Ons is baie trots op Mila Malan, wat as doelwagter vir die PSI Sharks-span gekies is om aan die Indoor Nationals deel te neem. Die toernooi vind van 9 tot 13 Desember in Kaapstad plaas en bring spanne van regoor Suid-Afrika, sowel as Zimbabwe, Namibië en Botswana, bymekaar.
Met meer as 300 spelers wat aan die kompetisie deelneem, beloof dit om ‘n uitdagende en opwindende toernooi te wees. Ons wens Mila alle sterkte toe en sien daarna uit om haar prestasies te volg. Sy maak ons besonder trots!