Prysuitdeling bekers 2023
Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie...
Damesontbyt tydens Akademiese Week uitgestel
Die Damesontbyt (Saterdag, 2 Sept.) word ongelukkig uitgestel na ‘n ander datum a.g.v. Welgemoed sportdag. Indien jy reeds 'n kaartjie gekoop het, Liesel sal jou Karri-betaling aan jou terugbetaal in jou Karri-beursie sodat jy dit vir iets anders kan gebruik. Ons sal so gou moontlik 'n alternatiewe datum...
Interskole: 18 & 19 Augustus 2023
Vrydag, 18 Augustus, en Saterdag, 19 Augustus, neem ons saam met Hoërskool Jan van Riebeeck deel aan die jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys in Moorreesburg. Al ons hokkie-, netbal- en rugbyspanne neem deel. Die hokkiewedstryde vind die Vrydag plaas en die rugby en netbal die Saterdag. Hier volg ‘n paar algemene reëlings vir volgende week: Donderdagoggend woon al ons wintersporte se eerste spanne Hoërskool Jan van Riebeeck se Big Brag by. Vrydagoggend vind ons Big Brag in die saal om 09:00 plaas. Alle hokkiespanne vertrek Vrydagoggend om 11:00 vanaf die skool na Moorreesburg. Die skool verdaag Vrydag om 11:45 vir graad 1 - 3 en 12:00 vir graad 4 - 7-leerders. Die busse sal Vrydagmiddag ongeveer om 18:30 terug by die skool wees. Saterdagoggend vertrek die busse vanaf die skool om 06:30. Die busse sal Saterdagaand om ongeveer 18:00 terug by die skool wees. Voltooi asb. so spoedig moontlik die vorms wat uitgegaan het sodat die korrekte vervoer vir die dae gereël kan word. Kommunikasie sal deur die loop van die Interskole via Skooler uitgestuur word om almal op hoogte te hou. Sien die volledige program. Ons sien uit na ‘n heerlike twee dae van sport en ons wens vir alle Jannies sterkte...
Geagte Ouers / Voogde – 11 Augustus 2023
Die afgelope week is soveel mense, skole en besighede in ons Moederstad en Kaapse Metropool ontwrig as gevolg van die geweldadige taxi-stakings. Ons dink veral aan die mense wat hul lewens verloor het en ons bid dat God hul geliefdes tydens die moelike tyd sal vertroos. Die onderwysdistrik waarbinne ons skool val, is die ergste getref in terme van leerder- en personeelafwesighede asook skade aan skoolgeboue. Gelukkig het dit ons skool nie so erg geaffekteer nie, aangesien van ons terreinpersoneel op die skoolgronde woonagtig is en ons die skool relatief skoon en netjies kon hou. Die impak van die staking op skole is skokkend. Net om julle ‘n idee te gee dat op Dinsdag, 08 Augustus, moes 92 skole sluit terwyl 852 259 leerders en 17 725 personeellede indiens van die WKOD afwesig was of nie by die skool kon uitkom nie. Ons hou styf duimvas dat die situasie vinnig en vreedsaam opgelos sal word. Op Saterdag, 05 Augustus, het ons skool ‘n baie suksesvolle mini-sportdag by die skool aangebied. Verskeie skole se o.7- en o.8-netbal- en rugbspanne het deelgeneem en die leerders het saam met hul afrigters en ouers die mini-sportdag terdeë geniet. Vroegoggend het die weer hard probeer om die dag te versuur, maar gelukkig het die mis vinnig opgeklaar en in ‘n pragtige sonskyndag verander met Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel wat die sportverrigtinge fyn dopgehou het. Dit was wonderlik om soveel besoekende leerders, afrigters en hul ouers by ons te ontvang. Baie dankie aan die personeel wat met ‘n glimlag tydens die dag gewerk het om die sukses van die mini-sportdag te verseker. Ons beplan om...
Nell du Toit dans by Artscape
Nell du Toit in graad 5 dans in Cape Town City Ballet se Don Quixote. Dis van 12 Aug. – 2 Sept. 2023 by die Artscape. Volg gerus die skakel om kaartjies vir die produksie te koop. Geniet hierdie fantasiese geleentheid, Nell!
