Skrywer: JvR Sport JvR Sport

Nege atlete gaan deur na die WP-byeenkoms

Baie dankie aan almal wat gister die wind en stof aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun by die Distrikbyeenkoms by Vygieskraal in Athlone. Ons het 22 atlete gehad wat die dag in die wind deelgeneem het. Meeste van die wedlope moes die atlete teen die wind en hul opponente hardloop. Baie geluk aan nege van ons atlete wat deurgedring het om volgende Vrydag aan die WP byeenkoms , 28 Februarie, in die Paarl deel te neem. Ons atlete is Klara Steyn, Sebastian Senekal, Heloise Strauss, Danny Newton, Fredrich Erasmus, Johann Loubser, Scarlett van der Merwe, Lara-Lisa Senekal en Nehemia Rosen. Baie dankie ook aan al die onderwysers wat hul klasse vir die dag gelos het om dinge bietjie vinnger te laat verloop. Julle is...

Lees Verder

Interskole atletiekuitslae van 6 Februarie

Baie dankie aan almal wat die sterk winde verlede Donderdag, 6 Februarie, aangedurf het om ons atlete te kom ondersteun. Ten spyte van die wind, het ons ‘n baie goeie byeenkoms gehad. Ons moes egter vir veiligheid die hoogspring items vir die dag kanselleer. Hierdie atlete het op Dinsdag, 11 Februarie, hul items by Gardens Rugbyklub voltooi. Baie geluk aan al ons atlete met hul prestasies. Die O/10 – O/13 atlete wat onder die top 2 posisies vir baanitems en eerste plek vir velditems geëindig het, gaan deur na die Sentrale Distrikbyeenkoms. Die O/7 – O/9 atlete het aan die interskole deelgeneem vir die blootstelling en ondervinding. Die Distrikbyeenkoms vind op Donderdag, 20 Februarie, by Vygieskraal in Athlone plaas. Meer inligting sal met die betrokke atlete gedeel word. Volg die skakel vir die INTERSKOLE se...

Lees Verder

Uitslae van tenniswedstryde 29 Jan – 12 Feb

Ons het hierdie jaar 5 tennisspanne in twee verskillende ligas ingeskryf. Die eerste wedstryde het reeds 29 Januarie plaasgevind en ons deel die laaste paar weke se uitslae. Woensdag, 29 Januarie Gemengde A [Hein Muller, Christian Boshoff, Jana Maree en Mieke Hertzog] vs. Curro Century City wen 6-0 Gemengde B [Alexander Rau, Klara Maree, Stella Lamprecht en Sofia Newton] vs.Parklands Prep wen 6-0 Maandag, 3 Februarie Seuns B [Dawid-Wiese Viljoen, Daniel Wasserman en Noah Blomerus] vs. Table View verloor 0-6 Woensdag, 5 Februarie Seuns A [Fredrich Erasmus, Danny Newton, Sebastian Maree en Sebastian Boshoff] vs. Eversdal verloor 1-5 Dogters A [Mia Symington, Heloise Strauss, Katrien Stimie en Chiara Roodt] vs. Kenridge wen 4-2 Gemengde B [Kian Eksteen, Alexander Rau, Gusav Pansegrouw en Stella Lamprecht] vs. Curro Century City wen 6-0 Seuns B [Daniel Wasserman, Kian Saayman, Johan Symington en Noah Blomerus] vs. Van Riebeeckstrand verloor 2-4 Woensdag, 12 Februarie Seuns A [Jan Karsten, Fredrich Erasmus, Sebastian Maree en Dawid-Wiese Viljoen] vs. Durbanville D wen 5-1 Dogters A [BYE] Gemengde A [Christian Boshoff, Jana Maree, Mieke Hertzog en Hein Muller] vs. JvR Gemengde B [Kian Eksteen, Alexander Rau, Stella Lamprecht en Sofia Newton] Die twee spanne is in dieselfde groep in die liga ingedeel en moes teen mekaar speel. Die gemengde B span wen 5-1 Seuns B [Daniel Wasserman, Kian Saayman, Andre Marais en Johan Symington] vs. Monte Vista wen...

Lees Verder

Swemgala

Ons hou hierdie jaar weer ons Interhuis-swemgala oor 2 aparte dae. Die spasie rondom die swembad raak beperk en dis beter vir almal se veiligheid as ons ‘n junior- en seniorgala hou. Die seniorgala (Gr.4-7) vind op Vrydag, 14 Februarie plaas en die Juniorgala (Gr.1-3) op 28 Februarie. Ons wil graag ‘n paar algemene reëlings vir die dag aan julle oordra. Ons moedig MASSA DEELNAME aan. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer ‘n item aangekondig / uitgeroep word. Alle swemmers MOET ‘n swempet dra. Indien hulle nie ‘n swempet het nie gaan hulle nie mag deelneem nie. Mag nie gewone klere aanhê nie, moet skoolklere aantrek indien leerders nie aan iets deelneem nie. Leerders mag nie om swembad of deur die skool hardloop nie, anders verloor hulle punte. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met ‘n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van ‘n wedloop moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken (‘n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die wedloop met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4....

Lees Verder

WPNA netbalklinieke

Die WPNA (Pienk tannies) gaan gedurende die eerste kwartaal op twee Saterdae hul netbalklinieke by die skool kom aanbied. Die klinieke fokus op vaardighede en is nie verpligtend nie. Betaling op Karri tel ook as jou kind se inskrywing. Eerste Saterdag (die O/13 groep het reeds ‘n kliniek op hierdie dag en word nie by hierdie betaling ingesluit nie. Hulle is welkom om die volgende kliniek ook by te woon) PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck bane KOSTE: R200 per dag TYD: 09:00 -12:00 DATUM: 22 Februarie OUDERDOMME / GRADE: Gr.1 – 6 Tweede Saterdag PLEK: Laerskool Jan van Riebeeck bane KOSTE: R200 per dag TYD: 09:00 -12:00 DATUM: 29 Februarie OUDERDOMME / GRADE: Gr.1 –...

Lees Verder

Senior Interhuis Swemgala, 14 Februarie

Dit is weer amper tyd vir ons jaarlikse Senior (Gr.4 – 7 ) Interhuis Swemgala. Alle Gr.4 tot 7 leerders wat kan swem, mag aan hierdie gala deelneem. Leerders wat nie deelneem nie, trek vir die dag hul skoolklere aan. Die leerders wat wel wil deelneem, trek hul JvR swemklere (swembroek en swempet) aan. Ouers is welkom om hul kinders te kom ondersteun. Volg die skakel vir die REKORDS &...

Lees Verder

Jannies presteer by Kaapstad Minitoernooi

Mia Symington het die naweek aan die SA Tennis – Kaapstad minitoernooi deelgeneem. Sy het Saterdag al haar wedstryde gewen en deurgedring tot die “Goue Plaat finaal” wat Sondag by UCT plaasgevind het. Dit was ‘n naelbyt wedstryd, gelykop 1 stel elk, waarna sy die valbyl gewen het! Mia wen dan die enkelspel toernooi en ontvang ‘n pragtige trofee. Mia en Heloïsé Strauss het ook saam aan die dubbels afdeling deelgeneem en elk ‘n silwer medalje ontvang. Baie geluk aan beide spelers, dis wonderlike prestasies! Tydens dieselfde toernooi het Klara Maree die 0/10 afdeling gewen en ook ‘n pragtige troefee verower ! Baie geluk julle drie,ons is baie trots op...

Lees Verder

O/9 Krieketspan se eerste wedstryduitslae

Die O/9 krieketspan het op Dinsdag, 28 Februarie, hul seisoen afgeskop teen Laerskool Kampsbaai. Dit was ‘n lekker middag met ‘n pragtige uitsig oor Kampsbaai. Ons span het die wedstryd 37 teenoor -2 gewen. Baie geluk manne,dit is fantasties om die seisoen so af te skop...

Lees Verder

Tennispretdag, 8 Februarie 2020

Op Saterdag, 8 Februarie, beplan ons ‘n lekker pretdag vir tennis. Dit gaan verskeie wedstryde insluit. Enige inskrywings moet asb. via die Karri toep gedoen word. Koste beloop R30 pp en sluit ‘n “stil water” in. Ons gaan om 08:00 begin met registrasie waartydens almal hul eertse wedstrydbepalings gaan ontvang. Die volgende wedstryd-opsies is beskikbaar: Junior Dubbels; Ouer en kind dubbels en Ouer/s dubbels. Tussen 11:00 en 12:30 gaan ons vertoonwedstryde plaasvind. Alle wedstryde gaan tot 40 minute beperk word en ‘n sentrale fluitjie sal die einde van elke rondte aandui. Daar beloof om verskeie ander verrassings gedurende die dag op te duik! Bring gerus ‘n piekniek mandjie en iets vir die kole. Ons sal braaidromme, hout en platroosters voorsien. Dit gaan ‘n lekker geleentheid wees om die tennisafrigters en van ons personeel op ‘n informele wyse te leer...

Lees Verder

Finale groepe vir weeklikse buitemuurse swemoefening

Gedurende die afgelope week het ons die leerders wat vir swemoefening opgedaag het geassesseer en leerders wat meer aandag benodig na ‘n ander groep geskuif. Leerders wat nie vir oefening opgedaag het nie, se ouers is via e-pos vanaf die sportkantoor gekontak om hul inskrywing te bevestig. Aansoeke is ook gedurende die week ontvang en die leerders is eers op die waglys geplaas om ouers van leerders wat nie vir oefening opgedaag het nie, maar wat reeds ingeskryf het, die geleentheid te gee om hul plek te bevestig. Dit is na aanleiding van al hierdie stappe wat ons nou die finale groepe bekend maak. Reëlings vir oefening groepe: 1. Elke groep het ‘n hoeveelheid beperking op na aanleiding van hul ouderdom en ons kan nie meer leerders as dit in die swembad toelaat nie. 2. Leerders wie se name as deel van die groep (Gr 1 = 20 leerders; Gr 2 – 3 = 25 leerders; Gr 4 – 7 =30 leerders) ingeskryf is, word eerste toegang tot die swembad gegee. Indien daar iemand van die groep nie opdaag nie, byvoorbeeld daar daag net 18 kinders vir die graad 1 les op, kan ons nog 2 kinders toelaat. 3. Ons kan nie waarborg dat daar by elke les plek gaan wees nie. 4. Oor ‘n paar weke gaan ons leerders se bywoning evalueer en indien iemand gereeld NIE opdaag...

Lees Verder

Jannies ontvang hul WP en Wes-Kaap kleure vir tennis

Aan die einde van 2019 het verskeie leerders aan die Kaapstad (WP) Tennis proewe deelgeneem. Ons leerders het goed gevaar en heelwat het deurgedring na die volgende rondtes. Na ure in die son en baie harde werk is twee van ons leerders vir die spanne gekies. Baie geluk aan Fredrich Erasmus wat vir die Kaapstad (WP) O/12 B-span gekies is. Die ander leerder, Peet Karsten, is vir die Wes-Kaap O/15 span gekies en verskyn as die tweede speler op die rang. Peet het aan die einde van 2019 by die Laerskool klaar gemaak en is nou in graad 8. Baie geluk manne, hierdie is wonderlike...

Lees Verder

Welgemoed Skaaktoernooi, 29 Februarie

Laerskool Welgemoed bied op Saterdag, 29 Februarie, hul jaarlikse skaaktoernooi aan. Enige belangstellende leerders kan die onderstaande skakel volg om in te skryf. Inskrywings gaan direk na Welgemoed toe en ons het nie toegang tot die inligting nie....

Lees Verder

Protea Hokkiespan in aksie in Stellenbosch

Die vroue Protea Hokkiespan speel vanaf 19 Januarie tot 4 Februarie in Stellenbosch. Hulle neem aan die 2020 Summer Series deel. Van die wedstryde vind oor naweke plaas en ons moedig ons leerders aan om te gaan kyk. Dirkie Chamberlain wat verlede jaar saam met Margaux Reynecke vir ons klinieke aangebied het, speel vir die SA-seniorspan wat besig is met voorbereidings vir die Olimpiese Spele in...

Lees Verder

Jannies vaar goed by die SA Jeug skaakkampioenskappe

Gedurende die vakansie het ’n aantal van ons leerders aan die jaarlikse Suid Afrikaanse jeug skaak-kampioenskappe te Birchwood in Boksburg deelgeneem. Die toernooi het bestaan uit die spankampioenskappe, gevolg deur ’n opsionele individuele toernooi. Die spankampioenskappe het gestrek van die 4de tot die 8ste Januarie, die individuele of sg. Wildcard toernooi het gestrek van die 9de tot die 12de Januarie. 6 van Laerskool Jan van Riebeeck se leerders het deel gevorm van die WP span: Liezel, Carla en Emma Snijders, Petrus en Louis Bosman en Jan Karsten Daar was ook 7 Hoërskool Jan van Riebeeck leerders wat deelgeneem het. In die spankampioenskappe het WP algeheel 2de geëindig, ’n kort koppie agter Tshwane. Die spelers het elk op ’n bord vir ’n spesifieke WP span in ’n ouderdom kategorie deelgeneem en as volg presteer: Liezel Snijders, o/14a meisies afdeling, bord 6 vir die WP o/14a meisies span, 5/7 punte Carla Snijders, o/12a meisies afdeling, bord x vir die WP o/12a meisies span, 4.5/7 punte Petrus Bosman, o/12a ope afdeling, bord 8 vir die WP o/12a span, 5.5/7 punte Jan Karsten, o/12b ope afdeling, bord 1 vir die WP o/12b span, 6/7 punte Louis Bosman, o/10b ope afdeling, bord 4 vir die WP o/10b span, 3/7 punte Emma Snijders, o/10a meisies afdeling, bord x vir die WP o/10a meisies span, 5/7 punte Die individuele of sg. Wildcard toernooi was volgende aan...

Lees Verder

Voorlopige Interskole Atletiekspan

Na afloop van ons Kleure Atletiekbyeenkoms aan die einde van 2019 het ons ‘n voorlopige span geïdentifiseer. Die span is nog onderhewig aan verandering. Atlete onttrek, sommige atlete het vir te veel items gekwalifiseer en moet nou kies en dan het ons natuurlik baie nuwe leerders wat hierdie jaar by ons aansluit. Alle nuwe leerders in die skool wat graag vir die atletiekspan wil kwalifiseer kan juf. Hanekom in die Sportkantoor kontak (sport@jvrprim.co.za). Dui asb. die ouderdom en items aan waaraan hulle wil deelneem. Ons reël dan dat nuwe atlete teen bestaandes tydens oefening kompeteer om moontlik te kwalifiseer. Die eerste atletiekoefening begin Maandag, 20 Januarie, 14:30 tot 15:30 by die Hoërskool se Sportvelde. Volg die skakel vir die VOORLOPIGE...

Lees Verder

Kleuresport 2019 se uitslae

Baie dankie aan almal wat ons die laaste twee dae ondersteun het by die jaarlikse Atletiek. Ons deel graag die finale uitslae met julle, maar sal die bekerwenners eers volgende week bekend maak nadat dit met die kinders gedeel is. Onthou asb. dat elke atleet ‘n punt vir deelname kry en dat die finale punte dit en die onderskeie uitslae se punte insluit. Volg die skakel vir die uitslae van die KLEURE ATLETIEK...

Lees Verder

Reëlings en program vir Kleure Atletiekbyeenkoms

Die jaar vlieg verby en dis tyd vir ons jaarlikse Kleure Atletiekbyeenkoms. Die leerders van Huppelland en Gr.1 het almal briewe (geel bladsy) ontvang met die reëlings en vir die res van die leerders is dit in hul registerklasse opgesit. Ons gaan Maandag, 25 November, die velditems vir Gr.3 – 7 aanbied en Woensdag, 27 November, vind die baanitems vir Gr. R tot 7 plaas. Onthou asb. dat leerders volgens hul ouderdomme vir 2020 deelneem. Sien asb. die inligting hier onder: 1. Kleur-indeling volgens leerders se vanne: BLOU: A – L ORANJE: M – Z 2. Ouderdomsgroepe van leerders soos vir 2020 en waarin deelgeneem gaan word: 2014 – Onder 6 [60m] 2013 – Onder 7 [60m] 2012 – Onder 8 [80m + 400m + 800m] 2011 – Onder 9 [80m + 400m + 800m] 2010 – Onder 10 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING +70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] 2009 – Onder 11 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] 2008 – Onder 12 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m] 2007 – Onder 13 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + DISKUS + SPIESGOOI + 75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] 2006...

Lees Verder