Skrywer: Megan Zondagh

Nini soek ’n verewig huis!

Nini, ’n oulike twee maande oue Fox Terrier-hondjie, is op soek na ’n liefdevolle vir altyd-huis. Sy word tans met groot sorg ge’foster’ deur die gesin van Annabel Brink (Graad 5). Sy is regtig ’n oulike hondjie – speels, vol liefde, en altyd lus vir geselskap! Nini is ’n uitstekende stap- en drafmaat, maar verkies ’n skoot wanneer sy nie speel nie. Sy is mal oor mense en sal met haar sagte persoonlikheid enige hart vinnig steel. As jy of iemand wat jy ken vir Nini ’n warm, veilige huis kan bied, kontak asseblief Deane Brink by brinkdeane@gmail.com of 0764558002. Help ons om hierdie spesiale hondjie haar perfekte tuiste te gee!...

Lees Verder

Trofees terugbring

Ons is tans besig om al die trofees wat die leerders verlede jaar tydens die prysuitdeling ontvang het, te dokumenteer. Indien u kind verlede jaar ’n trofee ontvang het, stuur dit asseblief na die Mediasentrum, aan Juffrou Marecia van Zyl. Baie dankie vir u hulp hiermee. Groete, Juffrou...

Lees Verder

Lawwe Lappe: JVR se Naaldwerkklub

Tydens verlede week se vakansie het tien ywerige dogters skool toe gekom om te leer hoe om op ’n naaldwerkmasjien te stik. Gedurende hierdie vierdag-kursus het elke leerder geleer hoe om lap te kies, te meet en te knip, en dan ook hoe om haar eie masjien te ryg en te gebruik. Die leerders het vinnig besef dat naaldwerk nie net kreatiwiteit verg nie, maar ook veerkragtigheid en hope geduld. Na die vier dae kon hulle spog met unieke lapprodukte wat hulle weer en weer sal kan maak – linte-‘scrunchies’, groot vloerkussings, pennesakkies en rygsakke (‘string bags’). Oor die jare het al 28 Jannies hierdie beginnerskursus bygewoon. My onderwyserhart bars van trots wanneer ek foto’s ontvang van ons leerders wat steeds tuis aanhou bou aan hulle naaldwerkvaardighede. My wens is dat hulle hierdie talent nog vir baie jare sal koester. Naaldwerkgroete Juf. Marianne...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 09 Mei 2025

Ek glo dat almal die meevallertjie van ‘n ekstra vakansieweek (week 4 van kwartaal 2) terdeë geniet het en almal is slaggereed dat ons weer na ‘n normale skoolprogram en –roetine kan terugkeer. Na al die vakansiedae het week 5 skielik weer 5 volle werksdae, propvol aktiwiteite. Dus het die afgelope week vanaf Maandag, 05 Mei op ‘n hoë noot afgeskop met sportwedstryde (05 & 06 Mei) teen Curro Durbanville, netbal (05 & 09 Mei)- en rugbyproewe (06 & 08 Mei), grondslagfase besoek Kunstekaap (5 – 7 Mei) vir die Woordedief-produksie, netbalwedstryde teen Laerskool St. George (07 Mei) en die kore wat gisteraand by Hoërskool Jan van Riebeeck se musiekkonsert opgetree het as deel van hul Massa-Reünienaweek die komende naweek. April-maand was beslis vreemd en rustig, maar vanaf Mei gaan ons spreekwoordelik van 0 – 100 km/h binne 5 sekondes. Dus moet jy seker maak jou kwartaalgordel is styf vasgegespe vir die opwindende en besige kwartaal wat voorlê. Die kunsgrasprojek agter op die mini-sportveld loop volgens plan en gedurende die vakansieweek het die meeste grond- en siviele werk plaasgevind. Gerhard Conradie se span het heelwat grond uitgegrawe, nuwe grond en spesiale gruis is aangery, gegooi sodat daar ‘n behoorlike onderbasis vir die nuwe veeldoelige oppervlakte gelê kan word. Ek sal julle op hoogte hou rakende die vordering van die projek. Op Maandagoggend, 05 Mei vanaf 06:30, het heelwat van...

Lees Verder

ATKV-Redenaars

Baie geluk aan die volgende drie leerders wat deurdring na ATKV-Redenaars se semifinale ronde. Hulle neem Woensdag, 14 Mei by Hoërskool Bellville deel. Ons wens hul sterkte toe en weereens, baie geluk! Antjie Samuel (Gr.5), Sabine Barnard (Gr.7) en Katryn Silvis...

