Intersen Markdag: 27 Maart 2025

Neem asseblief kennis dat Donderdag, 27 Maart 2025, Markdag is. Dit is Intersen se beurt om te verkoop. Tafels bespreek: ???? Karri sal Donderdag oopmaak wanneer die nuusbrief uitgestuur word, sodat tafels bespreek kan word. ???? Dit kos R20 per tafel. ⏳ Karri sluit Woensdag, 26 Maart 2025. Moet dit nie misloop nie!...

Kaperjolle 2025: Lekkergoedland skenkings

Om Lekkergoedland so lekker as moontlik te maak, het ons verskillende speelgoed nodig. Ons sal dit so baie waardeer as jy van jou speelgoed kan skenk waarmee jy nie meer speel nie.  Jy kan jou speelgoed by mnr. André Lourens se klas afgee. 

Kaperjolle braaikompetisie: Inskrywings

Kaperjolle braaikompetisie: Inskrywings

Dis weer tyd vir die Jannies om te kook in die Kaperjolle braaikompetisie! Ons tema hierdie jaar is Lekker Jannies Vol Resepte of kom ons noem dit eerder – kom eet by Liplek Jan van Restaurant Die tema is dan toonaangewend vir die reëls: ·         gebruik ten minste 2 bestanddele / disse wat begin met die letters LJVR; ·         die idee is nie om beperkend te wees nie, maar kreatief met woordspel en kos; ·         jy moet ten minste ‘n gedeelte van jou gereg oor die kole gaarmaak; ·         jou kos moet proehappie grootte wees, sodat almal van alles kan proe Om jul so ‘n hupstoot te gee en daai kreatiewe sappe te laat vloei, dink ons aan kos soos; lamskoftas, jasmynrys, jambalaya, Javaanse kerrie, vetkoek, vlapampoen, vlakvark, ribbetjies en roorsterkoek… of as jy nou regtig nie weet nie dan sommer Jannie-se-burgerrol! Skryf asseblief teen Vrydag, 4 April 2025, in deur by hierdie WhatsApp groepie aan te sluit, waar verdere reëlings kommunikeer sal...

Kaperjolle: 12 April 2025

Kaperjolle: 12 April 2025

Dis weer tyd vir Laerskool Jan van Riebeeck se jaarlikse Kaperjolle – die grootste en lekkerste dag van die jaar! ???? Wat kan jy verwag? ???? Kosstalletjies: Onder andere boereworsrolle, pannekoek, pizza en Woodstock Brewery se food truck. Volg die skakel om die spyskaart te sien: SPYSKAART. ???? Lekkergoedland: Bederf jou soettand. ???? Musiek: Om jou in die regte bui te kry. ???? Spookhuis: Vir die dapperste avonturiers! (Slegs Graad 4 – 7). ???? Speletjies: Die vierkant-speletjies is vir alle kinders en sluit in nootgolf, kussinggevegte, boontjiesak-teiken, ringgooi, Nerf-geweer-teikenskiet en vele meer. Graad 4 – 7 het ’n aparte speelarea op die tennisbane met Jenga, handjietennis, foosball en meer. Daar is ook ’n eksklusiewe area net vir Gr. 6’s en 7’s. ???? Kroeg: Yskoue bier en wyn vir volwassenes. ???? Braaikompetisie: Wie braai die beste in die dorp? Skryf asseblief jou span in! ???? Datum: 12 April 2025 ⏰ Tyd: 12:00 – 18:00 ???? Plek: Laerskool Jan van Riebeeck (klein veld) Hierdie is die perfekte geleentheid om jou familie en vriende te bederf met hope pret en vermaak. Kom skep herinneringe wat julle vir altyd sal koester! Toegang: ????‍????‍????‍???? Volwassenes: R100 – sluit proe-geleenthede in by die braaikompetisie én ’n stem vir die wenner in. ???? Juniorkinders (Graad R – 3): R100 – Eindelose vermaak met speletjies in die vierkant. ???? Seniorkinders (Graad 4 – 7): R140 – Toegang tot al die speletjies én die spookhuis. ???? Moet dit nie misloop nie – ons sien jou daar! ????...

Die brein en lees (model 1)

Gedurende die volgende drie weke gaan ons die klem op leesontwikkeling plaas. Inligting rakende die verskillende leesmodelle sal bespreek word. Hierdie week se leesmodel: Duke & Cartwright (2021) se “Active View of Reading” Lees is ‘n komplekse proses wat baie dele van die brein gebruik. Onlangs het ons in die media gehoor dat meer as 80% van die leerders in graad 4 nie met begrip kan lees nie. Lees is nie ‘n natuurlike vaardigheid wat kinders aanleer soos byvoorbeeld praat of loop nie. Lees is ‘n komplekse kognitiewe proses wat die brein aanleer. Tydens lees word baie verskillende dele van die brein gebruik. Die volgende vier hoofareas word tydens lees gebruik: * Frontale lob: Die area van die brein help leerders om woorde vinnig te herken sonder om elke letter individueel te dekodeer. * Pariëntale lob: Sensoriese bewustheid vind hier plaas. Leerders gebruik die deel van die brein vir fonologiese bewustheid. Om bewus te word van die klanke van letters en om visueel die letters te herken. * Oksipitale lob: Die gedeelte word gebruik vir visuele herkenning van woorde; visuele geheue; leesspoed en visuele diskriminasie. * Temporale lob: Die area van die brein help leerders om letters en klanke te verbind. ‘n Sleutelvaardigheid vir dekodering. Die deel help ook met die betekenis van woorde en sinne. Volgens Duke & Cartwright (2021) se “Active View of Reading” is lees nie net die herkenning van woorde nie, maar ‘n aktiewe kognitiewe proses wat vereis dat kinders gebruik maak van verskillende vaardighede. Die model beklemtoon drie belangrike komponente in, naamlik: woordherkenning; taalbegrip, probleemoplossingstrategieë en uitvoerende funksies. Volgens dié model moet kinders aktief...

