Geagte Ouers / Voogde
Ek glo almal het die baie lang naweek terdeë geniet of jy nou met Jannie tuisbly se motortjie gery het en of jy sommer lekker die langpad aangedurf het om van die stad se gewoel te ontsnap. Week 4 van die akademiese kwartaal mag dalk korter wees as gevolg van die langnaweek, maar dit was beslis nie rustiger gewees nie aangesien die wintersportwedstryde en –toernooie asook WP-proewe (netbal en rugby) die week in volle swang afgeskop het. Ek is saam met julle opgewonde om te sien hoe ons in ‘n kort tydperk ‘n aktiewer sportkultuur by ons skool geskep het. Ek staaf dit deur die volgende statistiek: vanaf Woensdag, 03 Mei, tot Saterdag, 06 Mei, neem ons Jannies 456 keer aan wintersportwedstryde en -toernooi deel. Met julle as ouers/voogde se inkoop, samewerking en ondersteuning is daar nou vir elke wintersportspan ‘n B-span wat kan kompeteer en vir die heel eerste keer is daar C-spanne vir die o.7-, o.8-, o.11-, 0.12- en o.13-netbalspanne. Die deelname is ongelooflik en ons kan as ‘n skoolgemeenskap baie trots daarop wees om te sien dat ons Jannies meer aktief is, lekker hard oefen, maar in dieselfde asem ook pret het. Die idee is nie dat ons nou besluit het om ‘n sportskool te word nie. Die idee is egter deelname en balans. Die spreekwoordelike vlagskip by ons skool waarop ons vir ‘n geruime tyd baie trots is, is die akademie. Ons visie is om ook sport en kultuur op dieselfde vlak van uitnemendheid te bring. Verhoogde sportdeelname bring weer ander uitdagings soos byvoorbeeld dat ons sukkel om genoeg afrigters vir al die wintersportspanne te...
Kopluise
Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste. Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is. Wenke: Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop. Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop 'n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak. Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe. Dit help ook om 'n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam. Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly...
Moedersdagverkope: 12 Mei
Bring 'n geldjie! Vrydag, 12 Mei, tydens eerste pouse in die vierkant. Items vanaf R15 tot R50 te koop. Ten bate van die graad 7-fonds 2023.
Rugby en Netbal sportdag by HS JvR, 6 Mei 2023
Boodskap vanaf die Hoërskool Jan van Riebeeck: Ons sien baie uit na die massa-reünienaweek wat vanaf 5 - 7 Mei by Hoërskool Jan van Riebeeck en die Boshoff-veld plaasvind. Gedurende die naweek word daar verskeie aktiwiteite aangebied en ons verwelkom verskeie skole by ons. Op Vrydag, 5 Mei, vind daar verskeie aktiwiteite by die skool plaas waar ons veral ons alumni wil uitnooi om by ons aan te sluit. Toegang: Volwassenes R25 Parkering R20 Kinders R10 Leerders met skoolklere gratis Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Alle aankope word met koepons / kaartjies gedoen gedurende die dag; dis 'n kontantvrye geleentheid. Koepons kan vooraf gekoop word en by die onderskeie toegangshekke afgehaal word. Koepons kan by die netbalbane en rugbyvelde gebruik word. Kies die sportkode waar jou kind betrokke is sodat die koepons by die regte hek afgehaal kan word. Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie. 16:00 ROG-spitbraai vir alumni en Vriende van Jan van Riebeeck R250 (GEEN o.18’s). Koop gerus jou kaartjies deur die skakel te volg. Moenie hierdie feesnaweek misloop nie – sien jou daar! Sien die programme hier...
Netbalinligting
Beste ouer(s)/voog(de) Die netbalseisoen het amptelik afgeskop en ek wil graag net 'n paar reëls en algemene inligting met julle deel. Ons moedig spelers aan om oefeninge getrou by te woon, veral by die juniors. Dit is vir afrigters baie moeilik om spanne reg te kry indien spelers wisselvallig kom oefen. Indien 'n speler siek of afwesig is, stel asb. die afrigter in kennis (via skooler of e-pos) en onthou ook om die sportvorms getrou in te vul. NB: Indien jou kind(ers) se naam nie op die lys is nie, is sy nie gekies vir daardie wedstryd nie. Afrigters vir die seisoen: 0.7 - Juffrou Liezel de Jager (liezel@jvrprim.co.za) 0.8 - Juffrou Michelle Compion (michelle@jvrprim.co.za) 0.9 - Juffrou Naomi Uys (naomi@jvrprim.co.za) 0.10 - Juffrou Heidré Ehlers (heidre@jvrprim.co.za) en Juffrou Izél Storm (izel@jvrprim.co.za) 0.11 - Juffrou Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) en Juffrou Marlize ter Borg (marlize@jvrprim.co.za) 0.12 A - Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za) 0.12 B en C - Juffrou Suné Alberts (sune@jvrprim.co.za) 0.13 A - Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za) 0.13 B en C - Juffrou Sharon Mabena (sharon@jvrprim.co.za) Mini-netbal: O.7 - 0.9 moet volgens NSA reëls mini-netbal speel (veral tydens liga-wedstryde). Spelers moet halftyd 2 posisies aanskuif en kante word geruil. Dit gee spelers die geleentheid om meer as net een posisie te speel. Indien afrigters nie in hierdie verband saamwerk nie, word die senior spanne gepenaliseer. Senior netbal: 'n Nuwe reël is aan ons bekend gemaak - afrigters mag nie B-span spelers inruil nie. M.a.w. 'n speler kan nie beide A en B-span speel tydens liga-wedstryde nie. ‘n Ruiling mag slegs gemaak word in geval van ‘n besering of...