Lees Verder

Jannies blink uit by Nippers SA Lewensredding-kampioenskappe 2025

‘n Groepie Jannies het verlede week aan die Nippers Surf Lewensredding SA-kampioenskappe in Gqeberha deelgeneem. Die spanlede was Alexander Weideman, Nils le Roux, Sebastian en Luc Zietsman, Lukas Loubser en Finley le Roux. Vir drie dae lank moes ons mannetjies hul staal wys in verskeie hardloop-, swem- en Malibu-reddingsborditems en -kombinasies. Lukas het ’n bronsmedalje in die langafstandstrandresies verower, terwyl Nils medaljes in strandnaellope, vlaggies, Taplin-aflos en strandaflos ingepalm het. Die Zietsmans, saam met Finley en Lukas, het die “Mad Dog”-toekenning ontvang deur aan álle items deel te neem. Lukas het dit selfs verder geneem deur vir nóg drie dae aan die volledige Stilwater Lewensredding-kompetisie deel te neem. Daar het hy sy persoonlike beste in die 100 m-swem met ses sekondes verbeter! Baie geluk aan hulle met hul vasberadenheid en indrukwekkende...

Lees Verder

Gemak vir die sitvlak!

Binnekort beskikbaar: ‘n gemaklike, spons-kussing – perfek vir langs die sportveld of enige skoolaktiwiteit. Sag, lig en dra maklik – jou ideale sitmaat vir ure se ondersteuning en warmte! Bestel nou op...

Lees Verder

Jannies gee om: Kwartaal 2, 2025

Help ons om ‘n verskil te maak – gee jou ou sporttoerusting ‘n tweede lewe! Het jy dalk ‘n bal, kolf of raket wat al ‘n rukkie stof staan en vergaar? Ons almal het daardie sporttoerusting wat net in ‘n kas weggebêre is — gaan loer gerus en kyk wat jy kan opspoor! Ons wil graag ons buurskool, wat tans deur moeilike tye gaan, help deur bruikbare sporttoerusting aan hulle te skenk. Wat soek ons? Ou, maar steeds bruikbare sporttoerusting soos balle, kolwe, rakkette – en enigiets anders wat nog in ‘n goeie toestand is. Waarheen? Bring jou donasie na Juffrou Michelle Compion se klaskamer. Wanneer? Ons versamel van Maandag 5 Mei tot Vrydag 13 Mei. Laat ons saamwerk en sport pret vir almal moontlik...

Lees Verder

Junior en Senior Kooroptrede: Hs JvR Reünie Kultuurkonsert

Ons junior- en seniorkore tree binnekort op by die Hoërskool Jan van Riebeeck se Reünie Kultuurkonsert. Hier volg die besonderhede: Datum en Tyd: 8 Mei om 18:30. Koorlede moet asseblief teen 18:15 by Hoërskool Jan van Riebeeck aanmeld. Die junior- en seniorkore sal na afsonderlike klaskamers geneem word, waar hulle sal opwarm en wag vir hul beurt om op te tree. Die konsert behoort teen die uiterste teen 20:30 klaar te wees. Plek: Hoërskool Jan van Riebeeck Kleredrag: Formele somer skooldrag Die konsert is gratis, en ons nooi almal hartlik uit om dit by te woon en die musiek saam met ons te geniet. Kontak gerus vir Juffrou Rolene met enige verdere navrae....

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 25 April 2025

Ek glo dat almal ‘n heerlike en geseënde tyd saam met familie en vriende oor die afgelope Paasnaweek geniet het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die Paasnaweek, veral gegewe die feit dat die paaie gedurende dié tyd van die jaar buitengewoon besig is en tragies genoeg dikwels kosbare lewens eis as gevolg van motorongelukke. Ek wil graag vir Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ bedank wat verlede week op Donderdag, 17 April, vir die Grondslagfase-leerders paaseiers kom uitdeel het. Ons graad 1-leerders was in ekstase om die sogenaamde Paashase in ‘lewende lywe’ te ontmoet en vir hulle drukkies te kon gee. Baie dankie aan die leerderraad van die hoërskool vir die wonderlike bederf – ons waardeer dit opreg! Neem asseblief kennis dat volgende week (Week 4: 28 April – 2 Mei) ‘n volledige week van skoolvakansie is. Hierdie welkome blaaskans sluit twee openbare vakansiedae en drie skoolvakansiedae in. Dit is belangrik dat ons nie die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Op 27 April vier ons jaarliks Vryheidsdag in Suid-Afrika – ‘n baie belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is ‘n geleentheid om ons leerders bewus te maak van die waarde van hierdie dag. Vryheidsdag is ingestel om die eerste post-apartheidverkiesings te herdenk – ‘n mylpaal op 27 April 1994, toe alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18, ongeag ras,...

Lees Verder