Kwartaal 1 Musiekkonserte

Dit is amper weer tyd om musiekkonsert te hou! In Maart kry elke leerder wie ‘n musiekinstrument speel, ‘n geleentheid om die kwartaal se harde werk op die verhoog ten toon te stel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik. Alhoewel musiekleerders baie tyd alleen spandeer om te oefen, is musiek ‘n uitvoerende kuns en daarom bedoel om ook met ander gedeel te word. Die konserte sal in klas- of graadverband gedurende skooltyd plaasvind. Vra asb. jou kind se musiekonderwyser indien daar onsekerheid is oor tye, veral die Graad 4H klas wat in twee sessies optree. Sien asseblief die datums en tye vir elke graadgroep: Ons nooi alle ouers, familie, en vriende uit om te kom luister en saam met ons die kinders se harde werk en vondering te vier. Indien daar leerders is wat buite die skool musiekles ontvang en graag wil deelneem, kontak my gerus. Groete, Rolene van Zyl...

Geagte Ouers / Voogde – 14 Maart 2025

Vandag heers daar groot opwinding by die skool, want ons hou vir die eerste keer ‘n Waterbuffel-‘Hamburgerdag’ en beoog om 1 700 ‘burgers’ te braai. In goeie en suiwer Afrikaans moet ek seker na frikkadelbroodjies verwys. Die ‘burgers’ word vandag as ‘n wegneemete verkoop of vanaf 16:00 as ‘n aansitete beskikbaar wees. Waterbuffelvleis word as een van die gesondste rooivleise beskou, met heelwat minder vet as beesvleis, en gaan verseker binnekort ‘n alternatief vir gesonder vleis op die winkelrakke wees. Dit is hoog in proteïene, sink, yster en Omega-3, dus moet jy seker maak jy mis nie uit op die geleentheid om ‘n smullekker waterbuffel-frikkadelbroodjie te kom geniet nie. Daar gaan spesiaal ‘n markiestent vir die feestelike geleentheid op die mini-sportveld agter die skool opgeslaan word, terwyl lekker musiek in die agtergrond speel, wat ‘n feestelike atmosfeer gaan skep. Die snoepie sal ook hul dienste daar verskaf en staan gereed vir enige ander aankope. Ek kan nie wag om julle almal vanaf 16:00 te ontvang nie en saam met julle die waterbuffel-frikkadelbroodjies te proe en daaraan te smul nie. Laat my toe om veral vir Susan Derksen hartlik te bedank, saam met haar OOV-span, wat aan die reëlings van die unieke dag staan, asook ons pa’s wat as braaiers optree. Gister het ons 500 van die ‘burgers’ gebraai en aan ons susterskool, naamlik Laerskool Prestwich, geskenk om vir hul leerders te gee. Verlede Vrydag het ons o.11 - o.13 netbalspanne, asook ons o.7 - o.13 rugbyspanne, aan die Bulfees-sportdag in Porterville deelgeneem. Dit was bloedigwarm, met die kwik wat op ‘n stadium tot bo 37°C gestyg het. Nie eers...

ATKV-Redenaars

Na afloop van ons interne redenaarskompetisie wens ons die volgende leerders geluk, wat ons skool tydens ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig: Gr. 1 – 3: Jean-Jacques Rossouw, Petronella Gouws, Pieter-Steph Bothma Gr. 4 – 5: Antjie Samuel, Mia Bothma, Hanna Thom, Jan-Jurie Fourie, Stef Nel, Amalie Janse van Rensburg Gr. 6 – 7: Katryn Silvis, Sabine Barnard, Abigail Fourie, Dané Olivier, Pieter Rademeyer, Cara Nel, Bella Naylor, Elisabet Marais Hierdie leerders neem van 11–12 April by Hoërskool Jan van Riebeeck...

Stilwater Nippers wen medaljes

Wat is Nippers? Nippers is 'n junior program wat ontwerp is om kinders, gewoonlik tussen die ouderdom van 5 en 14 jaar, aan strandredding en strandveiligheid bekend te stel. Dit is 'n prettige en opvoedkundige aktiwiteit waar kinders leer oor oseaanbewustheid, brander toestande en basiese noodhulp. Hulle neem ook deel aan verskeie strand- en wateraktiwiteite, soos swem, plankroei en strandresies. Die uiteindelike doel is om selfvertroue te bou, lewensvaardighede aan te leer en hulle voor te berei op toekomstige rolle as strandredders. 'n Paar graad 4-seuns het vroeër vanjaar aan die WP-kampioenskappe vir Stilwater Nippers deelgeneem. Jan Jurie Fourie het 'n goue en 'n silwermedalje verower, terwyl Lukas Loubser 'n bronsmedalje ingepalm het. Ons is ongelooflik trots op hierdie twee manne wat so uitstekend presteer...

Kyle presteer in karate

Kyle het aan die karate-uitdunne deelgeneem en tweede plek verower in beide Kata en Kumite, en sodoende silwermedaljes in albei behaal. Dit beteken dat hy gekwalifiseer het vir sy WP-kleure in karate en deel van die Wes-Kaap-span sal wees wat in Mei aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.   Welgedaan Kyle! Jy maak ons sommer baie trots....

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor