Vrydag, 18 Augustus, en Saterdag, 19 Augustus, neem ons saam met Hoërskool Jan van Riebeeck deel aan die jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys in Moorreesburg.

Al ons hokkie-, netbal- en rugbyspanne neem deel.

Die hokkiewedstryde vind die Vrydag plaas en die rugby en netbal die Saterdag. Hier volg ‘n paar algemene reëlings vir volgende week:

  • Donderdagoggend woon al ons wintersporte se eerste spanne Hoërskool Jan van Riebeeck se Big Brag by.
  • Vrydagoggend vind ons Big Brag in die saal om 09:00 plaas.
  • Alle hokkiespanne vertrek Vrydagoggend om 11:00 vanaf die skool na Moorreesburg.
  • Die skool verdaag Vrydag om 11:45 vir graad 1 – 3 en 12:00 vir graad 4 – 7-leerders.
  • Die busse sal Vrydagmiddag ongeveer om 18:30 terug by die skool wees.
  • Saterdagoggend vertrek die busse vanaf die skool om 06:30.
  • Die busse sal Saterdagaand om ongeveer 18:00 terug by die skool wees.

Voltooi asb. so spoedig moontlik die vorms wat uitgegaan het sodat die korrekte vervoer vir die dae gereël kan word.

Kommunikasie sal deur die loop van die Interskole via Skooler uitgestuur word om almal op hoogte te hou.

Sien die volledige program. Ons sien uit na ‘n heerlike twee dae van sport en ons wens vir alle Jannies sterkte toe.