Die O/13 krieketspan het Donderdag teen LS Seepunt(LSS) meegeding op Hoërskool JvR se velde.
LSS het eers 16:00 se kant opgedaag wat daartoe gelei het dat ons die kolfwerk open en ons slegs ‘n 15 boulbeurtwedstryd speel.
JvR het die kolf geneem en het ‘n totaal van 144 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte met die verlies van twee paaltjies.
Baie geluk aan Peet Karsten (47 lopies); Joshua Ellis (44 lopies) en Christian Stimie (23 lopies). JvR neem toe die veld oor en LSS kon slegs 30 lopies aanteken in die 15 boulbeurte teen die verlies van 7 paaltjies. JvR wen dus die wedstryd met 114 lopies. Wel gedaan manne!!!