Mediasentrum Tye
Sien die mediasentrum se tye hier onder:
Lees VerderSien die mediasentrum se tye hier onder:
Lees VerderDaar is soveel aspekte van Jannie-wees, maar een wat uitstaan, is om ons skooldrag en persoonlike besittings so goed moontlik op te pas. Verlore goedere bly ‘n onnodige kopseer vir Jannies. As ons die skool se waardes regtig wil eerbiedig, moet ons eerlik met onsself wees en bewus word van ons verantwoordelikheid om na ons besittings om te sien. Ons moet respek vir onsself en ons besittings hê sodat ons skool nie nodig het om verlore goedere te bestuur nie. Wanneer ons iets sien rondlê wat aan iemand anders behoort, is dit die regte ding om dit aan die persoon te oorhandig. Op hierdie manier gee ons vir mekaar om. Jannie-wees is maklik, want ons elkeen kyk na ons eie besittings. Hoe gaan verlore goedere van nou af hanteer word? Verlore goedere wat gemerk is, gaan 2 keer ‘n week aan leerders uitgedeel word. Goedere wat nie gemerk is nie, sal vir 1 week in juf. Helene (gr.1S) se klas beskikbaar wees. Leerders of ouers kan dit onder toesig daar kom soek. Iemand sal tot 15:00 in die middae in haar klas beskikbaar wees. Goedere wat na ‘n week nie afgehaal is nie, sal verwyder word en as tweedehandse items verkoop word. Maak asseblief seker jou kind se items is alles duidelik...
Lees VerderOns is opgewonde om met julle te deel dat ons balletprogram vinnig vol raak! Ons moedig julle aan om jul kind so gou moontlik in te skryf, aangesien daar beperkte plekke beskikbaar is. Moenie hierdie wonderlike geleentheid misloop vir jou kind om deel van ons balletprogram te wees...
Lees VerderMarimba Club is ‘n opwindende nuwe buitemuurse musiekaktiwiteit by ons skool. Hierdie program bied leerders die kans om marimba te speel, wat musikale vaardighede, spanwerk en kreatiwiteit bevorder. Dit is ‘n vrolike manier om musiektalente te ontwikkel en deel te wees van ‘n dinamiese groep. Ons nooi alle leerders uit om deel te neem en hierdie ervaring te geniet! Kliek HIER om die demonstrasie te...
Lees VerderEk is baie opgewonde om die jaar saam met julle af te skop. Alle skoolaktiwiteite is met die aanvang van die 2de week van die nuwe kwartaal in volle swang en alles loop klopdisselboom. Op Maandag, 20 Januarie 2025, het die buitemuurseprogram amptelik afgeskop en ons is baie opgewonde oor die deelname van leerders aan die verskillende somersportkodes. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar weer aktief aan skoolsport deel te neem en dit saam met hul maats te geniet. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) wat op Dinsdag, 21 Januarie, tydens die saalbyeenkoms hul leerderraadbalkies ontvang het: Rudi Badenhorst Jack Dawes Abigail Fourie Ben Esterhuyse Gusto Hoogendyk Nils le Roux Elisabet Marais Johannes Mouton Dané Olivier Vincent Oosthuizen Stella Pansegrouw Katryn Silvis Amelie van der Walt Annalene Viljoen Baie dankie aan hul trotse ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die tradisionele aansteek van hul balkies te behartig. My beste wense vergesel die 2025 leerderraad vir die belangrike rol wat hulle vanjaar as leerderleiers by ons skool gaan speel. Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die gewilde inligtings- en bekendstellingsaand op Donderdag, 23 Januarie 2025, bygewoon het, hartlik bedank. Al was daar elders musiekopvoerings, was dit werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil...
Lees VerderOud-jannies presteer puik tydens matriekeindeksamen! Baie geluk aan HS JvR met hul pragtige uitslae.
Lees VerderDonderdagaand, 23 Januarie, is ons Bekendstellingsfunksie by die laerskool. Oudergewoonte sal Stan van Boulevard 82 se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan kroeg beskikbaar wees. Kies asseblief uit die volgende ete opsies. Bestellings moet teen Maandagmiddag, 20 Januarie op Karri geplaas word. Karringmelk gebraaide hoenderburger en tjips – R150 180g Beesvleisburger met roket, tamatie, cheddar en tjips – R165 Salmon “poke bowl” met avokado, julienne groente, gepekelde gemmer en Japanese mayonnaise – R175 Groente burger en tjips –...
Lees VerderAan al ons nuwe Jannies, baie welkom by ons! Jan Kas is Laerskool Jan van Riebeeck se klerewinkel. Waar kan jy ons kry? Die Jan Kas Winkel > 52 Kloofstraat se ingang > Volg die oprit en gaan af by die trappe aan jou regterkant > Die winkel sit links op die hoek Aanlyn Winkel Ons het ook ‘n aanlynwinkel waar jy enige tyd van die dag ‘n bestelling kan plaas. Ons laai jou pakkie dan sommer by jou kind se klas af. Maak asseblief seker dat jy jou kind se graad en klas by die notas invul,...
Lees Verder‘n Hartlike welkom terug by ons geliefde skool. Groot opwinding het geheers saam met hoë energievlakke op Woensdagoggend, 17 Januarie 2025, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie. Selfs ‘n ligte reënbui vroegoggend voor skool kon nie die opwinding demp nie en vanaf 07:00 het ‘n asemrowende reënboog sy stille verskyning oor Seinheuwel en Leeukop gemaak om amper simbolies ons leerders terug by die skool te verwelkom. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad ontvang en sonder enige trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om al ons...
Lees VerderHier volg meer inligting oor tennislesse by die skool: DTA Promo Flyer - 2025...
Lees VerderSien die somer buitemuursprogram vir 2025, kwartaal 1 hier onder: 2025 Buitemuursprogram Kwartaal...
Lees Verder1. OEFENTYE Die senior koor oefen hierdie jaar gedurende die volgende tye: Dinsdag: 07h30 – 08h30 Donderdag: 07h45 – 08h45 Let asseblief op dat ons oefening op ’n Dinsdag reeds 07h30 begin. Leerders kan hul tasse in die Nasorg sit voor die oefening, en kan dit dan na die oefening gaan haal en klas toe neem. 2. KOORKAMP Die senior koor het ’n lekker koorkamp om na uit te sien in Februarie! Buiten vir die musiek waaraan ons gaan werk, sal ons seker maak om die kinders ook te bederf. Datum: 7-8 Februarie Plek: LJvR Skoolsaal Tyd: Vrydag, 7 Februarie @ 14h30 – 17h30 Saturday, 8 Februarie @ 08h00 – 13h30 Saterdag, 1 Maart @ 08h00 – 13h30 Donderdag, 6 Maart @ 13h00 – 17h00 Ek sal meer detail deel nader aan die tyd. Laat weet asseblief indien daar ’n oefening is wat jou kind nie kan bywoon nie. 3. MZANZI CONDUCTORS CONVENTION: 14-16 Maart 2025 Ons sien baie uit na die MCC wat in Maart by die CTICC plaasvind. Tydens hierdie geleentheid gaan ons senior koor deel wees van ’n kinderkoor wat, onder leiding van die befaamde Kanadese kinderkoordirigent Zimfira Poloz, gaan leer en werk. Die MCC kinderkoor word opgemaak deur die koorlede van die volgende kore: Tygerberg Kinderkoor, Pietermatizburg Kinderkoor, en Laerskool Jan van Riebeeck Senior Koor. Die MCC verrigtinge gaan...
Lees VerderJannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 – 07:45 in die NASORGLOKAAL plaas. Ons eerste samekoms van die jaar is eerskomende Donderdag, 23 Januarie. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn, van die Groote Kerk, of een van die onderwysers ‘n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling-oggend van die week. Alle gr.1-7-leerders en hul ouers is welkom! Sluit asb. by die communitygroep aan indien jy graag op hoogte van die aktiwiteite wil...
Lees VerderDie Barbara Schreuder Dansskool bied Moderne, Contemporary, American Ballet Awards en Choreografie aan vir alle ouderdomme (Gr 1-11). Klasse begin vanaf Maandag, 20 Jan 2025. Dans is lekker en daar is ‘n plekkie vir almal. Dansers word blootgestel aan verskillende genres, musiek en leer om dit met vertroue te waardeer. Ons volg die Nasionale, WPDTA en Internasionale AAB voorgeskrewe sillabus, toepaslik tot ouderdom en standaard. Daar is opsionele geleenthede om aan Eisteddfod, Assessering, Vertonings by JvR en Ballet Awards deel te neem. Klasse word op die perseel aangebied en dansers kan veilig tussen klasse beweeg vanaf sport en nasorg. Wanneer? Maandae, Dinsdae, Donderdae en Vrydae volgens ouderdom en graad: Gr 1: 1 maal per week op Dinsdae Gr 2-7: 2 maal per week op Dinsdae en Donderdae Gr 8-11: 2/3 maal per week op Maandae, Dinsdae, Donderdae Skakel my asb vir meer inligting ivm rooster. Kleredrag: Leotard/unitard Hare asb vasgemaak. Mag kort rompie dra by leotard. Toetsklas: Vir nuwe dansers, Dinsdag 21 Jan 2025 Kontak my asb en maak afspraak vir eenmalige gratis toetsklas: Gr 1: 2:15 – 3:00 Gr 2/3: 3:00 – 3:45 Gr 4/5: 3:45 – 4:30 Gr 6/7: 4:30 – 5:15 Gr 8: 5:00 – 5:45 Gr 9/11: 5:30 – 6:15 Dansklere of baaibroekie of kortbroekie en T-shirt, kaalvoet vir toetsklas. Kontak Barbie: Cell: 072 454 9353 (soggens voor 11vm/saans na 8nm) Email: barbie.schreuder.dance@gmail.com Groete, Barbie...
