad 4 & 5:

Stella Malan

Cayle Stoltz

Heloïse Strauss

Luca Zulch

(R) Mia Symington

Baie sterkte aan die graad 6 & 7-deelnemers wat eerskomende Dinsdagmiddag hul toesprake (voorbereid en onvoorbereid) tydens die finale interne kompetisie uitspook.

SPORT

Atletiek – WP-byeenkoms

Twaalf van ons atlete het verlede Saterdag deelgeneem aan die WP-byeenkoms by Blue Downs. Al WP se beste atlete van meer as 300 skole het deelgeneem. Ons atlete het baie goed presteer.

Die uitslae was:

Heloise- Strauss 9de Gewigstoot

Scarlett van der Merwe- 6de 1200m

Marcelle van der Merwe- 4de gewigstoot

Alet Hitge- 4de diskus

Jacomien van der Westhuizen- 10de hoogspring

Tariq Lubowski- 8ste spiesgooi

Hannah Badenhorst (Uitdunne)– 200m Hekkies

John Wilcox (Uitdunne)- 80m Hekkies

Mia Nortjé- 6de 800m en 8ste 1500m

Henry Potgieter- 5de Spiesgooi

Danny Newton- 2de 70m Hekkies en 3de Hoogspring

Alexander Newton- 2de Hoogspring, breek ook WP rekord. Die rekord was 1.49m en verbeter na 1.5m.

Alexander was tweede omdat hy een keer meer die lat afgespring het, maar het dieselfde hoogte as die wenner behaal.

Dit is uitstekende resultate en al die atlete kan baie trots wees op hul uitslae.

Alex en Danny het dus hulle WP-klere verower en neem eerskomende Saterdag deel aan die Wes-Kaap byeenkoms in Oudtshoorn. Ons wens vir hulle alle sterkte toe en weet dit sal baie goed gaan.

Baie geluk aan die A-seunsspan wat hierdie week vir Blouberg Ridge Primary gewen het en ook die A-gemengdespan wat vir Monte Vista gewen het. Die B-gemengdespan het baie goeie tennis gespeel en die C-gemengdespan se wedstryd is ongelukkig gekanselleer.

Sterkte met volgende week se wedstryde!

Die O/13 krieketspan het Donderdag teen LS Seepunt(LSS) meegeding op Hoërskool JvR se velde.



LSS het eers 16:00 se kant opgedaag wat daartoe gelei het dat ons die kolfwerk open en ons slegs ‘n 15 boulbeurtwedstryd speel.

JvR het die kolf geneem en het ‘n totaal van 144 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte met die verlies van twee paaltjies.

Baie geluk aan Peet Karsten (47 lopies); Joshua Ellis (44 lopies) en Christian Stimie (23 lopies). JvR neem toe die veld oor en LSS kon slegs 30 lopies aanteken in die 15 boulbeurte teen die verlies van 7 paaltjies. JvR wen dus die wedstryd met 114 lopies. Wel gedaan manne!

Verlede naweek het Alexander Benecke en Scarlett van der Merwe vir die Clifton Lewensredding Klub aan ‘n Nippers kompetisie deelgeneem. Hulle het teen 7 ander klubs deelgeneem.

Alexander Benecke was 2de in die seuns 0/10 “Long beach run”, wat 800m op die los sand was. Scarlett van der Merwe was 1ste in die meisies 0/10 “Long beach run”. Hulle het ook die die 0/10 Taplin Aflos gewen.

Die twee neem eerskomende Saterdag aan die WP-kampioenskappe deel in die Strand.

Ons wens vir hulle alle sterkte toe.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209