Hiermee meer inligting rakende die Kleure-atletiekbyeenkoms wat op 7 & 9 Desember plaasvind.

Op 7 Desember gaan leerders van gr. 3 – 7 by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers. Toeskouers kan in skoolklere geklee wees. Op 9 Desember gaan alle leerders by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers.

Atlete gaan in hul ouderdomsgroepe soos vir 2023 deelneem. Hierdie byeenkomste is om vir leerders die geleentheid te gee om teen mekaar te kan kompeteer en ons Interskole span vir 2023 vroegtydig te identifiseer, maar op die einde van die dag bly die KIND / ATLEET die BELANGRIKSTE. Die atletiekbyeenkoms vind oor 2 dae plaas. Slegs sekere ouderdomsgroepe is op die onderskeie dae betrokke.

Die ouer deelnemers (o.10 – Ope vir 2023) se byeenkoms vind oor 2 dae plaas. Die eerste dag (Woensdag, 7 Des.) vind velditems plaas en hulle mag aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die 2de dag (Vr., 9 Des) is net baanitems en atlete mag weereens aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die fokus is op MASSA DEELNAME, m.a.w. die kleurgroepe word beloon vir elke atleet wat aan elke item deelneem. Al eindig hul laaste is dit ‘n punt vir sy/haar span.

7 Desember 2022: Velditems

  • Gr. 3 – 7 (o.10 – Ope vir 2023) by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportveld.

9 Desember 2022: Baanitems

  • Gr. 1 – 7 (o.8 – Ope vir 2023) by Hoërskool Kampsbaai se sportveld.
  • Bekers sal aan die einde van die byeenkoms uitgedeel word.

Kleurgroepindeling volgens leerders se vanne:

BLOU: A – L
ORANJE: M – Z

Ouderdomsgroepe van leerders soos vir 2023 en waaraan deelgeneem kan word:

  • 2017 – o.6 [60m]
  • 2016 – o.7 [60m]
  • 2015 – o.8 [80m + 400m + 800m]
  • 2014 – o.9 [80m + 400m + 800m]
  • 2013 – o.10 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING +70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
  • 2012 – o.11 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
  • 2011 – o.12 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m +150m + 1 200m]
  • 2010 – o.13 [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES +100m + 200m +800m + 1 500m]
  • 2009 en vroeër – OPE [GEWIGSTOOT + HOOGSPRING + VERSPRING + 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]

WOENSDAG, 7 Desember 2022: gr. 3 – 7 by Hoërskool JvR Sportvelde

  • 07:45 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:30)
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool se sportveld aflaai en optel. Indien dit nie moontlik is nie, moet leerders soos op ‘n normale skooldag by die Laerskool afgelaai word en kan dan weer aan die einde van die dag by die Laerskool opgetel word. Die Steyntjie-bus sal leerders tussen die veld en skool vervoer.

VELDITEMS:

  • o.10 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring]
  • o.11 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring]
  • o.12 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus]
  • o.13 [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus]
  • OPE [Gewigstoot + Hoogspring +Verspring + Spiesgooi + Diskus]

Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hul onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Gr. 3 – 7-leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. Toeskouers is welkom om die dag te kom kyk. Gr. 1 & 2 HET ‘N NORMALE SKOOLDAG.

VRYDAG, 9 Desember 2022: gr. 1-7 by Hoërskool Kampsbaai

  • 07:15 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:45)
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool aflaai en optel. Daar sal nie die oggend ‘n bus wees wat leerders na die veld vervoer nie. Leerders kan na afloop van die dag weer by die veld opgetel word. Leerders wat nasorg toe moet gaan, sal met ‘n bus terug skool toe geneem word.

ITEMS:

07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies (gr. 1 – 7)

  • Onder 8 [80m + 400m + 800m]
  • Onder 9 [80m + 400m + 800m]
  • Onder 10 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
  • Onder 11 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
  • Onder 12 [75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m]
  • Onder 13 [75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]
  • OPE [80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]

Leerders moet tot aan die einde van die dag bly. Daar sal aan die einde van die dag AFLOS items wees. Ouers is welkom om ook ‘n span in te skryf. Kontak gerus vir Andries Viljoen (andries.viljoen@gmail.com) indien jy wil deelneem. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hulle onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. GEEN toeskouers word op die veld toegelaat nie en moet asseblief op die pawiljoene sit.

Die program vir beide dae sal gedurende volgende week op die webtuiste gelaai word.