Baie geluk aan Henry Jordaan met sy uitstekende prestasie in die landswye WITS Wiskunde Olimpiade! Die uitslae van die finale rondte, wat hy in September by UCT geskryf het, is onlangs tydens die prysuitdeling in Johannesburg bekend gemaak.
Henry het ‘n indrukwekkende 5de plek in sy ouderdomskategorie behaal. Hierdie prestasie getuig van sy harde werk, deursettingsvermoë en liefde vir Wiskunde. Ons is ongelooflik trots op sy prestasie en wens hom alle sterkte toe met sy toekomstige akademiese uitdagings.