Om jou kind te dissiplineer, bly ‘n moeilike taak, veral as hy of sy aanhoudend die grense toets en op ‘n onaanvaarbare manier met jou praat. Hier volg ‘n paar voorstelle wat jy as ouer kan probeer om binne ‘n konfliksituasie duidelike grense te stel:

  • “Jy mág kwaad raak, maar dit gee jou nie ‘n rede om goed te sê wat my seermaak nie…”
  • “Ek kan hoor jy is kwaad en ontsteld, maar dit gee jou nie die reg om só met my te praat nie…”
  • “Kan jy bietjie sagter praat dat ek beter kan verstaan wat jy probeer sê…”
  • “Kan jy probeer om dit op ‘n ander manier te sê?”
  • “Dit klink vir my of jy ‘n bietjie op jou eie wil wees. Ons kan hieroor praat wanneer jy beter voel en nie nodig het om op my te skree nie…”
  • “Kom ons stop nou dadelik om hieroor te praat, dan gesels ons later as ons altwee beter voel…”

Marike Badenhorst : Opvoedkundige Sielkundige