“Juffrou, waarom gaan ons soveel lekker dinge doen as dit die akademiese week is?” vra ‘n leerder aan my terwyl ek die advertensies in die gange aanbring.

“Akademie is lekker! Dis waarom ons lekker dinge doen,” was my antwoord op hierdie vraag.

Dis net hier waar ek besef het watter belangrike rol ons huidige ingesteldheid teenoor akademie speel: Die visie vir ons skool se akademie is om ‘n geïntegreerde, interaktiewe omgewing te skep waarbinne leerders veel meer as net die voorgestelde KABV (CAPS) kurrikulum onder die knie het. Ondersteuning, intervensie, blootstelling en verryking speel alles ‘n kardinale rol in die leerproses.

Met die akademiese week op ons voorstoep is die uit einde om vir ‘n week die ‘normale’ skoolprogram opsy te plaas om sodoende onderwysers en leerders die vryheid te bied om op verskillende maniere en vlakke te leer. Ons betrek dan ook ons breër skoolgemeenskap deur interessant gesprekke, inligting, opleiding, ens. aan te bied.

Dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie te wees!

Die week begin amptelik vandag met ouma- en oupadag asook ‘n spesiale sivviedag … KUNS is … Ons eindig ons week met ‘n hoogtepunt af … kaskarresies bly maar altyd net ‘n groot lekkerte.

Dankie vir die ondersteuning en entoesiasme oor leer en die lekkerte rondom dit.

Marinda Brink