Geagte Ouers / Voogde – 25 April 2025
Ek glo dat almal ‘n heerlike en geseënde tyd saam met familie en vriende oor die afgelope Paasnaweek geniet het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die Paasnaweek, veral gegewe die feit dat die paaie gedurende dié tyd van die jaar buitengewoon besig is en tragies genoeg dikwels kosbare lewens eis as gevolg van motorongelukke. Ek wil graag vir Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ bedank wat verlede week op Donderdag, 17 April, vir die Grondslagfase-leerders paaseiers kom uitdeel het. Ons graad 1-leerders was in ekstase om die sogenaamde Paashase in ‘lewende lywe’ te ontmoet en vir hulle drukkies te kon gee. Baie dankie aan die leerderraad van die hoërskool vir die wonderlike bederf – ons waardeer dit opreg! Neem asseblief kennis dat volgende week (Week 4: 28 April – 2 Mei) ‘n volledige week van skoolvakansie is. Hierdie welkome blaaskans sluit twee openbare vakansiedae en drie skoolvakansiedae in. Dit is belangrik dat ons nie die betekenis van die twee openbare vakansiedae miskyk nie. Op 27 April vier ons jaarliks Vryheidsdag in Suid-Afrika – ‘n baie belangrike dag in ons land se geskiedenis. Dit is ‘n geleentheid om ons leerders bewus te maak van die waarde van hierdie dag. Vryheidsdag is ingestel om die eerste post-apartheidverkiesings te herdenk – ‘n mylpaal op 27 April 1994, toe alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18, ongeag ras,...
Lees Verder