Aanlyn bestellings:

Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto’s te sien. Wagwoord: JVR2020

Stap 2: Bestel en betaal die foto’s op die Luncbox Photography webtuiste.

Indien jy kontant wil betaal en nie aanlyn wil bestel nie, volg hierdie stappe:

Stap 1: Voorbeelde van alle foto’s en koeverte is by die glaskas gang tussen die saal en die dames badkamers beskikbaar.

Stap 2: Kies die foto’s wat jy wil bestel, neem ‘n koevert en skryf dan die KORREKTE KODE wat onderaan die foto verskyn op die koevert.

Stap 3: Plaas die geld in die koevert en stuur terug skool toe. Indien jy kleingeld benodig, sal jy dit later ontvang.

LAASTE DAG VAN BESTELLING: Woensdag, 7 Desember 2022
*Indien jy die afsnydatum mis, sal jy steeds foto’s aanlyn kan bestel, maar jy sal die foto’s by jou eie adres moet laat aflewer en vir aflewering betaal.