Belangrike Tennis kennisgewing
Let daarop dat ons die ranglysstelsel aangepas het en dit in 2023 inwerking sal tree. Die posisie wat die graad 7-spelers van 2022 laat, sal gevul word deur die volgende spelers op die ranglys. Leerders wat in 2023 graad 4 betree, sal die kans gegun word om die leerders wat alreeds op die ranglys is, te daag en dan in aanmerking vir ‘n posisie op die ranglys te kom. Enige toetreders wat in 2023 wil begin tennis speel, moet so spoedig moontlik die tennishoof of sporthoof in kennis stel. Tennishoof: Juffrou Anja Nauta (anja@jvrprim.co.za) Sportorganiseerder: Leon Hanekom...
Jaarverslag 2022
Bestel van Buitemuurse Aktiwiteite foto’s
Die bestellings vir die buitemuurse aktiwiteite foto's het reeds gesluit. Indien jy die afsnydatum gemis het, kan jy steeds op die fotograaf se webtuiste foto's bestel. Die foto's word egter dan nie by die skool afgelewer nie, maar eerder by 'n adres van jou keuse en jy sal self die kostes vir die aflewering moet betaal. Aanlyn bestellings: Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto's te sien. Wagwoord: JVR2020 Stap 2: Bestel en betaal die foto's op die Luncbox Photography...
Geagte Ouers / Voogde
Die tweede laaste week van die akademiese jaar het afgeskop met die jaarlikse prysuitdelings. Op Maandag, 5 Desember, het die Grondslagfase se prysuitdelings onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 1), 10:00 (gr. 2) en 12:00 (gr. 3) plaasgevind. Die intermediêre fase se prysuidelings het op Dinsdag, 6 Desember, onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 4), 10:00 (gr. 5) en 12:00 (gr. 6) plaasgevind. Die doel van die prysuitdelings is om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Akademie is ons kernbesigheid en aangesien ons elke Dinsdag erkenning in die saal vir sport- en kultuurprestasies gee, is dit ook belangrik om op die regte wyse vir leerders erkenning vir akademiese uitnemendheid te gee. Natuurlik gaan daar leerders teleurgesteld wees, maar hulle kan dit verwerk as daar ‘n veilige anker by die huis is wat hulle dra. Ons moet saam met julle as ouers/voogde ook die leerders leer dat die lewe daar buite soms hard en onregverdig is, maar dat hulle meer werd is as enige trofee, sertifikaat of medalje. Elke leerder het ‘n pragtige sertifikaat ontvang wat elkeen se onderskeidelike prestasies toon. Die Top Tien akademiese leerders in grade 4 tot 6 het spesiale sertifikate ontvang. Graag wil ek weer al ons leerders hartlik gelukwens met hul uitnemendheid, merkwaardige pretasies asook hul onberispelike gedrag die afgelope jaar. Ek het ook tydens die prysuitdelings gemeld dat ons leerders se emosionele intelligensie vir my merkwaardig is. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe hulle mekaar gelukwens met hul onderskeie prestasies sonder enige tekens van afguns. Hierdie gedrag spreek boekdele rakende die skool se kultuur en etos. Verder...
Ouerinligtingsaand: 24 Januarie 2022
Teken solank die datum aan vir die ouerinligtingsaand, personeel bekendstelling en 'n lekker saamkuier. Dit is slegs vir ouers en personeel. Daar gaan binnekort 'n Karri-invordering aan ouers gestuur word met spyskaartopsies. Ons hoop om almal daar te sien!
Dramakonsert: 12 Desember
Die Dramakonsert vind volgende week Maandag, 12 Desember, om 18:00 in die skoolsaal plaas. Huppelland tree eerste op, daarna graad 1 - 3 en laaste graad 4 - 7. Dit sal teen 20:00 klaar wees. Ouers kan kies of hulle vir al drie konserte wil bly of net 'n gedeelte. Dit is gratis. Almal is...
Verlore Goedere Uitstalling
Alle verlore goedere sal Maandag vanaf 10:00 - 14:00 op die veld uitgestal word. Ouers en leerders is welkom om te kom kyk indien daar items is wat julle vermis.
Nell du Toit dans in The Nutcracker
Nell du Toit (gr. 4) dans van 7 - 23 Desember 2022 in City of Cape Town Ballet se The Nutcracker produksie in die Artscape. Dit is 'n ongelooflike geleentheid en sy is vreeslik opgewonde! Baie geluk, Nell! Ons hoop dit is 'n wonderlike ervaring! Kliek HIER om kaartjies vir die produksie te...
Skryfbehoeftelyste: Graad 1 – 7
Volg gerus hierdie skakel na die Akademieblad op ons webtuiste vir die skryfbehoeftelyste van al die grade vir 2023. Indien die skakel nie dadelik op die skryfbehoeftelyste oopmaak nie, rol 'n bietjie af op die skerm.
Canva for Education
Canva is 'n grafiese ontwerp-toepassing wat reeds deur van ons leerders in die intersenfase gebruik word vir die maak van take en plakkate. Canva het 'n gratis weergawe, maar die grafika wat gebruik kan word, is beperk. Skole kan aansoek doen om die "Pro" weergawe gratis vir leerders en personeel te kry. Ons is in die proses om aansoek te doen vir Canva for Education (die "Pro" weergawe) vir ons leerders en onderwysers. Ons sal hopelik binnekort die lisensie hê. Een van die ooreenkomste in die kontrak is dat ons ouers se toestemming het dat leerders dit mag gebruik. Indien daar ouers is wat enige vrae het, stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Indien jy nog nie van die toepassing gehoor het nie, gaan skep gerus vir jou 'n gratis profiel om te sien hoe dit...
