Beste ouer(s)/voog(de)

Die netbalseisoen het amptelik afgeskop en ek wil graag net ‘n paar reëls en algemene inligting met julle deel. Ons moedig spelers aan om oefeninge getrou by te woon, veral by die juniors. Dit is vir afrigters baie moeilik om spanne reg te kry indien spelers wisselvallig kom oefen. Indien ‘n speler siek of afwesig is, stel asb. die afrigter in kennis (via skooler of e-pos) en onthou ook om die sportvorms getrou in te vul. NB: Indien jou kind(ers) se naam nie op die lys is nie, is sy nie gekies vir daardie wedstryd nie.

Afrigters vir die seisoen:

0.7 –  Juffrou Liezel de Jager (liezel@jvrprim.co.za)
0.8 – Juffrou Michelle Compion (michelle@jvrprim.co.za)
0.9 – Juffrou Naomi Uys (naomi@jvrprim.co.za)
0.10 – Juffrou Heidré Ehlers (heidre@jvrprim.co.za) en Juffrou Izél Storm (izel@jvrprim.co.za)
0.11 – Juffrou Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) en Juffrou Marlize ter Borg (marlize@jvrprim.co.za)
0.12 A – Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za)
0.12 B en C – Juffrou Suné Alberts (sune@jvrprim.co.za)
0.13 A – Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za)
0.13 B en C – Juffrou Sharon Mabena (sharon@jvrprim.co.za)

Mini-netbal:

O.7 – 0.9 moet volgens NSA reëls mini-netbal speel (veral tydens liga-wedstryde). Spelers moet halftyd 2 posisies aanskuif en kante word geruil. Dit gee spelers die geleentheid om meer as net een posisie te speel. Indien afrigters nie in hierdie verband saamwerk nie, word die senior spanne gepenaliseer.

Senior netbal:

‘n Nuwe reël is aan ons bekend gemaak – afrigters mag nie B-span spelers inruil nie. M.a.w. ‘n speler kan nie beide A en B-span speel tydens liga-wedstryde nie. ‘n Ruiling mag slegs gemaak word in geval van ‘n besering of wanneer iemand siek is. Die 7 spelers op die baan moet dieselfde wees vir die 1ste en 2de helfte.

Geen speler is verseker van ‘n posisie of span nie. Veranderinge kan nog plaasvind.

Dit is goed dat leerders ‘n aanvallend en verdedigende posisie kan speel. Hoe meer blootstelling spelers aan verskillende posisies kry hoe beter.

Langs die baan:

Ons versoek dat ouer(s)/voog(de) nie lelike op- of aanmerkings langs die baan van spelers of skeidregters maak nie. Dit lyk altyd makliker van buite.

Ons vra dat ouer(s)/voog(de) die afrigters se spankeuses sal respekteer en hulle slegs sal kontak via skooler of e-pos.