Skrywer: JvR Sport JvR Sport

Nuwe netbalwedstrydhempies

Baie dankie aan almal wat reeds die nuwe netbalwedstrydhempie gekoop het. Ons het gister vir die eerste keer daarin gespeel en dit het pragtig gelyk. Die kinders se opwinding oor die nuwe hempie is aansteeklik. Onthou asb dat ons dit slegs vir wedstryde gaan dra. Vir die ouers wat nog nie ‘n hempie gekoop het nie, dit is steeds by die klerebank beskikbaar teen R175....

Lees Verder

Nuwe netbal- en tenniswedstrydklere

Nadat ons vir amper 3 jaar lank die regte verskaffer gesoek het, het ons uiteindelik iemand gekry wat aan ons standaarde voldoen. Hierdie wedstryd hempie word slegs vir tennis- en netbalwedstryde gedra. Die wit LO-hemp word dan vir oefeninge gebruik. Dit verseker dat ons spelers netjies lyk en verleng die gebruik van die wit LO-hemp. Ons weet dat dit ‘n tydjie gaan neem vir almal om hierdie hempie aan te skaf en vir die eerste rukkie gaan ons dit net dra as die hele span die hempie het, ons wil darem ook nie by wedstryde te bont lyk nie. Om ouers te help het ons reeds al die netbalspelers (O/7 – O/11) die hempies laat aanpas. Eda van die klerebank het elke speler se grootte. Dit beteken ouers hoef nie in ‘n lang ry te staan of hul kind uit die klas te gaan haal nie. Ons vra dat alle netbalspelers (O/7 – O/11) hierdie hempie so spoedig moontlik aanskaf. Dis amper die einde van die seisoen vir die O/12’s en hulle kry in hul O/13 jaar rokkies by die skool. Daarom hoef hulle dit nie nou aan te skaf nie. Die nuwe netbal- en tenniswedstrydhempies is NOU by die klerebank beskikbaar teen...

Lees Verder

Tennis-rondomtalie

Ons hou op Woensdag, 20 Junie, vir die gr 4-7 leerders ‘n oggend waar ons vriendskaplik teen mekaar gaan tennis speel. ‘n E-pos is aan die ouers gestuur waar hulle die kinders in ‘n google vorm, voor Vrydag 15 Junie, kon inskryf. Ons is oorweldig deur die goeie terugvoer wat ons ontvang het. Dis wonderlik om te sien hoe baie kinders wil deelneem. Ons sal ‘n paar ekstra rakette hê vir die kinders. Ouers is welkom om te kom...

Lees Verder