Atletiek: Baanitems, 9 Desember 2022

VRYDAG, 9 Desember 2022: gr. 1-7 by Hoërskool Kampsbaai 07:15 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:45) Die optog begin om 07:15 Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool aflaai en optel. Parkering is beperk en ons versoek dat ouers wat die dag wil kom kyk asseblief van rygeleenthede gebruik maak. Daar sal nie die oggend ‘n bus wees wat leerders na die veld vervoer nie. Leerders kan na afloop van die dag weer by die veld opgetel word. Leerders wat nasorg toe moet gaan, sal met ‘n bus terug skool toe geneem word. ITEMS: 07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies (gr. 1 – 7) Onder 8 [80m + 400m + 800m] Onder 9 [80m + 400m + 800m] Onder 10 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] Onder 11 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m] Onder 12 [75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m] Onder 13 [75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] OPE [80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m] Leerders moet tot aan die einde van die dag bly. Daar sal aan die einde van die dag AFLOS-items wees. Ouers is welkom om ook ‘n span in te skryf. Kontak gerus vir Andries Viljoen (andries.viljoen@gmail.com) indien jy wil deelneem. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hulle onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES”...

Atletiek: Velditems, 7 Desember 2022

WOENSDAG, 7 Desember 2022: gr. 3 – 7 by Hoërskool JvR Sportvelde 07:45 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:30) Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool se sportveld aflaai en optel. Indien dit nie moontlik is nie, moet leerders soos op ‘n normale skooldag by die Laerskool afgelaai word en kan dan weer aan die einde van die dag by die Laerskool opgetel word. Die Steyntjie-bus sal leerders tussen die veld en skool vervoer. VELDITEMS: o.10 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring] o.11 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring] o.12 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus] o.13 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus] OPE [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus] Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hul onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Gr. 3 – 7-leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. Toeskouers is welkom om die dag te kom kyk. Gr. 1 & 2 HET ‘N NORMALE SKOOLDAG. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/12/2022-VELDNOMMERS-program-7-Des.pdf" title="2022-VELDNOMMERS program - 7...

Atletiek: 7 en 9 Desember 2022

Hiermee meer inligting rakende die Kleure-atletiekbyeenkoms wat op 7 & 9 Desember plaasvind. Op 7 Desember gaan leerders van gr. 3 - 7 by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers. Toeskouers kan in skoolklere geklee wees. Op 9 Desember gaan alle leerders by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers. Atlete gaan in hul ouderdomsgroepe soos vir 2023 deelneem. Hierdie byeenkomste is om vir leerders die geleentheid te gee om teen mekaar te kan kompeteer en ons Interskole span vir 2023 vroegtydig te identifiseer, maar op die einde van die dag bly die KIND / ATLEET die BELANGRIKSTE. Die atletiekbyeenkoms vind oor 2 dae plaas. Slegs sekere ouderdomsgroepe is op die onderskeie dae betrokke. Die ouer deelnemers (o.10 – Ope vir 2023) se byeenkoms vind oor 2 dae plaas. Die eerste dag (Woensdag, 7 Des.) vind velditems plaas en hulle mag aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die 2de dag (Vr., 9 Des) is net baanitems en atlete mag weereens aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die fokus is op MASSA DEELNAME, m.a.w. die kleurgroepe word beloon vir elke atleet wat aan elke item deelneem. Al eindig hul laaste is dit ‘n punt vir sy/haar span. 7 Desember 2022: Velditems Gr. 3 – 7 (o.10 – Ope vir 2023) by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportveld. 9 Desember 2022: Baanitems Gr. 1 – 7 (o.8 – Ope vir 2023) by Hoërskool Kampsbaai se sportveld. Bekers sal aan die einde van die byeenkoms uitgedeel word. Kleurgroepindeling volgens leerders se vanne: BLOU: A - L ORANJE: M - Z Ouderdomsgroepe van leerders soos vir 2023 en waaraan deelgeneem...

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo dat dit vandag presies oor ‘n maand Kersfees is! Ek staan verstom oor hoe vinnig tyd verby gaan en onwillekeurig kom die vraag by my op, maar hoe is dit moontlik dat die jaar so spoedig verby gesnel het? Daar is nog so baie goed wat gedoen moet word. Dis weer vir ons almal tyd om oor die jaar te reflekteer om te bepaal of ons onder andere wel ons doelwitte bereik het. Vanjaar word sover gekenmerk as ‘covid-loos’ of sal ek eerder sê sonder drakoniese Covid-inperkinge en dit plaas sommer gou weer alles vir ons in perspektief aangesien alles wat ons as normaal ken binne ‘n oogwink kan verander. ‘n Ander siening kan moontlik wees dat tyd net vanjaar baie vinniger verby gesnel het aangesien ons dit as ‘n ‘inhaal-jaar’ gesien het en sodoende meer gedoen het om op te maak wat ons tydens die pandemie verloor het. Wat dit ook al mag wees, die jaar staan einde se kant toe! Hierdie week het gr. 4 - 6-leerders op Dinsdag, 22 November 2022, ook met hul finale eksamen begin. Finale assesserings en eksamens is nou in volle swang terwyl ons leerders skouer aan die wiel sit om net hul beste te doen voordat daar ‘n heerlike en welverdiende vakansie aanbreek. Die assessering vir die grondslagfase het gister geëindig terwyl die gr. 4 - 7-leerders op Donderdag, 01 Desember 2022, hul laaste vak skryf. My beste wense vergesel hulle tydens die eksamen. Daar wag ook vir ons leerders ‘n hele klompie opwindende aktiwiteite wat die laaste 2 weke van die kwartaal gaan plaasvind sodat hulle die...

