VRYDAG, 9 Desember 2022: gr. 1-7 by Hoërskool Kampsbaai

  • 07:15 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:45)
  • Die optog begin om 07:15
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool aflaai en optel.
  • Parkering is beperk en ons versoek dat ouers wat die dag wil kom kyk asseblief van rygeleenthede gebruik maak.
  • Daar sal nie die oggend ‘n bus wees wat leerders na die veld vervoer nie. Leerders kan na afloop van die dag weer by die veld opgetel word. Leerders wat nasorg toe moet gaan, sal met ‘n bus terug skool toe geneem word.

ITEMS:

07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies (gr. 1 – 7)

  • Onder 8 [80m + 400m + 800m]
  • Onder 9 [80m + 400m + 800m]
  • Onder 10 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
  • Onder 11 [70m HEKKIES + 80m + 100m + 1 200m]
  • Onder 12 [75m HEKKIES + 150m HEKKIES + 100m + 150m + 1 200m]
  • Onder 13 [75m / 80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]
  • OPE [80m HEKKIES + 200m HEKKIES + 100m + 200m + 800m + 1 500m]

Leerders moet tot aan die einde van die dag bly. Daar sal aan die einde van die dag AFLOS-items wees. Ouers is welkom om ook ‘n span in te skryf. Kontak gerus vir Andries Viljoen (andries.viljoen@gmail.com) indien jy wil deelneem. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hulle onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. GEEN toeskouers word op die veld toegelaat nie en moet asseblief op die pawiljoene sit.

2022 Des-PROGRAM