KENNISGEWING VAN BEGROTINGSVERGADERING: 04 NOV 2024 OM 18:00

Belangike begrotingsvergadering Wanneer? Maandag, 04 November, om 18:00 in die skoolsaal Hoekom? Die nuwe BELA-wetgewing vereis dat minstens 10% van ons ouers (minstens 85!) die vergadering moet bywoon anders het ons nie ‘n kworum nie. Wat?  Ons bied die begroting vir 2025 aan en sal ook ‘n oorsig gee van die skool, BELA-wetgewing en ons breër planne En nog? Vir die wat dit bywoon sal ons ‘n spesiale kaartjie gee sodat jul kind(ers) die volgende dag kan sivvies skool toe dra en ‘n roomys kry! Toesig Juff. Naomi en Anika, sal Maandagaand oor die GF / ISF-leerders wie se ouers die begrotingsvergadering bywoon in hul klasse toesig...

Kleure Atletiek: Nuwe Datums

Neem asb. kennis dat ons jaarlikse kleure-atletiek se datums verander het: Wo, 4 Desember: Velditems Vr, 6 Desember: Baanitems Baie van ons leerders neem op die oorspronklike datum aan die WP-tenniskompetisie deel. Beide dae vind gedurende skooltyd plaas en verdere inligting sal op 'n latere stadium volg. Groete,...

Geagte Ouers / Voogde – 25 Oktober 2024 

Week vier van die laaste kwartaal kom net te vinnig tot ‘n einde met die jaar wat besig is om einde se kant toe te staan. Ek weet nie van julle nie, maar vir my voel dit asof die laaste gedeelte van die jaar net eenvoudig vinniger verby snel as die res van die jaar. Selfs die kersfeesversierings is besig om hul verskyning in winkelsentrums te maak. Oor ‘n bietjie meer as 2 weke begin die Gr. 7’s met hulle finale eksamen by die laerskool en net daarna begin die Gr. 4 en 6-leerders, maar dit nou eers daar gelaat.  Op Dinsdag, 22 Oktober, het ons weeklikse saalbyeenkoms plaasgevind, maar hierdie keer met ‘n bietjie van ‘n verskil. Ons het vanaf hierdie week 10 sitplekke vir ons ouers/voogde wat die saalbyeenkoms graag wil bywoon, gereserveer. Ons sal graag meer sitplekke wil uitsit, maar ongelukkig is spasie ‘n probleem. Ek glo hulle het die saalervaring terdeë geniet en moontlik het kosbare terugflitse van hul eie skoolervaringe in hul gedagtes opgekom. Die saalboodskap is op Dinsdag deur die Graad 7’s gelewer en dit het gehandel oor een van ons vier kernwaardes, naamlik eerlikheid. Baie dankie aan Hila, Jana, Milan en Ané wat die pragtige boodskap in die saal gelewer het. Stuur asseblief vir my ‘n e-pos indien jy ook belangstel om ‘n saalbyeenkoms op ‘n Dinsdag vanaf 07:40 – 08:30 by te woon. Die laaste saalbyeenkoms vir die jaar geskied op Dinsdag, 12 November, aangesien die eksamens daarna begin. ‘n Jannie-saal is ‘n belewenis, kom loer gerus!  Ons was die week bevoorreg om vir Carla de Beer al die pad vanaf...