Vriendskappe – Marike Badenhorst (Opv. Sielkundige)
Vriendskappe en interaksie met maats is ‘n bron van ondersteuning en dra by tot jou kind se gevoel van eiewaarde aanleer van sosiale vaardighede. Die Engelse akroniem "THINK" is ’n lekker praktiese riglyn om jou kind leiding te gee oor hoe om ‘n goeie maat te wees: T - Is it true? H - Is it helpful? I - Is it inspiring? N - Is it necessary? K – Is it kind? Marike Badenhorst: Opvoedkundige...
Konflikhantering – Marike Badenhorst (Opv. Sielkundige)
Om jou kind te dissiplineer, bly ‘n moeilike taak, veral as hy of sy aanhoudend die grense toets en op ‘n onaanvaarbare manier met jou praat. Hier volg ‘n paar voorstelle wat jy as ouer kan probeer om binne ‘n konfliksituasie duidelike grense te stel: "Jy mág kwaad raak, maar dit gee jou nie ‘n rede om goed te sê wat my seermaak nie…" "Ek kan hoor jy is kwaad en ontsteld, maar dit gee jou nie die reg om só met my te praat nie…" "Kan jy bietjie sagter praat dat ek beter kan verstaan wat jy probeer sê…" "Kan jy probeer om dit op ‘n ander manier te sê?" "Dit klink vir my of jy ‘n bietjie op jou eie wil wees. Ons kan hieroor praat wanneer jy beter voel en nie nodig het om op my te skree nie…" "Kom ons stop nou dadelik om hieroor te praat, dan gesels ons later as ons altwee beter voel…" Marike Badenhorst : Opvoedkundige...
Delmar en Karu presteer in Swem
Op Saterdag, 5 Augustus, het Delmar Benecke en Karu Rademeyer aan die Cape Town Aquatic Gala by Sweet Valley Primary deelgeneem. Albei het baie mooi geswem en pragtig presteer. Delmar: 1ste 50m Vryslag 1ste 50m Vlinderslag 1ste 50m Borsslag 1ste 50m Rugslag Karu: 2de in 25m Vlinderslag 7de in 50m Vryslag Baie geluk met julle goeie...
Jannies Talent 2023
Ons opwindende Talentaand is om die draai!! Onthou om 30 Augustus om 18:30 oop te hou vir hierdie skouspel van talent. Die kaartjies is vinnig besig om uit te verkoop. Bespreek jou kaartjie NOU op Karri: R100 vir volwassenes en R50 vir kinders.
Jannies presteer by Hoërskool JvR se Kunstefees
Baie geluk aan al die Jannies wat verlede week aan die tweede Hoërskool Jan van Riebeeck-kunstefees deelgeneem het en uitstekende uitslae behaal het! Kodes: B- 70+ B – 75% A – 80%+ A+ – 85%+ A++ – 90%+ A+++ – 95%+ INSTRUMENTAAL Sabine Barnard (klavier) A Ruben de Ridder (klavier) A+ Susie Samuel (klavier) A- Karu Rademeyer (klavier) A++ Leah de Kock (klavier) A+ Sabine Barnard (klavier) A+++ Ruben de Ridder (klavier) A+ Susie Samuel (klavier) A++ Leah de Kock (klavier) A Susie Samuel (klavier) A+++ Leah de Kock (klavier) A+ Leah de Kock (klavier) B Karu Rademeyer (klarinet) A+++ SANG Jean-Jacques Rossouw (sang) A+++ Daniella Boshoff (sang) A+++ Pieter Rademeyer (sang) A++ Karu Rademeyer (sang) A+ Daniella Boshoff (musiekblyspel) A+++ Karu Rademeyer (musiekblyspel) A+++ DRAMA Jean-Jacques Rossouw (voordrag: poësie) A++ Petronella Gouws (voordrag: poësie) A Pieter Rademeyer (voordrag: poësie) A+ Karu Rademeyer (voordrag: poësie) A++ Karu Rademeyer (voordrag: prosa) A+++ SPELATHON Alexander Styan A++ Petronella Gouws A+++ Jean-Jacques Rossouw B- TALETHON Alexander Styan A++ LEES Alexander Styan A+++ READING Alexander Styan...