Netbaluitslae: Aristea
Baie geluk aan ons spelers met puik uitslae teen Aristea: 0.7A - wen 2 - 0 0.8A - wen 5 - 0 0.8B - wen 4 - 1 0.9A - wen 8 - 0 0.9B - wen 4 - 0 0.10A - wen 25 - 0 0.10B - wen 14 - 0 0.11A - wen 18 - 2 0.11B - gelykop 1 - 1 12A - wen 18 - 7 12B - wen 11 - 5 0.13A - wen 36 - 3 0.13B - wen 17 -...
Rugbyuitslae: Goodwood Park
Ons het Woensdag, 03 Mei, teen Goodwood Park rugby gespeel en vir baie was dit hulle eerste skoolwedstryd vir die jaar. Uitslae is as volg: o.13A wen 36-5 o.11A wen 38-0 o.9A wen 15-0 o.8B verloor 6-0 o.8A wen 6-0 o.7B wen 8-6 o.7A verloor 6-3 Dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning. Sterkte aan die o.11- en o.13-spanne wat die naweek teen Laerskool Vredenburg...
Skooler Wenk: Getal langsaan kontakgroepe wil nie verdwyn nie
Indien jy sukkel om die getal langsaan kontakgroepe in Skooler te laat verdwyn nadat jy gelees het, volg gerus die volgende stappe: Rol op na die vorige boodskappe in die spesifieke kontakgroep en soek vir die volgende: Boodskappe wat vra dat jy dit moet "confirm". Kliek om te bevestig dat jy dit gelees het. Boodskappe wat 'n SHOW FORM skakel het - dit is Skoolervorms wat onderwysers soms aanheg. Indien jy nie die vorm oopmaak en een van die opsies kies nie, gaan die boodskap "ongelees" bly. Skooler en Teams riglyne en wenke is ook op ons webtuiste onder myJvR, Vrae en Antwoorde beskikbaar. Kliek HIER vir die...
Eisteddfod: Solosang
Onthou van die Solosang wat op Saterdag, 13 Mei, by ons skool plaasvind. Alle deelnemers het reeds hul tye gekry. Wees so 15 min voor die tyd daar. Neem asb. kennis dat alle gr. 1 - 3's ten minste 'n halfuur vroeër as die aangeduide tyd moet aanmeld a.g.v. baie onttrekkings en skuiwe. Leerders dra gemaklike...
Skaakuitslae: 22 en 23 April
Verlede week het die top skole skaakliga wedstryde afgeskop. Ons het twee wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd was 22 April teen International School of Cape Town en ons het 4.5 - 1.5 gewen. Ons tweede wedstryd was 23 April teen Laerskool Tamboerskloof en ons het 6 - 0 verloor. Ons spelers sien uit na die res van die...
Eksamenrooster: Junie 2023
Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.
Fotobestellings
Wat om te doen as jy die sluitingsdatum gemis het: Besoek gerus Lunchbox Photography se webtuiste om te bestel. Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020 Omdat bestellings reeds by die skool gesluit het, gaan jy self vir die aflewering moet betaal.
Geagte Ouers / Voogde
Week 3 van die akademiese kwartaal eindig vandag met ‘n lekker meevalletjie van ‘n langnaweek vanaf 27 April tot 01 Mei om na uit te sien. Dit sluit natuurlik twee belangrike openbare vakansiedae in, naamlik Vryheidsdag op 27 April en Werkersdag op 01 Mei. Op Vryheidsdag herdenk ons die land se eerste demokratiese verkiesing wat op dié dag in 1994 begin en die dag daarna geëindig het. Werkersdag word gevier om die werkers van ons land te huldig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Deel gerus met jou kind/ers die rede waarom ons in Suid-Afrika die twee dae vier. Ek wil graag al die ouers/voogde wat verlede week op 17 en 18 April so getrou die ouerafsprake met jul kind/ers se onderskeie onderwysers eerbiedig het, hartlik bedank vir jul betrokkenheid by jul kinders se leer en onderrig. Kinders voel meer geborge en het meer selfvertroue waar ouers/voogde moeite doen en tyd maak om by hul kinders se daaglikse doen en late betrokke te raak. Op Donderdag, 20 April, het ons jaarlikse Kleiduifskietkompetisie by die Gun Valley Skietbaan te Agter-Paarl plaasgevind. Die gure weer het hard probeer om die gewilde kompetisie in die wiele te ry. Gelukkig het die reën opgeklaar en kon die skutte hul vaardighede ten toon stel. Die rukkerige wind het sake nie maklik gemaak nie, maar die deelnemers was almal eens dat dit ‘n hoogtepunt op Laerskool Jan van Riebeeck se kalender bly. Baie dankie aan Safari Outdoor wat jaarliks as die hoofborg optree. Groot dankie aan Stephanie le Roux en Ria Hertzog wat die gewilde dag vir die...
Tweedehandse Skoolsweetpakke
Bring asb. skoolsweetpakke wat nie meer pas nie sodat ons kan sorg dat alle leerders iets warm het om aan te trek terwyl ons vir die nuwe sweetpakke wag.
Dramatye: 26 April
Dramatye: Gr. 1 - 3 13:40 - 14:30 Gr. 4 - 7 14:30 - 15:30
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026