Hoe om buitemuurse aktiwiteite foto’s te bestel

Aanlyn bestellings: Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto's te sien. Wagwoord: JVR2020 Stap 2: Bestel en betaal die foto's op die Luncbox Photography webtuiste. Indien jy kontant wil betaal en nie aanlyn wil bestel nie, volg hierdie stappe: Stap 1: Voorbeelde van alle foto’s en koeverte is by die glaskas gang tussen die saal en die dames badkamers beskikbaar. Stap 2: Kies die foto’s wat jy wil bestel, neem 'n koevert en skryf dan die KORREKTE KODE wat onderaan die foto verskyn op die koevert. Stap 3: Plaas die geld in die koevert en stuur terug skool toe. Indien jy kleingeld benodig, sal jy dit later ontvang. LAASTE DAG VAN BESTELLING: Woensdag, 7 Desember 2022 *Indien jy die afsnydatum mis, sal jy steeds foto's aanlyn kan bestel, maar jy sal die foto's by jou eie adres moet laat aflewer en vir aflewering...

Dringende versoek: Prysuitdelingbekers

Ons herinner ouers daaraan om asseblief alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, so gou as moontlik skool toe te stuur. Leerders kan die bekers by die biblioteek inhandig. Dankie vir die samewerking!

Nasorg 2023

Kliek HIER vir 'n verwelkomingsbrief en meer inligting. Kliek HIER vir 'n aansoekvorm.  

Musieklesse 2023

Indien jy belangstel in musieklesse vir jou kind vir 2023, kontak asb. die volgende onderwysers: Klavier en blokfluit: Helecia (helecia@jvrprim.co.za) Viool: Hannelize (hannelizegravell@gmail.com) Kitaar: Shaun (shaunberry14@gmail.com)

Geagte Ouers / Voogde

Hierdie week het ons op Dinsdag, 15 November 2022, die laaste saalbyeenkoms voor die eksamen begin, gehou. Graag wil ek die Gr. 7’s (Mia Boshoff, Kate Mouton en Liam Botha) wat ‘n pragtige boodskap met praktiese wenke aan die leerders gelewer oor hoe om die komende eksamen aan te pak en nie onnodig angstig te raak nie, hartlik bedank vir die voortreflike aanbieding. Ek besef net weer elke dag die voorreg wat ons het om met merkwaardige leerders te werk. Vandag begin die Gr. 7’s met hul finale laerskooleksamen en hulle skryf Wiskunde. Die Gr. 4 - 6’e begin op Dinsdag, 22 November 2022, met hul eksamen. Die Grondslagfase het reeds met finale assesserings op Maandag, 14 November 2022, begin. Graag wil ek al ons leerders sterkte met die eksamen toewens. Ons weet julle gaan jul beste gee. Ek wil julle as ouers/voogde by voorbaat bedank dat julle ons opvoeders kollektief sal help om te verseker dat die komende assesseringsreeks/eksamen nie ‘n angswekkende en stresvolle ervaring vir jul kinders sal wees nie. Hiermee ‘n paar praktiese wenke om jou kind so goed moontlik vir die komende eksamen voor te berei: Stel ‘n studierooster saam met jou kind op en verdeel werk in kleiner porsies wat nie oorweldigend is nie. Beperk ook die studietyd tot 30 minute per sessie, want laerskoolkinders sukkel om langer as 20 - 30 minute op ‘n slag te konsentreer. Gereelde blaaskanse is belangrik en daar moet ook tyd vir ontspanning geskeduleer word anders mag jou kind die eksamenstudie baie negatief ervaar. Doen gerus saam met jou kind ‘n bietjie oefening deur byvoorbeeld ‘n entjie te...

Dramatye tydens eksamen

Ons dramakonsert is Maandag, 12 Desember, om 18:30 in die skoolsaal. Ons sal in skooltyd na elke dag se eksamensessie met die leerders oefen. Die tye na skool is as volg: Maandag 13:30 - 14:30 (gr. 4 - 7) Woensdag 13:00 - 14:00 (gr. 1 - 3) Woensdag 14:00 - 15:00 (gr. 4 - 7) Vrydag 13:00 - 14:00 (gr. 1 - 3) Sterkte met die eksamen! Groete,...

Atletiek- en swemoefening tydens die eksamen

Gedurende die eksamentyd gaan ons vir die gr. 3 - 6-leerders die geleentheid bied om steeds aan atletiek- en swemoefeninge deel te neem. Hierdie sessies is slegs vir leerders wat dit graag wil bywoon.  Leerders wat nie hul kant bring nie, sal terug na hul klasse gestuur word. Ons gaan dit nie vir gr. 1 en 2-leerders beskikbaar maak nie omdat hulle die meeste van die dag aan assesserings spandeer. Die gr. 7-leerders het ook baie ander finale take wat afgehandel moet word daarom dat hulle ook nie onttrek sal word nie. Voltooi asseblief die google form indien jy wil hê jou kind(ers) moet aan die sessies deelneem. Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word. Atletiek- en swemoefeninge: 12:00-13:15 direk na tweede pouse op agterste sportveld / swembad. Atletieksessies sal meestal op die sportveld by die skool plaasvind. Ons sal leerders vir enkele oefeninge na die Hoërskool se velde met busse aan ry. Dinsdag, 22 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems) Woensdag, 23 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems) Donderdag, 24 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems) Vrydag, 25 Nov: gr. 3 en 4 (Velditems) Maandag, 28 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems) Dinsdag, 29 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems) Woensdag, 30 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems) Donderdag, 1 Des: gr. 3 en 4 (Velditems) GOOGLE FORM  ...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor