Indien jy sukkel om die getal langsaan kontakgroepe in Skooler te laat verdwyn nadat jy gelees het, volg gerus die volgende stappe:

Rol op na die vorige boodskappe in die spesifieke kontakgroep en soek vir die volgende:

    • Boodskappe wat vra dat jy dit moet “confirm”. Kliek om te bevestig dat jy dit gelees het.
    • Boodskappe wat ‘n SHOW FORM skakel het – dit is Skoolervorms wat onderwysers soms aanheg.  Indien jy nie die vorm oopmaak en een van die opsies kies nie, gaan die boodskap “ongelees” bly.

Skooler en Teams riglyne en wenke is ook op ons webtuiste onder myJvR, Vrae en Antwoorde beskikbaar. Kliek HIER vir die riglyneblad.