Gedurende die eksamentyd gaan ons vir die gr. 3 – 6-leerders die geleentheid bied om steeds aan atletiek- en swemoefeninge deel te neem. Hierdie sessies is slegs vir leerders wat dit graag wil bywoon.  Leerders wat nie hul kant bring nie, sal terug na hul klasse gestuur word. Ons gaan dit nie vir gr. 1 en 2-leerders beskikbaar maak nie omdat hulle die meeste van die dag aan assesserings spandeer. Die gr. 7-leerders het ook baie ander finale take wat afgehandel moet word daarom dat hulle ook nie onttrek sal word nie. Voltooi asseblief die google form indien jy wil hê jou kind(ers) moet aan die sessies deelneem.

  • Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
  • Atletiek- en swemoefeninge: 12:00-13:15 direk na tweede pouse op agterste sportveld / swembad.
  • Atletieksessies sal meestal op die sportveld by die skool plaasvind. Ons sal leerders vir enkele oefeninge na die Hoërskool se velde met busse aan ry.

Dinsdag, 22 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems)
Woensdag, 23 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems)
Donderdag, 24 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems)
Vrydag, 25 Nov: gr. 3 en 4 (Velditems)
Maandag, 28 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems)
Dinsdag, 29 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems)
Woensdag, 30 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems)
Donderdag, 1 Des: gr. 3 en 4 (Velditems)

GOOGLE FORM