Geagte Ouers / Voogde
Moeder natuur het haar spreekwoordelike winterkloue behoorlik vir die Wes-Kaap en veral vir ons pragtige Moederstad ingeslaan. Selfs die weervoorspelling-toeps se akkuraatheid word die afgelope tyd bevraagteken, want dit voorspel nie reën nie, maar tog word ons geseën. Presies 5 jaar gelede het ons almal gedink Dag Zero gaan aanbreek aangesien ons damme en reservoirs dolleeg was. Ons mag beslis nie weer oor al die wonderlike reën wat aanhoudend oor die stad val, kla nie. Die ongure weer beïnvloed beslis al ons buitemuurse aktiwiteite. Daarom is ons en ander skole in die stad se sport verlede naweek afgestel. Die watertafel van beide die Conradieveld en die junior veld (agter die skool) het met al die baie reën die afgelope tyd baie gestyg en maak dit selfs moeilik om te oefen. Ons vra vir begrip indien oefeninge ook nie kan plaasvind nie. Beide ons junior en senior kore het op Dinsdagaand, 01 Augustus, saam met die bekende sanger, Jak de Priester, by die ikoniese Groote Kerk opgetree. Die merkwaardige kerk is Suid-Afrika se oudste plek van Christelike aanbidding, gebou deur Herman Schuette in 1841. Ons kore het hulle puik van hul taak gekwyt en het ons baie trots gemaak. Baie dankie juf. Helecia en mnr. Ben vir hul leeue-aandeel in die verband asook juf. Heidré vir die toesig. Graag wil ek al ons ouers/voogde bedank wat die spesiale optrede bygewoon het om ons kore te ondersteun en in die dieselfde asem wil ek Hoërskool Jan van Riebeeck gelukwens met die puik reëlings en ‘n baie suksesvolle aand saam met Jak de Priester. Groen Vrydag wat op 28 Julie by die...
Stella en Rafa Lamprecht presteer in Tennis
Ons wil graag vir Stella en Rafa Lamprecht baie geluk toewens met hul puik prestasie tydens die verskillende Wilson-tennistoernooie. Beide Stella en Rafa het eerste geëindig in hul verskeie ouderdomsgroepe. Rafa is 1ste uit 18 spelers en Stella 1ste uit 24 spelers. Hulle is uitgenooi om deel te neem aan die Meesters-toernooi. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Ons is uiters trots op...
Hokkie-uitslae: 3 Augustus
Ons hokkie-spanne het Donderdag ‘n vriendskap-like wedstryd teen Fanie Theron gespeel. Ons o.7 en o.8-seuns en dogters het hul eerste wedstryd gespeel en dit só geniet! Ons is opgewonde om hul wedstryd-gereed te maak vir Interskole vs. Dirkie Uys wat om die draai is! Hier volg ons uitslae: Seuns: o7 1-0 w o8 0-0 o11 0-0 o13 6-0 w Dogters: o7 1-2 v o8 0-6 v o11 7-0 w o13 5-0 w Welgedaan aan alle leerders wat deelgeneem...
Loslitdag: 1 September 2023
*Plakkers gaan van volgende week af op Karri beskikbaar wees. Vrydag, 1 September 2023, is Loslitdag! Tema: Share a smile Trek bont en kleurvol aan! Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 1 September, sivvies aan te trek!
Akademiese Week 2023: Aktiwiteite
“Juffrou, waarom gaan ons soveel lekker dinge doen as dit die akademiese week is?” vra ‘n leerder aan my terwyl ek die advertensies in die gange aanbring. “Akademie is lekker! Dis waarom ons lekker dinge doen,” was my antwoord op hierdie vraag. Dis net hier waar ek besef het watter belangrike rol ons huidige ingesteldheid teenoor akademie speel: Die visie vir ons skool se akademie is om ‘n geïntegreerde, interaktiewe omgewing te skep waarbinne leerders veel meer as net die voorgestelde KABV (CAPS) kurrikulum onder die knie het. Ondersteuning, intervensie, blootstelling en verryking speel alles ‘n kardinale rol in die leerproses. Met die akademiese week op ons voorstoep is die uit einde om vir ‘n week die ‘normale’ skoolprogram opsy te plaas om sodoende onderwysers en leerders die vryheid te bied om op verskillende maniere en vlakke te leer. Ons betrek dan ook ons breër skoolgemeenskap deur interessant gesprekke, inligting, opleiding, ens. aan te bied. Dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie te wees! Die week begin amptelik vandag met ouma- en oupadag asook ‘n spesiale sivviedag … KUNS is … Ons eindig ons week met ‘n hoogtepunt af … kaskarresies bly maar altyd net ‘n groot lekkerte. Dankie vir die ondersteuning en entoesiasme oor leer en die lekkerte rondom dit. Marinda...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026