Migrasie na Microsoft
Beste Leerders en Ouers, Ons migrasie vanaf Google na die Microsoft platform is afgehandel. Leerders gaan steeds vir 'n ruk kan inteken op Google, Google Classroom en hul Google Drive gebruik, maar hulle gaan nie meer in Gmail kan ingaan nie. Geen e-posse is verlore nie. Ons sal aan die begin van volgende jaar die leerders wys hoe om in te teken. Stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za vir enige navrae. Graad 7-ouers sal voor die skool sluit 'n WhatsApp ontvang met stappe om die graad 7-leerders van 2022 se Google-omgewing inligting af te laai en te stoor. Graad 7's van 2022 se e-posadresse sal wanneer die skool begin volgende jaar uitgevee...
Nuwe Skooldrag 2023: Bestellings
Die nuwe skoolhemde en seniors se lang, donkerblou sokkies met wit strepies is nog nie beskikbaar nie. Sodra dit beskikbaar is, gaan bestellings gepak en gereserveer word. ‘n Boodskap sal gestuur word om ouers daarvan te verwittig met moontlike optelpunte en tye. Indien dit nie teen 18 Januarie afgehaal is nie, sal dit by die klaskamers afgelewer word, mits betaling afgehandel is. Alle nuwe bestellings is welkom, maar hou ingedagte dat fabrieke vir ‘n paar weke sluit en eers weer in Januarie heropen. Spesiale Klerebanktye vir Desember en Januarie: 12 en 14 Desember 2022 07:20 - 08:15 16 en 17 Januarie 2023 09:00 - 10:00 Skool heropen 18 Januarie 2023 en tye hervat soos normaal: Maandae en Woensdae 07:20 - 08:00 Dinsdae en Donderdae 13:30 - 14:20 *Let wel: Die Klerebank maak nie oop op middae wat die skool vroeër sluit...
Musiekteorie-uitslae
Baie geluk aan die volgende leerders wat onlangs die Unisa teorie-eksamens geslaag het: Emke van Wyk Gr 3 51% Elsabé Scholtz Gr 3 58% Cara Swanepoel Gr 3 70% Katia van Wyk Gr 3 84% Stella Zulch Gr 2 94% Lea de Ridder Gr 3 98% Markus de Ridder Gr 3 100% Ons is baie trots op julle! Dis harde...
Barbara Schreuder Dansskool
DANS JAAREINDFUNKSIE | "END OF YEAR" 2022 Datum: Saterdag, 10 Des 2022 Venue: JvR Tyd: 11:00 Kaartjies: By deure R60 Volwassenes R40 Skoolgaandes Behou kaartjie vir prystrekkings! Parkering: Agter die skool Kom ondersteun ons oulike dansers in gr. 1 - 8 en sien drie genres van dans: AAB Ballet, Moderne dans, Eisteddfod voorgeskrewe en HipHop! Ons trek pryse tussen items, deel sertifikate aan die einde uit, dansers ruil geskenke en almal hou "partytjie" met iets te ete en te drinke. Daar is iets vir almal! Hoop om julle daar te sien! Groete, Juf. Barbie en...
Geagte Ouers / Voogde
Novembermaand groet ons stilletjies en is ook nie-amptelik die begin van die sogenaamde “silly season”. Ons sien dit dalk as ‘n tydperk waar mense die mees eienaardige en vreemde dinge aanvang en/of kwytraak. In die Suid-Afrikaanse konteks dalk verstaanbaar met al die uitdagings soos hoë inflasie- en rentekoerse, toename in werkloosheid asook ESKOM met beurtkrag. Selfs Charlene Theron was skuldig in die verband met haar naïwe 44-uitlating. Die term “silly season” het eintlik sy oorsprong uit die 19de eeu waar koerante tydens die begin van die somerseisoen vol van onbelangrike nuus was, want daar was nie voldoende politieke nuus vir enige sensasie nie. Gelukkig is dit nou Desember en die mens kom stadig maar seker weer tot sy sinne en maak gereed vir ‘n heerlike vakansie en kerstyd. Gister het die eksamen vir die gr. 4 - 7 leerders ook tot ‘n einde gekom. Ek glo dat almal nou ‘n sug van verligting slaak en daar is weer ‘n ontspanne atmosfeer in jul huise terwyl almal na ‘n welverdiende vakansie uit sien. Die opvoeders is besig om die laaste klompie antwoordstelle na te sien en die moderasiespan maak seker dat nasienwerk korrek en effektief uitgevoer is. As skoolhoof is ek ook bevoorreg om aan die moderasieproses deel te neem en moet ek ons leerders met hul harde werk en puik uitslae komplimenteer. Punte word tans verwerk vir Promosie en Progressie by die distrikskantore. Graag wil ek die geleentheid gebruik om ons opvoeders, die klasassistente en die leerderondersteuningsdepartment hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding. Hulle het beslis die ekstra myl gestap om al ons leerders slaggereed vir...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026