Lees VerderHier volg die 2024 Jaarverslag: 2024...
Lees VerderVandag sluit die skole in die land vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders en personeel na ‘n lang en besige akademiese jaar. Verlede week is die onderskeie prysuitdelings vir elke graad suksesvol afgehandel om erkenning te gee aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding. Ons unieke wyse van erkenning, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders altyd ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak met uitnemendheid en...
Lees VerderWoensdag 4 Desember en Maandag 9 Desember het ons ons jaarlikse kleure-atletiek gehou. Dit was twee onvergeetlike dae. Woensdag het ons die velditems gehou en Maandag die baanitems. Die pawiljoene was pragtig opgemaak en dit was tyd vir die optogte. Die huise het hul krete en liedjies gesing en daarna was dit tyd vir die eerste items. Reg deur die dag het soveel leerders aan verskillende items deelgeneem om hulle spanne die kans te gee om die atletiekbeker te verower. Na afloop van die dag was die puntverskil tussen die twee spanne slegs 26 punte. Baie geluk aan Huis Oranje wat die atletiekbeker gewen het en Huis Blou wat wegstap met die geesbeker. Die bekerwenners op die dag was: Beste junior dogter: Elise Theron en Lexi Bierman Beste junior seun: Willem Viljoen Beste senior dogter: Ynes Samba Kabassidi Beste senior seun: Dane Botha Baie geluk aan al ons atlete wat deelgeneem het, dit is waarna ons streef om vir almal geleentheid te bied. Baie geluk aan die volgende atlete wat ons skool by die jaarlikse interskole volgende jaar gaan verteenwoordig. Dit vind plaas op 11 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde. Span...
Lees VerderOns is opgewonde om die Ouma- en Oupadag foto’s met julle te deel. Laai die foto’s hier af: OUMA- EN OUPADAG Instruksies om af te laai: Kliek op die Google Drive-skakel wat aan jou gestuur is. Meld aan met jou Google-rekening indien nodig. Kies die foto’s wat jy wil aflaai. Kliek op die aflaai-ikoon (afwaartse pyl) bo-aan die bladsy. Kies die ligging op jou toestel waar jy die foto’s wil stoor. Hierdie foto’s sal slegs beskikbaar wees om af te laai tot 31 Desember 2024. Maak asseblief seker jy laai dit af en stoor dit op jou eie toestel. Ons sal ongelukkig met geen laat versoeke kan help...
Lees VerderKom word deel van die musiekdepartement en skryf in om volgende jaar musiekonderrig in een van die volgende instrumente te ontvang: klavier, viool, kitaar, saksofoon, blokfluit, klarinet, dwarsfluit of individuele sanglesse (slegs vir Gr. 4-7’s). Pieter Bezuidenhout is ‘n SAFTA genomineerde komponis, koordirigent, sangafrigter en instrumentalis. Hy is ‘n besonders veelsydige musikant, en leef nie net sy passie vir musiek as komponis en koordirigent uit nie, maar ook as musiekonderwyser. As komponis het hy groot lof ontvang vir sy instrumentele album, AULA, wat deur Die Burger beskryf is as musiek wat Suid-Afrikaanse klassieke musiek weer cool maak. Hy het ook in 2023 sy eerste solo Afrikaanse Electropop album vrygestel, SOEKER. Sy komposisies is reeds op 5 kontinente uitgevoer én internasionaal gepubliseer. Pieter sluit in 2025 by Laerskool Jan van Riebeeck aan as sangonderwyser vir leerders in Graad 4-7. Hy is passievol oor die ontwikkeling van ‘n jonger generasie musikante en koester ‘n hoë agting vir die afrigting van sangers op laer- en hoërskool vlak. Hy glo dat sang ‘n medium is wat elke kind help om sy/haar uniekheid na vore te bring, persoonlikheid ontwikkel, en selfvertroue bou. Vul die aangehegde musiekinskrywingsvorm in, en stuur dit aan Juf. Rolene. MUSIEKINSKRYWINGSVORM Ons sien uit daarna om jou aansoek te ontvang! Rolene van Zyl...
Lees Verder