KOOR: Belangrike Datums (Junior en Senior) vir November

Eerstens, wil ek graag alle koor-ouers bedank vir jul ondersteuning gedurendende ‘n baie bedrywige Oktober. Ons waardeer die moeite wat julle gedoen het om jul kinders betyds by elke optrede te besorg, en die bydrae wat jul hierdeur gelewer het tot die groei van ‘n positiewe en opwindende koorkultuur by Laerskool Jan van Riebeeeck. Die Junior en Senior kore is reeds besig om voor te berei vir hul volgende reeks konserte wat in November plaasvind. Ons sien regtig baie uit na beide hierdie spesiale konserte! 1. OEFENING: NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens Datum: Vrydag, 22 November Tyd: 12h15-14h15 Plek: NG Kerk Tamboerskloof Ouers kan leerders 14h15, na afloop van die oefening, by NG Kerk Tamboerskloof kom optel. 2. NG Kerk Tamboerskloof Kerssangdiens Datums: Sondag, 24 November Tyd: 19h00 Plek: NG Kerk Tamboerskloof Kleredrag: Netjiese wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies 3. Laerskool Jan van Riebeeck Kerskonsert Datum: Donderdag, 28 November Tyd: 19h00 Plek: LJvR Skoolsaal Kleredrag: Netjies wit hemp / Blou denim langbroek (geen kortbroeke) / Wit rokkie vir dogters / Wit tekkies OF plakkies Kaartjies: R50 pp op Karri. Ons sal laat weet sodra Karri oop is. Teken asseblief hierdie datums aan. Ek vra ook dat ouers my persoonlik in kennis stel indien jou kind nie ‘n optrede van bywoon nie. Vra gerus indien daar enige onduidelikheid is. Ek sal nader aan die tyd verdere besonderhede gee. Groete, Rolene...

Boeliegedrag (Deel 3)

Waarom het ons besluit om weekliks inligting rakende boelie in die nuusbrief te plaas? Neem asseblief kennis dat ons die boeliegesprekke weekliks publiseer aangesien ons besef het dat ouers/voogde somtyds oor boelie wonder, verward is oor presies wat boelie is vs. gedrag-/dissipline uitdagings en sommer ook net om kundige inligting op 'n praktiese manier te deel. Ons is bederf met 'n opvoedkundige sielkundige wat haar kennis graag met ons skoolgemeenskap deel.    Boeliegesprek nr.3 Wat kan ek as ouer doen om my kind meer weerbaar teen boeliegedrag te maak? Wat kan ek binne hulle leefwêreld beheer en wat nie? Wat kan ék doen om my kind te beskerm teen seerkry en struikelblokke? In hoe ‘n mate kan ék besluit wat ek wil toelaat wat van die wêreld se kant op my kind gelaai en soms “gegooi” word wat my kind potensieel emosioneel kan laat struikel? Ongelukkig is daar nie ‘n kitsoplossing nie. Al wat jy as ouer in sekere situasies régtig kan beheer, is om jou kind se emosionele weerbaarheid te ontwikkel; om lewensvaardighede aan te leer wat hulle vir die res van hulle lewe kan toepas in watter situasie hulle ookal mag wees. En om dáár te wees sodat hulle nie alleen voel en broei rondom sekere emosies en vrae wat hulle verwar of trauma mag veroorsaak nie. Waar begin ‘n mens as ‘n ouer? ‘n Goeie vertrekpunt mag wees om jou kind bewus te maak van “wat sê ek vir myself in my kop?” Onthou, dit is nie net ons as volwassenes wat moet baklei teen daardie interne kritiese stemmetjie nie. Glo my, kinders sukkel ook daarmee....

‘n Nuwe jas vir Die Suidooster

‘n Nuwe jas vir Die Suidooster

Welkom by die splinternuwe Suidooster blog. Ons is opgewonde om hierdie moderne weergawe van ons geliefde skoolkoerant met julle te deel! Kliek hier vir 'n lusmaker: 'N NUWE JAS VIR DIE SUIDOOSTER Hier is hoe jy kan inteken: Gaan na hierdie skakel: SUIDOOSTER Gebruik jou JvRKiek intekenbesonderhede. Indien jy enige intekenprobleme ervaar, stuur gerus vir Megan 'n e-pos:...

Eksamenvoorbereiding Hulp

Het jou kind hulp nodig met eksamenvoorbereiding? Drie van ons oud-leerders is beskikbaar om kinders met eksamenvoorbereiding te help. Al drie was Top 10 studente vanaf laerskool en het gematrikuleer aan Hoërskool Jan van Riebeeck. Hulle studeer tans en is reeds vanaf November beskikbaar om enige tyd van die dag te help. Lesse kan by die laerskool, by ‘n kantoor oorkant die skool of aan huis van die leerder aangebied word. Tariewe is R100/uur Kontak hulle gerus: Ilse de Lange (matriek 2020, studeer B.Sc.) beskikbaar vanaf 7 Nov, 0764612317 (slegs Whatsapp) Lené Vorster (matriek 2022, studeer BA) beskikbaar vanaf 16 Nov, 0793359317 Thea de Lange (matriek 2022 studeer Arbeidsterapie), beperkte beskikbaarheid vanaf 22 Okt, volle beskikbaarheid vanaf...

Boeliegedrag (Deel 2)

Soos ons die vorige keer genoem het, is dit belangrik dat my kind PRESIES weet wát boelie is. Ons het genoem dat ons dit in eenvoudige taal só vir ons kind kan verduidelik: Boelie is: Iets wat jou laat sleg voel oor jouself en jou hartseer maak Iets wat ‘n maatjie opsetlik en aspris doen Iets wat vir jou moeilik is om op jou eie te stop Iets wat oor en oor gebeur Iets wat nie by die skool mág gebeur nie Met bogenoemde in gedagte, wat moet ek doen as my kind ontsteld by die huis kom en sê hy/sy word geboelie? Ouers kan op een van twee maniere reageer. ‘n Mens kan dit eerstens afmaak as: “Ag, jy verbeel jou; dit kan nie so erg wees nie!”… Of ‘n mens kan sê: “Ek gaan onmiddellik sy/haar ouers bel…” Dalk help nie een van hierdie twee reaksies op daardie oomblik regtig jou kind nie. So, wat moet ek doen? Die volgende mag help: 1. Wys jy gee om. Net om na jou kind te luister wat hulle ookal met jou wil deel, help al klaar. Dit bemagtig jou kind om die volle storie met jou te deel. 2. Kry al die feite. Wanneer jy min of meer kan aflei wat gebeur het en jou kind minder ontsteld is, kry die spesifieke feite. - Waar gebeur dit? - Wanneer? - Hoe gereeld? - Wat presies word gesê of gedoen? Ek gebruik gewoonlik die volgende drie riglyne om presíés die omvang van die situasie te probeer verstaan. Dalk kan dit jou as ouer ook help: -Frekwensie: Hoe gereeld gebeur dit? ‘n...

Geagte Ouers / Voogde – 18 Oktober 2024 

Week drie van die laaste kwartaal skop met ‘n opwindende kultuurweek af wat vir ons leerders en ouers/voogde aangebied word. Hierdie inisiatief is deel van die skoolbestuur en Beheerraad se visie om die kwaliteit van die kultuuraanbieding by die skool te bevorder en te promoveer. Ek is seker dat julle sal saamstem dat kultuur ‘n opvoedkundige bondgenoot is en dat dit gelykwaardige ruimte, tyd en erkenning soos akademie en sport binne ons skoolopset moet geniet. Dus wil ons skool ‘n wye verskeidenheid van kultuuraktiwiteite aanbied waarin leerders hulself kan uitleef en hul talente ontwikkel. Die kultuurweek het die volgende aktiwiteite ingesluit:  Dag 1: Ons was baie bevoorreg om op Maandag, 14 Oktober, die Kaapse Filharmoniese orkes te ontvang en hulle het hul puik produksie Pieter en die Wolf vir ons leerders in die saal aangebied.  Dit was voorwaar ‘n verrykende belewenis vir die leerders en personeel.  Dag 2:  Op Dinsdag, 15 Oktober, is die kultuurweek verder gevier met ‘n kunsuitstalling van ons leerders se kunswerke in die personeelkamer en skoolgange. Ons het ook ‘n stylvolle Dankie-sê-funksie die aand aan al ons donateurs en borge wat oor die afgelope paar jaar ruim donasies asook kosbare tyd aan die skool en Huppelland geskenk het om skoolinfrastrukture, tegnologie, kurrikulum- en dienslewering vir ons leerders op te gradeer en te verbeter. Agtergrondmusiek is die aand deur mnr. Ben en sy orkes verskaf. Die hoogtepunt van die glansfunksie was vir seker die puik kultuuroptredes tydens die aand: Junior koor onder leiding van mnr. Ben.  Ruben de Ridder met ‘n klavieritem.  Adigail Theron met ‘n kitaaritem asook ‘n duet saam met mnr. Brent.  Strykensemble-optrede bestaande...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor