Boodskap vanaf die Hoërskool Jan van Riebeeck:

Ons sien baie uit na die massa-reünienaweek wat vanaf 5 – 7 Mei by Hoërskool Jan van Riebeeck en die Boshoff-veld plaasvind. Gedurende die naweek word daar verskeie aktiwiteite aangebied en ons verwelkom verskeie skole by ons. Op Vrydag, 5 Mei, vind daar verskeie aktiwiteite by die skool plaas waar ons veral ons alumni wil uitnooi om by ons aan te sluit.

Toegang:

  • Volwassenes R25
  • Parkering R20
  • Kinders R10
  • Leerders met skoolklere gratis
  • Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Alle aankope word met koepons / kaartjies gedoen gedurende die dag; dis ‘n kontantvrye geleentheid. Koepons kan vooraf gekoop word en by die onderskeie toegangshekke afgehaal word. Koepons kan by die netbalbane en rugbyvelde gebruik word.
  • Kies die sportkode waar jou kind betrokke is sodat die koepons by die regte hek afgehaal kan word. Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie.

16:00 ROG-spitbraai vir alumni en Vriende van Jan van Riebeeck R250 (GEEN o.18’s).

Koop gerus jou kaartjies deur die skakel te volg.

Moenie hierdie feesnaweek misloop nie – sien jou daar!

Sien die programme hier onder.